ToekomsVenster: Onafgehandelde sake


Liggie-in-n-glas

Argieffoto.

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. – Filippense 4:6

2016 lê byna op sy rug en gee sy laaste stuiptrekkings. Ons is dankbaar vir nog ʼn jaar waarin ons kon leef en beleef. Ons is dankbaar vir die gawe van die lewe (en die Lewe).

Ons het gedurende hierdie week afskeid geneem van ʼn paar dinge wat in 2016 hoort. Onbelyde sonde, ondankbaarheid en vanselfsprekendheid, onvergewensgesindheid en bitterheid. Ons het geleenthede om diensbaar te wees en wat ons nie benut het na die Here gebring en sy vryspraak gehoor.

Vandag wil ek voorstel dat ons nadink oor enige ander onafgehandelde sake wat ons nie durf saamneem die toekoms in nie. Natuurlik is daar goed in ʼn beplanningsfase, dinge wat deel vorm van ʼn kort-, medium- en langtermyn-beplanning. Dis nie waarvan ons praat nie. Ons gesels oor die negatiewe, die afbrekende, die verswarende en remmende onafgehandelde sake van 2016 en selfs verder terug.

Ons klou soms verbete daaraan vas omdat dit ons op ʼn vreemde manier definieer en ʼn stukkie sekuriteit gee. Dit word soms selfs die rede waarom ons hoegenaamd opstaan in die oggend. Maar dis siek, toksies en hoort in die verlede. Dit moet nou agtergelaat word. Die nuwe jaar wink en daar is te veel belofte daaraan verbonde om vas te klou aan goed wat liefs moet agterbly. Dit gaan jou (dalk soos in die verlede) rem en terughou sodat jy nie jou volle potensiaal kan bereik nie. Maak klaar met onafgehandelde sake. Los dit in 2016.

Kom ons haal dit uit ons tassie en plaas dit aan die voet van Golgota.

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon. – Psalm 4:9

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

miv ·

Dit is waar wat jy sê, baie dankie. Mag jy en jou geliefdes oorvloedige seën van God ontvang

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.