ToekomsVenster: Wanneer ek my roeping versaak


ou-horlosie

Foto: Monoar/Pixabay.com

Lees: Rigters 16

Raak prakties

Delila neul dae aaneen om Simson se lewensgeheim uit hom uit te kry. Rigters 16:17 vertel dat “Hy so ongeduldig geraak het dat hy kon sterf.” En, Simson verloën sy Nasireër-eed! Delila streel hom aan die slaap op haar skoot en ’n Filistyn sny sy sewe haarlokke af. Dan die tragiese oomblik – 16:20: “Toe Delila sê: Die Filistyne is hier, Simson! het hy wakker geskrik en gedink: ek sal weer uitstap soos die vorige kere en my losruk. MAAR hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie.”

Dit klink soos die slegste moontlike situasie… dat die Ruah (Gees) van die Here Simson verlaat het! Die dringende vraag is dan: Hoeveel verblind en belemmer jou selfgesentreerdheid die besondere roeping wat die Here op jou lewe het? Watter selfgesentreerdheid wys die Gees van die Here aan jou uit wat jou roeping kaap?

Iets om oor na te dink

Treffend dan dat ons dieselfde gedagte in Psalm 51 raakloop, waar Dawid aan die bid is nadat sy selfgesentreerdheid, en eskapades met Batseba, sy roeping in die wiele gery het: “Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my wegneem nie!”

Gebed

O Gees van God, kom reinig my van my selfgesentreerdheid. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.