Gedagte vir die dag: Wanneer kan ons die wederkoms verwag?

 Wolke_wederkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Lees: Matteus 24:36–44

Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit … Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie. Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op ’n uur dat julle dit nie verwag nie. (Matteus 24:36, 42, 44)

Daar is dikwels bespiegelings oor wanneer die wederkoms van Jesus gaan plaasvind. Een datum waarin baie mense geglo het, was aan die begin van 2000 en die einde van 2012. Maar die datums het gekom en gegaan en Jesus het nie gekom nie. Jesus is baie duidelik oor die antwoord op die vraag presies wanneer Hy gaan terugkeer: Niémand, nie eers Hy self nie, weet wanneer die wederkoms gaan plaasvind nie, net God self het dié kennis. Die Bybel vertel ons wel dat Jesus op die wolke sal kom en dat Hy vir almal sigbaar sal wees.

Jy kan dus maar gerus ophou wonder oor presies wanneer Jesus sigbaar gaan terugkom. Niemand op aarde weet nie. Maar daar is wel iets wat jy kán doen: Sorg dat jy gereed is wanneer Jesus weer kom. Jesus waarsku dat Hy sal kom op ’n uur dat ons dit nie sal verwag nie. Leef dus elke dag só dat jy gereed sal wees as Hy môre kom.

As jy nog nie doodseker is dat jy Hom as jou Verlosser aangeneem het nie, moenie langer uitstel nie. Die wederkoms is vir jou immers net so ver as die dag waarop jy gaan sterf, en nie een van ons weet wanneer dit sal wees nie. Volg gerus die raad in 1 Johannes 2:28: ‘Liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie.’

Here Jesus, ek weet ek hoef nie die datum van u wederkoms te weet nie. Gee dat ek elke dag daarvoor gereed sal wees.

Bron:
Leef in Sy lig deur Nina Smit
Uitgewer: Struik
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Will ·

Later in die woord sê Paulus on moenie onkundig wees nie. Die probleem is ons kyk met ń grieks-romynse oog na teks ipv hebreeuwse oog. Ons volg ook romynse kalender ipv hebreeuwse kalender ons bepaal ons kalender dae met son opkoms en die Hebreërs met die maan. Die phrase: the day and the hour nobody knows ” is ñ uitroep wat die priester gedoen het om die volgende maand aan te kondig, so alhoewel ons nie seker is van die jaar nie is die dag een van twee, die dag is 1ste of 2 de, en die maand is Ellil. Ons moet in gadagte hou dat Die Woord nie oorspronklik vir ons geskryf is nie, om die dieper kosbare waardevolle inligting uit te kry moet ons dieper ondersoek gaan doen. Elke teksvers moet ontleed word in :wie het dit geskryf, vir wie is dit geskryf, en hoe sou hulle dit verstaan, ook moet gekyk word na eufenismes en woord gebruik, daar ander dinge ook, maar dit sal al help om teksverse nie uit konteks te sien of verstaan nie. Blessings!!!!!!!!

Piet ·

Die skrywer vergeet ook Jesus se ander woorde nl dat ons na die bome moet kyk vir wanneer hul begin bod dan weet ons die somer is naby. Dit is duidelik dat die bome vir die eind tyd reeds begin bod het. Hy het dit ook vergelyk met die eind tyd van n swanger vrou. Moenie met oogklappe deur die lewe gaan nie.

Dries ·

Die Bybel se duidelik ons weet nie wanneer die wederkoms presies gaaan aanbreek nie , ons moet net die tekens sien dat dit vining besig is om nader te kom, maar wanneer presies se die Bybel duidelik niemand behalwe die Vader weet nie. Ek glo die skrywer is reg dat ons nie weet nie maar net reg moet wees dat dit enige dag kan aanbreek. Ons kaan buitendieen nie ‘n teks reg verstann as die Heilige Gees ons nie lei nie.

Einde Van Tyd Gebeure (Facebook) ·

Gaan loer watter eindtyd tekens wel reeds vervuld is. Ons weet nie die dag en uur nie maar ons kan weet wanneer Jesus se koms “voor die deur is” en dis nou.

http://www.eindtydgebeure.com

Vrede!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.