Gedagte vir die dag: Wie, sê julle, is Ek?

God-met-mag-oor-dood

Foto: Argief.

Hy sê toe vir hulle: “En wat van julle, wie sê julle is Ek?” Simon Petrus het geantwoord: “U is die Messias, die Seun van die lewende God.” (Matteus 16:15, 16)

Matteus 16 verteenwoordig ʼn belangrike keerpunt in Jesus se aardse bediening. Dit was die oomblik van waarheid. Dit het gegaan oor Jesus se identiteit. Tot nou toe het die dissipels en die skare mense wat vir Jesus gevolg het Hom leer ken as ʼn leermeester, ʼn wonderwerker en geneser. Maar presies wie was Hy? Net die timmerman van Nasaret? Toe vra Jesus vir sy dissipels wat die mense van Hom sê. En die mense het wel groot waardering en eerbetoon vir Hom gehad. Hulle het selfs gemeen dat Hy ʼn groot profeet, of selfs Elia of Jeremia was wat weer aarde toe gekom het. Die belangrikste vraag: Wie, sê julle, is Ek?

Dis toe dat Petrus daardie waterskeidingsantwoord gegee het, die antwoord wat tot vandag toe nog die belydenis van die Christelike kerk is. Hy erken dat Jesus die Seun van God is, die beloofde Messias.

Met hierdie antwoord wat God self aan Petrus openbaar het, het hy (sonder dat hy dit besef het) die deur na die kruis oopgesluit. Nou weet ons WIE Jesus is, en nou sal dit aan die lig kom WAT Jesus gaan doen vir ʼn verloregaande wêreld.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ANONIEM ·

DIT IS REGTIG SO WAAR:JESUS IS&SAL VER ALTYD DIE LEERMEESTER, WONDERWERKER&GENESER BLY&WEES&MESIAS.JESUS IS ELKE WEDERGEBORE KIND SE VERLOSSER&SALIGMAKER, 3 ENIGE GOD, VADER, SEUN&HEILIGE GEES.DIE BEGIN&EINDE.EK AAN BID A LEWENDE GOD:DIE MESIAS.&IS BAIE LIEF VIR MY VADER:JESUS CHRISTUS&NIKS SAL DIT OOIT VERANDER NIE&EK IS NIE SKAAM VIR DIE HERE OMTE SE EK IS LIEF VIR DIE HERE NIE, DIE HERE IS MY ALLES&KAN NET OP DIE HERE, MY MESIAS VERTROU&GLO&STAAT MAAK.LIEF VIR U SO BAIE JESUS.SHALOM.AMEN.XXXXX…

Piet ·

Goed vir jou, maar as jy in die gat is waar ek nou is en baie ander sal jy dalk n ander deuntjie sing. Hoop jy beland nooit daarin nie.

Carien ·

Ek stem Piet, om op die Here te wag, te weet wat Sy plan vir jou lewe is, veral as die lewe druk is nie maklik nie. As alles om jou in mekaar val en die eens standvastige lewe wat jy geken het wankel, dan sukkel mens om vas te hou, veral as mens bid en nêrens verander iets nie, maar Josef was vir n hele paar jaar n slaaf, toe vir nog n paar jaar in die tronk. David wat n koning was moes in grotte slaap, vlug vir sy lewe, Job….net om n paar te noem. Dan kan mens ook soos Dawid sê; wat is die mens dat U aan hom dink. Om God te dien verseker nie n probleemvrye pad nie, in teen deel, dit voel soos n oorlogspad, maar God is n werklikheid en op Hom moet ons vertrou al maak niks sin nie. Nie aldag maklik nie, maar hou vas wat jy het (Openb 3:11). In n mall in Kenya was mense geskiet omdat hulle Christene was…dan wonder ek, mens kan voel soos Anoniem, maar as die werklikheid tref en jy kyk in die loop van n geweer; WAT sal mens doen, maklik om te sê ek sal sterk staan as jy op jou rusbank sit, maar wat as dit werklik gebeur, soos met daai mense. Ek het n dokumenter gesien oor dit, dit was erg. Nie maklik om aldag staande te bly nie

Piet ·

Dankie vir jou bemoedige poging, maar ek is verby daai stadium. Onthou Josef en veral David was uitverkorenes. Hulle het presies geweet hoe om die Almagtige te bevredig. Mag Hy jou op die selfde vlak sien as hulle.

Sarel ·

Piet ek dink ek het begrip. Ek weet hoe dit voel om met ‘n honger maag te gaan slaap en nie weet waar more se inkomste vandaan gaan kom nie

Dan laat dit my aan Job dink. Hy het ook letterlik alles verloor, sy vrou kinders besittings. Wat hy nie verloor het nie is hoop. Dit gaan nie oor uitverkorene of nie. Dit gaan oor die persoonlike verhouding met die drie enige God.

Ek is dalk in die selfde boodjie as jy, ek weet nie. Elkeen het sy eie boodjie. Die boodskap van hoop bly nog altyd daar.

Ek weet nie of daar ‘n dak oor my kop gaan wees nie maar ek bly hoop en glo.

Kan ek vra dat jy asseblief met ‘n dokter gaan gesels te midde van alles. Ek is ook sonder werk vir 4 jaar.

Tog is daar kos op die ou end op my tafel. Baie boud knyp aande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.