[Video] Brand jy maklik in die son? Dié app sal help

Be Skin Smart (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Be Skin Smart (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Die farmaseutiese vervaardiger Meda Pharma het onlangs ʼn slim app ontwerp wat met slegs ʼn rapsie persoonlike inligting jou kan waarsku wanneer jy lank genoeg in die son was en wanneer jy nog sonskerm moet aansmeer.

Die Be Skin Smart-app bepaal jou veltipe deur ʼn paar eenvoudige vrae soos oor die kleur van jou oë en hare, jou velkleur, die tipe SBF (sonbeskermingsfaktor) wat jy gebruik en die hoeveelheid sproete wat jy het. Jy kan ook ʼn foto van jouself op jou profiel voeg.

Die sogenaamde “beskermende tydhouer” van die app kan presies bepaal hoe lank jy in die son kan bly en wanneer jy weer sonskerm moet aansit.

ʼn Alarm sal jou telkens in kennis stel wanneer jy liefs in die koelte moet inbeweeg, of wanneer dit weer tyd vir sonskerm is.

Be Skin Smart (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Be Skin Smart (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Dié app was ook deel van ʼn reeks gesprekke by die jaarlikse velkanker-konferensie in Rosebank, Johannesburg, wat daarop gemik is om produkte te bespreek wat velkanker bestry.

Shari Lipner, dermatoloog by Weill Cornell Medicine en die New York-Presbyterian-hospitaal, sê jy moet eintlik daagliks sonskerm gebruik. “Dis nie slegs vir vakansies, die strand, sonnige dae of somer nie,” benadruk Lipner. Sonbeskermingsroom moet inderdaad ʼn elke-dag-bykomstigheid wees.

Wetenskaplikes was lank onder die indruk dat UVB-strale die eintlike sondaar is wat bydra tot velkanker, maar dit het aan die lig gekom UVA-strale, die strale wat verbind word met sonbrand, is ook gevaarlik. Hierdie strale is minder intens, maar baie meer algemeen en dring dieper in die vel in.

Die Be Skin Smart-app kan tans net op App Store afgelaai word, maar is glo binnekort ook vir Microsoft en Android beskikbaar.

Bron: Be Skin Smart

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charlene ·

Aai tog wat is volgende???? `n app wat jou vertel jy moet nou gaan pee??? Ek is geseen met `n vel wat in die winterson brand, in die somer son verkool… litterlik.
al my rome moet my kan beskerm teen die son en as ek nou bietjie langer in die son gaan wees moet ek maar my sunblock plak…. geen app ken jou eie vel soos jy. Ons moet liewer probeer vir ons self dink en nie die fone die dink werk gee nie. Daai app sal “skeme” dis mos winter sal kan so uur in die son staan, en na `n uur lyk ek al klaar soos `n rooi vetkryt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.