[Video] Pta-seun se kitaartruuks ʼn internetsensasie

Christiaan Jacobsz (‘n Skermskoot uit die video)

ʼn Video van die 20-jarige Afrikaanse musikant Christiaan Jacobsz van Pretoria, waarin hy ʼn kitaar vuurwarm speel, doen vandeesweek weer die ronde op sosiale media.

Die video van dié jong musikant se kitaar-manewales is aanvanklik in 2013 opgelaai toe Jacobsz nog ʼn leerder van die Hoërskool Pretoria-Noord was, maar is vandeesweek weer in die media nadat die video weer op Facebook opgeduik het.

Die musikant is besonder begaafd met dié instrument, maar die video is veral ook gekyk omdat hy die kitaar as trom inspan. Die geluid uit dié instrument klink dan presies soos wanneer jy op tromme sou slaan.

Jacobsz het intussen sy debuut-album, Die perfekte een, op iTunes vrygestel.

Luister ook na Jacobsz se musiek op Soundcloud.

Die video is al meer as een miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hannah ·

Was jy naby het ek my kastanjette, Spaanse romp en skoene uitgeruk! Ek voorspel GROOOOOOT sukses vir jou na vorentoe in die musiekbedryf!

Sharon ·

Jongman jy is werklik begaaft. Bou aan ‘n blink toekoms. Jou pad lê oop.

henk ·

Magtig jong man dit was nou iets ongeloofliks. Wonder net hoe mens jou hier in Amerika kan help?

Gordon Phillipson ·

Wow, dit is great. Jy moet groot gaan. Go for GOLD.

Griki ·

Ek kan ook net sê ‘WOW” en weer “WOW”. Jy’s ongelooflik talentvol, Christiaan.

Guitarist ·

Dis goed, maar dis ook nou nie om tekere te gaan sool julle doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.