Oom Angus-saamtrek: Hou op murmureer soos ’n knorrige Israeliet!

Angus Buchan

Angus Buchan (Argieffoto)

Ek hou die afgelope paar dae die gesprekke op sosiale media oor oom Angus Buchan se beplande gebedsaamtrek op 22 April dop, en ek hoor geluide wat my bekommerd maak. Ons klink baie soos toe die Israeliete hulle liggies gewip het omdat hulle gedink het Moses het homself aangestel. “Wie dink hierdie Moses is hy? Hy verbeel hom God praat net deur hom. Wat van ons?” (My parafrase van Numeri 12:2.)

Mense voel Oom Angus het darem nou ʼn bietjie te veel mag. Daar gaan pleidooie op dat ons nie so op ʼn mens moet fokus nie. Dan wonder ek, as die Here jou nou wél aanstel, soos Hy vir Moses aangestel het, hoe lei jy mense met oortuiging sonder dat iemand jou aankla dat jy die Here se plek probeer vat en mense se fokus probeer wegtrek van Jesus af? Anoniem? Sou dit kon werk? Ek twyfel sterk. Iemand moet mos die ramshoring hard blaas, anders sal niemand tog oorlog toe kom nie? En dis tog maar ’n God-aangestelde leier se werk, of hoe?

Ek weet nou nie of almal so dink nie, maar dit voel soos oorlogtyd vir my. Ek bevind my elke dag in die Slag van Padkastrol (potholes, mense!) en dan is die toestand van die pad onder ons bande eintlik vir my besonder metafories van die res van die pad wat ons moet loop. ʼn Mens se emosionele en geloofsbande word maklik pap wanneer die wieletjies so afkom in al die ander gate…

Dis ʼn oorlog wat nog nooit teen mense was nie. Dit besef ons hopelik darem. Dis teen ons eie verknoopte denke binne ons en teen alles wat boos is buite ons. Ons kan dit nie omsingel, met ʼn haelgeweer inwag, of alarmlaserstrale en diefwering daarteen oprig nie. Ons moet dit “bebid”, soos die ou mense sê. Maar dit help nou nie ʼn mens bid teen waterpokkies as ʼn kind masels het nie. Ons moet ons land se siektes verstáán.

Wat is Suid-Afrikaners se grootste siekte? Ek dink nogal ek-my-myne-my-mensekoors is naby aan die nommer een epidemie. Dis die “ons”- en “hulle”-siekte. Jesus het nogal daarvan gehou om daai lyne uit te vee: tussen tollenaars en belastingbetalers, slegte vroue en hoogheilige mans, Jode en onbesnydes, vissermanne en rabbi’s. Heng, dis ongemaklik! Ons hou van ons eie plassie met eende van ons eie dam. Ons sê maklik: “Ek sal alleen by my eie huis. Dis net so goed.”

Nee, dit is nie! Want op pad Bloemfontein toe, vir oom Angus se beplande dag van gebed op 22 April, gaan jy waarskynlik ʼn bietjie jou land sien bloei, die mielies ruik, die mense verdwaas in jou oë sien kyk; jy gaan dalk beleef hoe iemand sy duur gebottelde water in jou verkoeler offer as jou kar ná ses uur se stoet-ry op daai N1 begin kook. Dan gaan jou vroulief vir hom van haar blougekookte eiers aangee omdat hy vir haar honger lyk. Jy gaan iets van ons land beleef wat jy onmoontlik nie by jou eie huis sou kon beleef nie. En as jy eers daar is, gaan jy dalk langs ʼn swart Christenvrou staan en bid en hoor hoe sy snik oor haar kinders wat te bang is om bedags skool toe te stap. Jy gaan moontlik iemand langs jou baie “weird” hoor prewel sodat jy kan onthou nie almal is soos jy nie. Jy gaan hoop hoor uit die monde van mense wat slegter af is as jy.

As jy by jou eie huis bly, gaan die foon lui net as jy begin bid; die ou wat langs jou bou, gaan kom vra waar die hoofrioollyn loop as jy jou Bybel oopslaan, en die worshondjies gaan vir die bure se kat blaf nes jy weer jou binnekamer betree. Gaan jy regtig daar dieselfde perspektief kry as wat jy sal kry as jy op 22 April saam met derduisende ander Suid-Afrikaners in Bloemfontein jou voor God verontmoedig? In gewone taal – om reg te kom in ons koppe en harte moet ons ’n bietjie uitkom…

Weet ons hoe min ons regtig met ’n “jy in jou klein hoekie en ek in myn”-gesindheid uitgerig kan kry? Waarskynlik bitter min. Jy sien, ek is ʼn (groot)mond en jy is dalk ʼn arm. Ek stel regtig belang in dít wat jy kan doen wat ek nie kan nie. Ek kan nie 2 000 mense bymekaar kry nie. ʼn Oom met ʼn papperige hoed en ʼn two-tone hemp kán. En daarom moet ons saamwerk. Ek dink dis die A-plan. Elkeen moet doen wat hy kan. Ek sien klaar iemand in Philippolis bied 12 slaapplekke aan, vroue beplan ʼn fietsry tot daar om die verkeer ligter te maak en almal wat positief oor die saak dink, kry blink idees om die logistieke nagmerrie te laat werk.

Nee wat, redeneer party. Los liewer; dit gaan te wit wees. Is jy dalk een van hulle? Nou wat daarvan as jy iets doen daaraan? Hoekom nie jou buurdorp se swart pastoor gaan vertel van die kerk se busplanne en saamryplanne bedink nie? Oom Angus hoef seker nie alles uit te dink nie?

Ek wonder sommer of Mammon aan die teenkant saampraat. Kan ek eerlik wees? Toe ek besef die storie bots met my twee praatjies en twee kerkdienste daardie naweek in Newcastle en Vryheid, was ek lus en faktureer oom Angus vir my verlies aan inkomste! Dit was die enigste naweek in April wat ek kon optree, as gevolg van die skoolvakansie, en dis my brood en botter! En so amper speel ek toe mooi in die vyand se hand deur omgekrap te wees oor my verlies aan inkomste terwyl die Here ’n gewone mens wil gebruik om derduisende mense in gebed te verenig. Maar nou wonder ek sommer: Gemeentes verloor daardie Sondagoggend se kollekte as mense ver gaan ry en nie hul eie kerk se diens kan bywoon nie… Kan dit wees waarom party pastore nie die skapies wil laat gaan nie?

Selfs al probeer ek hóé hard, kan ek nie insien dat die duiwel agter die plan sit om een miljoen hardkoppiges by mekaar te probeer kry nie.

Mense bevraagteken of almal met opregte bedoelings gaan. Heel waarskynlik nie! Maar hoekom sit dit jou af? Dis soos om te sê ek gaan nie gym toe nie, want party mense wat daar saam oefen, eet koek ná die tyd, of is net daar om hul bultende spiere te wys. My eie gesindheid en bedoelings moet my snags wakker hou, nie die 999 999 ander mense s’n nie. As my hart reg is, maak dit nie saak wat die mense om my se bedoelings is nie – solank ek dáár is. Ek lees alles van die bewerings oor die nederige oom Angus se “Katolieke wortels” en kamstige “grootheidswaan” en “militante” geluide waaroor mense kwansuis ongemaklik is, maar ek is nie oortuig nie…. Hoekom, wonder ek, sal ‘n mens so ’n gebedsdag organiseer as jy skade iewers wil aanrig? Dit maak net nie sin nie. ’n Mens moet immers maar die vrugte toets, soos die Bybel ons leer. Ek sukkel om te sien dat ’n miljoen mense wat saam bid, vrot vrug kan lewer.

En een van my mentors wys my toe ook daarop dat die Israeliete wat so gekla het, toe nooit Kanaän gesien het nie. So tel liefs jou woorde en begin soek vir ’n saamrygeleentheid.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Hettie Brittz

Hettie Brittz is ’n voormalige spraakterapeut en die outeur van twee ouerskapboeke en die Immergroen Ouerskapkursus. Sy bied landwyd en oorsee praatjies, kursusse en spanbousessies met ’n temperamentfokus aan. Besoek www.immergroenouerskap.co.za waar jy meer wenke oor ouerskap sal kry, asook nog inligting oor Hettie se boeke en kursusse.

Deel van: Goeie goed, Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

132 Kommentare

charene ·

Ek sit en vra myself en bid vir Ons Hemelse Vader om ons te lei in die geval, om ons geeste oog oop te maak. Ek persoonlik voel net dat geeneen issues gemaak het as oom angus n mmc hou of n groot saamtrek by loftus of ander geleenthede wat hy gereel het nie. Hoekom nou ewe skielik, nadat ons land deur vreeslike donker paar maande is, en iemand gevra het om iets te reel wat ons as Christene voor God kan pleit, iemand wat die nodige toerusting het om so iets te hou, hoekom nou, wat ons nodig het om saam te kom… is DIT dalk die vyand wat wil verhoed dat ons saamstaan en pleit voor God omdat hy weet dat hy geen kans staan nie??? Ek wonder maar net. As ek so byeenkoms gereel het, wie sou dit bygewoon het??? Ek, ‘n onbekende persoon, as ek my plaas oopgestel het en so iets gereel het, sou ons Christene na my plaas toe gekom het om saam te bid? Ek glo nie! So ek se eerder bid tot God en vra Hom om elkeen se oe oop te maak en te bevestig wat en wie oom Angus is? Dis waarvoor ek bid want ek weet dat net God ons kan help, ons land kan herstel!

Sonja ·

Amen Hettie Brittz! Ek is in die buiteland, maar is in gees die 22ste saam met my landgenote by Oom Angus se saamtrek. Mag die Here hom seen en ek bid vir die voorbereidings van hierdie saamtrek. God self sal daar wees!!

Maryna Steyn ·

Ek kan nie glo wat ek hoor nie, dat daar al wat ‘n storie is om oom Angus Bachun nie!!!! Skaam die mense hul nie!!! Het hul nie ‘n gewete nie??!! Afskuwelik!! Dis alles die werk van die duiwel!!! Die satan kan nie sien dat daar so ‘n byeenkoms gehou word nie!!!! Angus probeer nie God wees nie, hy doen alles tot eer van die Here… en hy weet dat alleen gebed sal help om tot Jesus te nader vir ‘n uitkoms, dat daar vrede tussen die nasies sal heers en bloedvergieting tot ‘n einde sal kom.

Jaco Venter ·

Almal van ons kan nie altyd gaan nie. En ek is van mening dat God net so goed luister na ‘n enkeling se gebed of na twintig duisend mense wat saam bid. God trek niemand voor nie, hy skeer almal oor dieselfde kam. So sê Petrus in Han 10:34. So as jy dit nie kan maak nie, moenie sleg voel nie God luister met dieselfde aandag na al die gebede wat opgaan na Hom. En ja dit is ongelukkig so dat mense slegte dinge van goeie mense sal sê, oor wie het hom nou eintlik aangestel. Wat my betref, God het! Maar dis gewoonlik ons nommer een siekte wat praat, “I, me and myself” (jammer vir die Engels maar dit is beter op die tong). Die skrywer het ‘n mooier beskrywing gehad.

Bennie ·

Jy is 100% reg. Dit gaan oor ons harte en bedoelings. In onse land kry jy moaners en doeners. Die moaners sal altyd die doeners probeer stop.

Ongelukkig het gebed in ons land die laaste uitweg geraak in plaas van die eerste. Ons is daar. Ek eer vir oom Angus dat hy soos in Jes. 6:8 sê “Hier is ek, stuur my!”

Talita ·

AMEN!!
Jy kon dit nie beter gestel het nie. Ek dink nie die Suid Afikaner begryp watter radikale veranderinge daat gaan plaasvind nie.

Esme Sonnekus ·

27 Feb 2017 sit ek die aand in my stiltetyd kamertjie by my huis. Sommer so in die donker sonder my Bybel, net byJesus se voete. Dan hoor ek in die stilte van die aand 3 laaaaang blaasgeluide na mekaar buite, dit laat my dadelik dink aan n ramshoring wat iemand geblaas het, al weet ek nou nog nie wat dit was nie. Die oggend in my stiltetyd lees ek : Nehemia 4:19-20 Ek het vir almal daar gese: Ons het nog baie werk om te doen. Die muur strek oor n groot gebied en ons is soms ver van mekaar af. As julle die TROMPET hoor blaas, sorg dat julle so gou moontlik by my en die soldate uitkom. Ons weet ons God sal ons help in die geveg. Die aand op tv praat oom Angus en die man van Engeland blaas “It is well with my soul” op die trompet !! Suid-Afrika die ramshoring/trompet het geblaas, ons moet bymekaar kom en bid. Die mure herbou soos Nehemia….. want ons weet GOD sal die oorwinning gee !!! Wees gehoorsaam. Wees opreg in jou hart…..

Adri ·

In die Nuwe Testamentiesetyd het Christene gestry oor wie vir Paulus en wie vir Johannes en wie vir Petrus is. Nou doen ons dieselfde deur in ‘n MENS vas te kyk. Maak oop jul oë SA en maak oop jul harte sodat die Gees kan werk. My skoonsuster het as Katoliek grootgeword, maar vandag bely sy Jesus Christus en Sy verlossing. Kan ek haar oordeel vir die kerk waarin sy groot geword het? Nee! Die stories wat oor oom Angus versprei word, stem nie ooreen met dit wat hy vir die land se mense doen op geestelike vlak nie. Ek ken nie vir oom Angus nie, maar ek ken sy skoonsuster en swaer. Dierbare, nederige Christene wat hul nie sal ophou met iemand wat vals is nie ek glo ek kan dieselfde van oom Angus sê. Hy het ‘n passie vir sy Verlosser en DIT is die belangrikste. Laat ons ophou kibbel en gis en wonder en beswadder en laat ons biddend tot die Vader nader! Dankie Hettie Brittz dat jy bereid was om MOND te wees!

Dirk Kruger ·

As jy die opskrif sien wil jy die wapen opneem maar as jy die artikel lees dan besef jy afgesien van Angus wat waarlik ‘n profeet van God is het Hy jou ‘n wag op die muur gemaak. Baie dankie

Wilma Visser ? ·

Ek wens ek kon daar wees. Ons bid in Namibia vir reen en God stortvloed Sy genade oor ons. Droe riviere loop keer op keer op keer. Ons God is Groot. Oom Angus..hy Sal oom seen. Hy is n God wat Groot drome waar maak. Groete. Wilma

Johan Maree ·

Hoop om jul almal daar te sien op 22 April. Mat 18 : 19 en 20

Antoinette Booysen ·

Nes al God se geroepenes, sal oom Angus ‘n sterk wind van voor kry. Satan hou nie van sulke byeenkomste, en sal dit met elke wapen beveg, en ons mense speel so reg in sy kraal! En hy smile! Landgenote, kom ons verenig onsself voor ons Hemelse Vader, op 22 April. Dis die enigste pad na oorwinning vir ons geliefde vaderland! Solank ons toelaat dat demoniese geeste ons beheer, kan God ons nie seën! Ek is sooo opgewonde! Om God se pad te loop is ongelooflik!

tinah ·

kom ons bid net,,,,,,,,,,,, maak nie saak waar jy is nie, bid net! en veral daardie naweek vir almal op die paaie!!! bid vir Oom Angus

Verstom ·

Ouch! Hettie, baie goeie redenasie. As dit moontlik is, sal ek en my gesin daar wees. Ek wil so graag die beloofde land sien!

Tewie ·

Wat is fout met ons mense. Ons land bloei en ons weet GOD verhoor gebede wanneer ons hom met opregte harte vra.
Angus Buchan , maak nie saak wie dit is nie, ons moet saam bid vir ons land want GOD kan en sal ons verhoor.
Wees dankbaar dat iemand probeer om die land saam te bring op ons kniee.
Hou op kerm en bid

D. Venter ·

Amen! Mag God vir oom Angus seën op hierdie dag en hom gebruik om die regte boodskap oor te dra. Mag God alle Christene maak nie watter kultuur saambring en op ons knieë bring om 1 God ons Almagtige Vader te aanbid. Niemand word gedwing om die dag by te woon nie, dis jou eie keuse, maar asb hou op om klippe te gooi en dinge so sleg af te maak. Doen jou ding wat jy voel is reg en as jy niks goeds kan sê nie bly eerder stil en gaan aan met jou eie lewe. Los die mense wat wil gaan dis hulle keuse. Ons almal het n keuse in die lewe en niemand kan ons keuse vir ons maak nie. Dit bly jou eie keuse wil jy die event bywoon of nie. Niemand gooi n klip na jou en veroordeel jou omdat jy nie wil gaan nie so hou op ander veroordeel omdat hulle uitgehonger is. Los dit in God se hande. Bid, bid en nogmaals bid vir ons Vader in die Hemel.

Phillipae ·

Ek en my huis dien God en ons gaan saam bid want net gebed kan berge versit!

Magaret Henderson ·

Amen- Ek stem sien ook uit na hierdie saamtrek dis nou die tyd om Jesus aan te roep vir die Land en wereld en jou dinge te begin reg te kry…..

Rita Labuschagne ·

Mooi so Oom Angus! Neem die inisiatief om tot God te bid! Hy is ons Enigste Hoop! Eintlik is dit die kerke se plig maar dankie dat jy bereid is om vir hulle in te staan! Ons bid saam met jou vir ons land en volk!!

Willemien ·

Ek stem saam Rita, ons predikant ook teen hierdie samekoms, hy sit ook maar agteroor en kyk wat gaan gebeur!XxX

Guillaume ·

Rita Ja daar Sal die “Godsman” wees wat baie praat maar self niks tot minder as niks sal poog om iets aan die saak te doen. Ek voel dat hierdie dood bloei van ons land en sy mense het heeltemal te vêr gegaan en al wat n geestelike leier sit en toe kyk en preek mooi praaitjies inplaas van om werklik iets te doen. Selfde geld vir meeste politikuste. Almal daar net vir hul eie gewin en te bang “to rock the boat” want hulle is te bang hulle verloor popularity. Go oom Angus. Wees ons Moses.

SANNA ·

Hierdie mense wat bly se oom Angus doen hierdie altyd vir geld was julle al ooit by een van sy byeenkomste? Want ek was al en nog nie een keer was daar geld gevra nie, nie een keer! Al wat hy vra is keer terug na die Here. Net soos Noag en die ark het die mense gelag en ne geluister en toe wat gebeur dit was die einde van die wereld.

Kyk nou net! ·

Daar is ñ dag wat almal vergeet het en gbruik vir vleis braai, drink en ander dinge dit is GELOFTE DAG 16 DESEMBER wanneer kom almal saam op die dag en herdenk ons nie die belofte wat ons mense aan GOD gemaak het nie…. dit is hoekom dit so sleg met ons gaan want ons het ons rug op HOM gedraai lekker dag vir almal.

Frans ·

Miskien het jy reg maar wat keer ons dan nou om te gaan smeek om vergewing vir ons sonde soos genoem genoem? Glo my God vergewe sonder maat en verwyder jou sondes so ver soos die weste van die ooste af is, al wat ons moet doen is om die 22ste saam op ons knië te sak en te vra….
Seën vir jul

corne ·

Ai, oom Angus, ek glo jy is deur die Here gestuur. Ek bid en glo DIT IS TYD!!

Gerrit ·

Dis nou die tyd om vir God se ingryping in ons land saam te staan en Sy aangesig te soek. Ek gaan saam!!!

Boere Smith ·

Dankie vir die skrywe maar 1 persoon en 1 dag? Gister weer gekyk malls vol mense en die kerke leeg asb tog beweeg weg van emosionele byeenkomste en keer terug na die bruid vzn God

Beetah ·

Ek kan nie anders as om te dink dat in die Bybel was die profete van God se boodskap nooit gewild nie. In die video uitnodiging maak Anchus die stelling dat hy glo dat dit die laaste kans is vir Suid Afrika. Regtig!
1. Wie het hom aangstel om die bid dag uit te roep?
2. Is ons nou in ‘n hoek vas geverf waar God ons net een kans gaan gee?
3Moet ek belang stel in wat Anchus glo of wat God sê?
4. Wat gebeur op 23 April en vorentoe.
5. Gebed is ‘n baie ernstige saak, dit is ‘n gesprek met God, het ons nog steeds ‘n tussenganger nodig anders as Jesus.
6. Met 1miljoen mense bymekaar gaan daar paar leiers wees wat bid en hordes wat emosioneel amen sê.
7. Wie is Anchus? Google Anchus false prophet, lees en besluit self.
8. Hettie, Jesus waarsku on teen vals profete, dit is jammer dat jy nie ondersoek en teen skrif meet nie. Ek lees ook die woord “ek” baie in jou artikel, miskien is die vraag wat sê God in sy woord.

Laat die verdraagsaamheid begin. :-) Ek kan nie wag nie.

Jana ·

Ek moet sê Beetah, ek het net laas week Donderdag gesit en artikel lees waar hul sê oom Angus is ‘n valse profeet. Net daarna het ek gaam bid en gevra as dit die Here se wil is of Hy vir my sal wys of hierdie boodskap van Hom af kom. Ek maak toe my Bybel oop by Jesaja 13 vers 11. Dit lees Ek sal die land straf oor sy boosheid. As jy verder lees sien jy dit als wat daar beskryf word presies is wat op die oomblik besig is om in ons geliefde SA te gebeur. Ek bid toe egter weer en sê vir die Here ek glo dat Hy vir my wil wys dat Angus opreg is en die boodskap van God af kom, ek maak my Bybel weer oop om verder te Bybelstudie te doen en die vers waar ek oopmaak is Matteus 8 vers 10 en 11. Dit lees dit verseker ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so groot geloof teëgekom nie. Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. ” vir my persoonlik het ek geen duideliker antwoord as dit van ons Almagtige God af nodig nie. Ek en my familie mis die byeenkoms vir NIKS!

Ronnie ·

Beetah, ek neem aan hierdie Anchus false prophet is nie dieselfde as Angus Buchan nie. Ek vermoed jou ABC het effens deurmekaar geraak.

Hettie Brittz ·

Daar word geen kollekte opgeneem nie al gaan dit die organiseerders honderde duisende kos vir goeie klanktoerusting, skerms sodat almal kan sien en genoeg mediese en ander veiligheidsdienste wat verplig is tydens groot saamtrekke ;). Ek neem jou nie kwalik dat jy dit nie geweet het nie. Dia sommer net in belang van die waarheid dat ek dit wil sê.

Lazarus ·

Die Hettie kan verwoord wat sy dink en dan nog neerle op papier(sic)( ook… wat n gawe!
Die man op die WhatsApp het gese: “Ons moet SAAM kom” en sy vingers so na mekaar gewys. Ons GAAN. .

Maryke Enslin ·

Ek stem saam, daar is baie valse profete en ‘n omie met ‘n slap hoed (wat bid met sy hoed op) lyk onskuldig maar gaan lees op oor die Pous en wat die Rooms Katolieke Kerk geword het, ‘n gruwel in God se oë…Hettie volg jy regtig enigiemand wat lyk asof hy min of meer Christelik is? Of gaan ondersoek jy of hy die ware God van die bybel aanbid? Dis belangrik weet jy? Ons glo te maklik alles, ek weet, ek was self daar, maar nie meer nie. Die duiwels glo ook sê die bybel…maar nee, alle paaie deesdae lei mos na God, selfs ‘n afgod..

Kobus Bothaha ·

As jy op die byeenkoms was by die FNB stadion sou jy sy stelling van die Katolieke kerk verstaan het want hy het dit breedvoerig uit die skrif verduidelik voor die gebed. Hierdie uittreksel uit die gebed is met voorbedagde rade gedoen, ek daag jou uit gaan luister na die hele diens ek kry dit wat gesê is in konteks. Of jy Bloemfontein moet gaan of nie kan jy slegs by God hoor en jy gaan dit net hoor as jy n persoonlike verhouding met hom het en sy stem hoor. Anders gaan jy in die vlees en dis dan wanneer jy jou aan al die snert steur. n Profeet word aan sy vrugte geken. Woon uncle Anchus se byeenkomste en besluit dan

Ouma ·

Die Here sê: Die oes is groot maar die arbeiders min. Wie sal Ek stuur? En iemand sê: stuur my. Daar is krag in gebed waar baie mense bymekaar kom en bely en bid. Want die Here sê: as my VOLK hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek, sal Ek uit die hemel hoor en hul sonde vergeef en hul land genees. Nie een hier en een daar nie. Die hele VOLK.

Wat vir my so erg is, is dat ons Christene nie eens eensgesind kan wees nie. As die Here ‘n Christen fiansieel seën is hy skelm en skryf elke koerant daar oor. As iemand (van wie ek VRUGTE in sy lewe oor jare kan sien, die inisiatief neem om die VOLK bymekaar te kry om te bely en te bid, is almal se monde vol. Hou op om wetties te wees, en gaan ontvang wat die Here wil gee. Of bly tuis en bid saam. Aan die vrugte wat jy dra sal jy die boom ken.

N Landman (Mnr.) ·

‘n Man se hoed sê iets van hom en Angus Buchan se breërand hoed is by nou al sy “handelsmerk.” Daar is ongelukkig ook niks wat my so frustreer soos ‘n trotsaard nie. Suid-Afrika het van Angus Buchan gemaak wat hy vandag is. Ek weet die Allerhoogste kan selfs ‘n donkie kan gebruik om met mense te praat en ‘n boodskap tuisbring; maar ‘n man wat alewig loop en spog met sy breërand hoed is ‘n trotsaard en as jy en ek ‘n probleem het met trotsaard, heoveel te meer dan nie ons Hemelse Vader nie? Bowendien vloei bykans alle gelowiges al sedert 1994 saam met die stroming (van humanisme) in ons land, dit is mos hoog mode, dan nie? Die artikel van Hettie vloei ook saam met dieselfde stroming wat Suid-Afrika nou al 23 jaar meesleur. Laat die wat Angus Buchan ondersteun, dit doen, maar bring ‘n man na vore wat sonde preek en let op, waar Angus ‘n skare van 50,000 trek, sal hy ‘n skare van 50 trek. Genoeg gesë: Laat elkeen volgens sy geloof beoordeel en gered word. Shalom.

Johan ·

Die eerste wat Angus doen as hy se “let us pray” is om sy hoed af te haal!!
Ek kyk op tv sy na sy boodskappe en het al vele mmc byeenkomste bygewoon. Hy bid beslis NIE met sy hoed op sy kop NIE…

Jakkie ·

Dit is nou n puik artikel. Goed gese. Daar is altyd daai mense wat verskonings uit dink en antwoorde het op alles.

Santie ·

Dankie Hettie vir jou boodskap en ja die wat so kla en kerm oor Oom Angus – niemand dwing julle om te gaan nie. Na die 23ste gaan die lewe aan maar tenminste weet ons dit sal beter gaan want my God sal beslis luister na almal se gebede. Hoe sal julle weet hoe lyk ‘n Christen? Is daar ‘n sekere gedragskode om een te wees? Dankie Oom Angus vir die moed om ons klomp hardekoppe bymekaar te bring want min mense sal kans sien vir dit. Ek kan niks anders doen as bid vir ons boere en mense nie en ja dit is wit, swart en bruin wat sukkel so het geen probleem om hande te vat met hulle en saam te bid nie.

Oudste ·

Ek kan nie glo, maar ek moet want dit is swart op wit, die kommentaar van sekeres wat ek hierbo lees nie. Wie het vir Angus aangestel? Wie het vir Noag, Moses, Eliah, Daniel, Gideon, Dawid, Hosia ens en laastens vir Jesus Christus, ons enige saligmaker en redder aangestel? ABBA Elohim, GOD die Vader, GOD die SEUN en GOD die HEILIGE GEES! Kom ons vra vir ABBA om ons ‘n onderskeidings gees te gee sodat ons nie net lippe klap nie, maar werklik met onderskeiding sal indentifiseer tussen LIG en donker. Shalom

Koos Roelofse ·

Ek bevraagteken nie die krag en waarde van gebed nie, en sal ook nooit! Ek bevraagteken die waardes en harte van almal wat so bid, van hulle wat ons so voorgaan in gebed.

Honderde der duisende mans (indien nie dalk al miljoen of meer nie?) was al by die manne byeenkomste, duisende derduisende gesinne pak Loftus toe vir “Loftus vir Jesus” en haas na stadiums en velde, miljoene stroom na ons “kerkgeboue” week na week, en baie sit en loop HEEL VOOR. Ons hou bidure, selgroepe, manne-bedieninge, vroue-oggende, jeug-groepe, en nogmaals bidure – en tog, ons sien absoluut geen vermindering in die afguns, die rugstekery, die jaloesie, die egskeidings, die drank misbruik, die dwelm misbruik, die gebroke families en huwelike, die wanopvoeding van ons jeug en kinders, die verwaarlosing van ons siekes en weses en oues, die verbrokkeling van waardes en norms, die korrupsie en bedrog in ons eie besighede (ja, nie die regering sn nie!) …. en so meer en so meer …..

Ons kweek by die dag meer en meer Christen Atheïste – almal wil belei dat hulle in God glo, maar wil elke dag lewe asof daar geen God is nie! Ons wil nie leer van die “Prins van Vrede” nie, ons wil net leer hoe om te “sondig in vrede”. Ons probleem is nie ‘n gebrek aan gebed na God nie, ons GEBED se probleem is ONS GEBREK aan GOD!

Lynne ·

Geliewe Koos Roelofse, dit is nie net n klomp gesonde mense wat die hospitaal besoek nie…so ook is dit nie al die “perfekte christene” wat hierdie asook ander byeenkomste besoek nie. Om komentaar te lewer oor die mense wat dit wel bywoon se innerlike gesindheid en of waardes maak geensins n verskil nie. Onthou dit is soms ons as mens se plig om net die saadjie te plant, nie noodwendig om die plantjie te sien groei nie (dis God se werk). Bid dan eerder dat die saadjie wat oom Angus dalk by sommige ongelowige christene gaan plant
sal in sink en n verskil sal maak.

Lizelle ·

Oom Angus het gedoen wat die hoof van die huis veronderstel was om te doen. OPSTAAN en intree!!! Ek sien nie enige ander persoon wat bereid was om op te staan en te se Here hier is ek gebruik my nie. So hierdie mense wat hulle monde so uitspoel, hou op op die kantlyn sit en begin werk in God se koningkryk. God voel vere vir kerkdenominasie kleur en status. Hy soek iemand wat gewillig is om gestuur te word.

Baie dankie vir hierdie artikel. Dit se reguit wat die probleem met ons land is. Die grote eie ek!

Kobus ·

Aanklag is een van die grootste wapens van die vyand. Hou op vingers wys en judge mense….ek en my huisgesin Dien die Here, ek staan saam oom Angus in die tyd. Amen….Amen!

Johan. H. ·

Hettie ek bewonder jou en jys maklik een van die mooieste vroue wat daar is , En dat jy so sterk staan Maar mense iets moet gedoen word , Ek sal egter nie daar wees nie , want die klomp misdadegirs is soos Hieenas en slange, Wie pas julle plekke op as 1 mil bloem toe gaan. Ons God weet lankal wat is die probleem.

Liezille ·

Johan

Dis wat die duiwel wil he, hy wil almal op een plek he, sodat sy makkers ons huise kan binnegaan en ons kan besteel, en ons honde kan doodskop of slaan.

Dis hoekom ek elke aand in my bed klim en bid, en verder sit ek als anders in die Here se hande, “because he is never late”.

Liezille ·

My geloof is niemand se saak nie. Dis ‘n saak tussen my en die Here. En ek bid elke dag vir my land, my gesin se veiligheid en dat als sal regkom. Asseblief mense, moet niemand kruisig wat nie gaan nie, hulle geloof het niks met jou uit te waai nie!

Carine ·

My hart breek vir die verdeeltheid onder GELOWIGES…… kan net dink hoe voel God daaroor….uit die aanmerkings is die spreekwoord duidelik: wat die hart van vol is, loop die mond van oor. Trots, selfsug, jaloesie……Ons is defnitief in Bloem. If your faith cost you nothing….it is worth nothing. Maak maar die opoffering.

Swanna ·

Ek wil net een vraag vra. Nou wil al wat leef en beef die 22ste April na Oom Angus se plaas toe gaan vir ‘n bid dag of wat julle dit wil noem ook “Great” maar om eendag af te staan om toenadering by ons Hemelse Vader te gaan soek en dan as julle daar weg ry gaan julle weer voor met julle lewe soos voor julle daar aangekom het en wat doen julle nou en wat gaan julle doen na daardie dag. My vraag is hoekom is ons kerke leeg op Sondae. Gaan kyk hoe jag almal rond om by die winkels uit te kom en dan loop hulle ook net daar rond op ‘n Sondag. Dit help nie julle wil net eendag afstaan vir ” ‘n bid dag”. Elke dag is ‘n biddag en juis ‘n Sondag wat die Sabbat is word nie eers daarvoor gebruik nie. Jammer Oom Angus( Hettie) hierdie is nie my koppie tee nie. Kry eers julle prioriteite agter mekaar dan kan daar sulke groot goed gehou word.

Santjie ·

Puik geskryf dankie Hettie en absoluut waar
Jaa die mens darem en sommige wie saamstaan en dan die moeilikes. Dit is juis tyd om hande te neem en saam te staan of anders dalk te sink
Boldness is uiters nodig en in die geestelike aspekte
Oom Angus doen wonders en uit sy hart en siel en is bold verby. Hy gee om en het liefde vir almal en is gehoorsaam aan God. Dink dis tyd dat minder gepraat en meer gedoen word. Baie baie dankie aan alle leiers samiritane en burger wie saamstaan en ook saambid
Weereens dankie Hettie hierdie n eye opener ook
Blessings vir almal

Marelize ·

Ag mense hou tog op. Dis tyd dat mense wakker word. Ons kan nie eers in vrede saam bid nie. Hou op . Oom Anchus is n Godskind. Hy wil bid v ons land. Kinders van God se doel is om Sy woord te verkondig.vSuid Afrika het net God se genade en redding oor. Een gebed kan soveel verander.
Suid Afrika se mense moet ophou om mekaar te blameer en af te breek. Die dag as dit gebeur sal daar vrede wees. Mag daar soveel salwing op almal wees di 22st dat almal se oe opnuut sal kyk na waarvoor ons Sy kinners is en nooit di werke van sy hande sal vergeet nie.

Jan Myburgh ·

As EK en JY nie optree nie of nie WIL NIE. Dan kry onse Vader iemand anders wat wil. As jy nie daar kan wees nie dan kan jy nie. GOD gaan jou nie straf nie maar as jy kan maar nie wil nie is dit niemand se skuld nie “DALK JOU EIE” jy sal ook dalk dan nie gestraf word nie maar daar is n moontlikheid dat JY n ontmoeting n “Blessing” kan mis. Om deel te wees van n magdom wat bereid is om daai tyd op te offer om vir hulle land, medemens, hulself hul nageslagte te BID is n eer. Oom Angus het gereageer op wat hy in sy hart voel en dit is genoeg vir God, Reageer OP wat jy werlkik in jou hart van oortuig is maak net seker jy het dit met God bespreek EN DAT DIT NIE JOU EIE OPINIE IS NIE. Want as ek die BYBEL so lees is dit presies wat ons Hemelse Vader verwag STAAN SAAM, STAAN OP, ROEP TOT MY SODAT EK JULLE GEBEDE KAN VERHOOR. God sien nie kleur nie net die siel van n mens wat sy hart vir Christus gegee het. DAAR KOM N SKUDING” Jy wat wil gaan maar nie kan nie, bid net saam ons. GOD KEN GELUKKIG ONSE HARTE. Hemelse Vader wil U die saamtrek seen met U Gees soos nog nooit ervaar nie. Amen !

Williene vd Merwe ·

Ek dink elkeen van ons wat ver van daar is en mense in diens het by ons eie besighede moet probeer om vrydag en saterdag daardie naweek ons mense af te gee om dit te kan bywoon……so kan ons almal n bydrae maak tot n groot sukses……

HEVW ·

Ek probeer dit maar net in enkele woorde se. Die allesoorheersende probleem waarmee die Christendom worstel is dat hul die bybelse beginsels bokant die die versoening wat ons Verlooser bewerk het verhef. Ons sien die Christendom as mense wat darem ordentlik en beskaafd leef, maar wat nog nooit by die versoening van Christus uitgekom het nie. Daarom raak alles vloeibaar en dubbele standaarde word toegepas. So ontstaan n Christendom sonder Christus As die vroee kerk maar net christelike beginsels probeer handhaaf het sonder versoening sou geen enkele mens vervolg gewees het nie en geen een sou op n brandstapel tot as verbrand wees nie.

Dis tyd ·

Tipies! Julle witmense wat ‘ n issue met alles het en nir glo daar kan wonderwerke wees nid. Kom by man. Dis God en God alleen wat nou uitweg kan gee… Ons het vir 20jaar soos verlore skape gedwaal en saam begin dinge doen wat ons nie moes nie.. Ons volk het vergeet van God. Word wakker man en begin weer saam bid en maak oop julle oë, solank julle nie terugkeer nie gaan die gemors in die land net erger word… Want die wat so Bybel voor en agter, die stryd is nie in die vlees nie maar in die gees… Word wakker, klim in jou karretjie en gaan buig voor jou God, die enigste God wat jou en jou gesin kan red…. Eks daar!

Elsabe ·

Amen dis gn wonder dinge gaan soos dit is nie want almal kyk om hulle maar nie op na God nie

Christa ·

Suid Afrikaners kon nog nooit saamstaan nie of dit nou godsdiens, politiek ens is.
Hier is n geleentheid om te wys 1 drag maak mag.
Buig jou kniee en vertrou op God se belofte .
Turn from your wicked ways and I will heal your land.
Ons vertrou God vir Guns en om ons genadig te wees.
Dankie vir jou skrywe
Vrede , Vreugde end Seen vir elkeen wat agslaan op Angus se versoek!
Amen en Amen.

Danie Botha ·

Pragtig geskryf…..alles wat in geloof is behaag God ( rom 14:22-23) Wanneer ons so saamtrek in “eenheid” gebied God Sy seen….kom SA die God van Israel is ook d God van SA….Laat ons optrek en bid.

Cornelia ·

Dis ‘n verhouding nie ‘n godsdiens nie. Valse profete sal rituele voorskryf en aalmoese vra. Oom Angus glo ek is opreg gekies deur die Here. Om te lei en om Sy instrument te wees. Na die 22ste sal die gevoel van hoop groei en baie roubeklaers sal doeners word. Die Gees verander jou gedrag. En as dit nie doen nie… wel dan het jy nog nie oorgegee aan die Here nie. Ons kan almal Sy instrument wees en ons rol speel. Hy klop, laat Hom in.

Elize ·

Dankie Hettie dat jy besluit het om die artikel te skryf. Dit maak my so ongelukkig dat jy altyd so moet fyntrap of iemand kla. Ons volk is inderdaad n spul Israeliete. Wie moet dan nou eintlik leiding neem sodat elkeen tevrede sal wees. Oom Angus is sover ek weet gevra om dit te doen. Hy het nie self begin hiermee nie. Hoekom nie net een ou slaggie saamstaan en iets reg doen nie. Dalk net moes ons dit lankal gedoen het.

Z ·

Met ons land en met ons naaste sal dit wel wees. God (Drie-enig) regeer!
Ons glo dit en sal saam met Oom Angus en ander soek na Sy wil en Sy koninkryk, sodat ons saam Sy vrede, wat alle verstand te bowe gaan, kan geniet in ons mooi land. Oom Angus, dankie dat U gehoorsaam is en n volk saamroep om saam te staan. Ek glo dat ons Afrikaners dit wel nog kan doen. Ons dien n God van wonderwerke.

Renà ·

Wel…..al wat ek kan sê is dat daar heel moontlik meer as n miljoen mense gaan wees, want gister kon ek nerens blyplek in enige gastehuis kry in Bloemfontein nie. Ons het darem n plekkie in Kroonstad gekry…..SO…..die ouens wat nog moet slaapplek kry….. sterkte. !!!!

Eddie de Jager ·

‘n Lewendige verhouding met God is iets wat jy nie ken tot jy dit het nie. En God soek ‘n verhouding met een en elkeen van ons ongeag ras, kultuur, herkoms, bankrekening en sosiale status. Sy genade is groot, baie groot. Vir Sy genade en goeie nuus om by almal uit te kom het Hy Sy vissers nodig. Ek pleit dat julle nie in Oom Angus die mens vaskyk nie, hoor en luister. Jesus het nie ‘n “slap hoed en two-tone” gedra nie. Hy was volgens kontemporêre standaarde erger af. Vandag sou ons Jesus as haweloos, verarm, swervend en wie weet watter ander veroordelende beskywings toesnou. Indien jy nie die byeenkoms kan bywoon nie is jy nie minder gelowig nie. As jy nie daar wil wees nie, bly liewer stil en as jy daar gaan wees skep so veel geleentheid vir jou naastes om ook daar uit te kom. Wat my betref Oom, Tannie, Meneer, Juffrou, Mevrou sal ek met alles wat ek het daar uitkom. Die genade sal by julle almal wees – Titus 3:15

Rossouw Olivier ·

Die bybel se: baie is geroep, maar min is uitverkies. Die mense het Jesus uitgekruit as n wynsuiper en n vraat. As hulle oom Angus nie aanvat nie, sal oom Angus as deel van hierdie wereld beskou word, wat teenstrydig van die bybel sal wees, dus moet dit so wees.

Tabitha Grobler ·

Here, my God maak asb die man se geestesoe oop. Dat hy die ware stand van sake kan sien. Dat daar gebid word teen die afgod en satanaanbidders wat op die oomblik kanale vir die NWO is. Here, laat sy hart soos ons s’n bloei elke keer as een van ons vermoor, verkrag en gemartel word. Wys hom die witplakkers wat hul werk verloor het deur BBEEEE. Weet hy hoeveel was aangeval vandag, gister, v/lede week. Angus! Weet jy?

Adele ·

Tabitha baie dankie vir die gebed dat geestesoe moet oopgaan. Ek vertrou dat jy ook eers by jouself begin het.
Elke mens se geboortens uur en sterwendsuur is vooraf bepaal. Dit is nie net witmense wat afgemaai word in hierdie wettelose land van ons nie. Hierdie is nie ‘n stryd teen mense nie, maar teen die bose wat deur mense werk. En dit sluit in witmense ook!
Baie witmense verloor hul werk omdat hul te sleg en lui is om te werk en nog steeds aan hoogmoed ly en dink hulle is beter as ‘n ander wat nie soos hulle lyk, praat en glo nie en dus vrygestel is van sekere arbeid! Wanneer hulle dan moeilikheid by hul werkgewers kry, gebruik hulle die BBEEEE verskoning, want wie sal nou wil erken jy is gefire agv insubordinasie? Wys asb vir my uit ENIGE iemand van die driesusterkerke, wie die boldness had om ALLE Christene en nie net die van hul denomimasie nie, op te roep om in eenheid saam tot God te bid teen hierdie boosheid wat tans hoogty vier in ons land. Vals profete bid selfsugtig vir hulself en hul volgelinge en nie vir iets wat vriend en vyand by baat kan vind nie.

Marjorie ·

OP die 22ste gaan dit n wonderlike gesig vir ons Hemelse Vader wees . Al sy kinders wat saamkom en die wat nie kan nie maar waar hulle ookal is, saambid , in geloof en liefde vir
Hom. Dis al wat Hy van ons vra om op Hom alleen te vertrou. Hy is die Weg. Amen!

Adam ·

As ek so lees dan laat party mense my dink Oom Angus is die grootste skurk op aarde en nie n christen nie. Liewe ouers, God worry nie oor Oom Angus se hoed nie dis mense wat daaroor worry. Oom Angus kan maar verduidelik dat hy blou in die gesig is jy gaan die ” selfaangestelde verskriklike ontledende slim” mense kry wat Oom Angus se elke woord en daad gaan uitmekaar trek dat tot die duiwel seker gaan wees Oom Angus is nou eintlik sy dienaar.

Wouter ·

Hettie, ons woon deur die Here se genade nou in Jerusalem en ons is beslis nie murmurerende knorrige Israeliete nie (kom kuier en kyk self:)

Baie mense PRAAT baie.
Oom Angus DOEN dit wat hy van die Here hoor.

Ons hoop ons kan weer hier in Jerusalem, dieselfde as met die 29 November 2016 FNB Sacred Assembly in Soweto, deur internet radio deel wees van die Bloemfontein gebedsaamtrek van 22 April.

Dankie Here vir positiewe gelowiges soos jy en oom Angus in Suid Afrika.

Shalom!

Frederick ·

Die woord van YHWH se: My volk gaan ten gronde weens n gebrek aan kennis!!!!!. Daar is n pad wat lyk na die waarheid, maar dit ly na die dood!!!!!. Lees ook Openbaring 13

Hadassah ·

Amen!

Ek wens so Yah kan vir elkeen wat so passievol is oor hulle christenskap, ‘n bril gee om die waarheid raak te sien. Ons kan net bid dat dit spoedig sal gebeur.

Johann Muller ·

Baie mense soek die “onsuiwerhede” on oom Angus. Ek is ‘n boer. Iemand wat met leë hande saai het geen hoop op ‘n oes nie. Dan vat ek enige dag die koringsaad met bietjie onkruid in, dit is maklik om te skoffel as daar reeds iets groei. Dat mense agterna terugkeer na hul ou weë is ook sy skuld? Ons opdrag is tog om te saai, net dit. Die mens kan nie die saad laat ontkiem nie. Sekere saad sal wel op die goeie grond val, moet ons hulle dit ontneem omdat ander tussen die dorings val?

Annatjie Kruger ·

Hettie, ek hoop van harte dat jy hierdie lees. Ek onthou jare gelede toe ek nog ‘n kind was, is daar ‘n biddag vir reën uitgeroep, want daar was ‘n droogte. Niemand het voorgestel dat die hele volk na een stad of dorp toe moet optrek nie. Nee daardie dag was in die middle van die week en die besighede het toegemaak en almal het na hul onderskeie gemeentes gegaan op ‘n sekere tyd van die dag en daar was gebid. Dit is nie nodig vir ‘n volk om soos ‘n klomp voortrekkers of die weermag op te ruk na ‘n spesifieke plek om te bid nie. En die Moses gedeelte? Gaan lees weer en jy sal sien dat Moses voor die tyd juis bekommerd was dat die Jode hom nie sal glo nie en GOD het vir hom tekens gegee wat hy moes wys. Elke enkelte profeet in die Bybel is DEUR GOD gestuur na die mense toe. Die profeet is deur GOD geroep, hy het homself nie aangebied nie. En elkeen van hulle het na die volk gegaan en gesê “So sê GOD, die God van Abraham Isak en Jakob. Die Bybel praat ook juis daarvan dat ‘n mens ‘n vals profeet sal uitken aan hoe hy jou gaan aanspreek. Gee hy duidelik te kenne dat hy deur GOD gestuur is of begin hy met “ek gaan dit en ek gaan dat doen en dan moet julle dit of dat doen.”

Henry Andrews ·

Prys die Here… Julle Kan regmaak Vir baie liefde en die teenwoordigheid van die Heilige Gees Wat Sy Werk doen… Gaan net.

Annatjie Kruger ·

Hettie, my eerste probleem wat ek het met Angus is sy Mighty Men kongresse. Nie Moses of Christus het ooit net die mans bymekaar geroep nie. Alle mense het nie die geld om in ‘n motor te klim met vrou en kinders en af te sit Bloemfontein toe om ‘n naweek in Angus Buchan se geselskap deur te bring nie. En JA ek kan by my huis sit en bid, en ja die honde, katte en die buurman kan steurend wees, maar dan gaan jy jou gebed begin deur te vra dat GOD jou help om ‘n halfuur of uur of hoe lank ook al in SY Teenwoordigheid deur te bring. GOD gaan nie van jou verwag om jou familie uit te honger sodat jy saam met Angus kan gaan bid nie. Daar mense wat verblyf aangebied het, gaan hulle dit verniet doen of het hulle ‘n geleentheid gesien om geld te maak?

Jan ·

GO FOR IT oom Angus God het vir Siener daar die tyd gesê Hy sal ons beskerm as ons terug keer na Hom toe maar lyk my daar is nog baie wat dink dis n grap ek hoop vir jou part jy word wakker voor dit te laat is ek en my vrou is nou in die buite land maar sal die 22 ste ook saam bid en ons bid elke dag dat GOD julle daar moet beskerm en ons land so begin nou jou kant ook bring

Barbara ·

Al wat ek sê is dankie vir die Here dat hy oom Angus op die aarde gesit het om ons mense op die regte pad te kry en ons oë hou op die dinge wat ons moet Amen

Ettienne ·

Die samekoms IS God se plan om Sy memse te herenig. Oom Angus is met gehoorsaam aan sy God om Sy mense te dien. Almal kan nie daar wees nie. Dit is net nie moontlik nie. Sommiges moet werk. Ek werk in n industrie waar ek Die 22ste tot 13:00 most werk. En so Kok n here klomp van my kollegas. Maar ons reel n byeenkoms in die vaal driehoek om in eenheid te kom met die gelowiges wat wel in Bloemfontein kan wees. So kan ons deel wees van God se plan. In eenheid en koroporatiewe gebed. Al is daar n 350 km afstand tussen ons en Bloemfontein. Ons Sal wen in die gees wees met die wat bevoorreg is om wel in Bloem te kan wees.

Andre ·

Oom Angus maak ‘n opregte uitnodiging. Hy stuur nie instruksie nie. Hy het nie gese as jy nie daar is nie gaan iets slegs gebeur nie… Maar hy doen darm iets. Hy wil God se mense by mekaar bring. Hoeveel lewens is deur sy mighty men konferensies verander?
Ek was by sy Jozi for Jesus byeenkoms. Ons was op die veld baie na aan die verhoog. Het die verskriklikste innerlikke konflik gehad en was verskriklik eie wys… Hy het my in my oe gekyk en die vraag beantwoord waaroor ek gebid het ‘n minuut vroer. Kon nie help as om te grens soos ‘n kindjie nie. Sal so ver gaan as om te se daai dag het my gered.
Ons het deur die wolkbreek gebid en gesing en geprys. Nie oom Angus geprys nie, God geprys. Dis waarvoor ons daar was. Mense staar hulle blind teen redes om NIE te gaan nie. Hou op negatief wees en kry rede om te gaan. Dit is ‘n gebed dag vir God, nie vir oom Angus nie. Maar hy het darm iets gedoen om dit stem te gee. Ek werk op die oomblik in Saudi Arabia, maar op die 22ste bid ek saam vir ons land e3n sy mense net soos ek amper elke dag doen…

Annetjie vaan der Berg ·

So waar en mooi gestel. Sal so graag daar wou wees maar gaan defnitief in my hart en siel daar wees. Dankie vir so mooi brief.

yahnet ·

Die mooiste gebed wat hy lewer en 1000 000 siele repeteer al agter hom aan…”we believe in the holy catholic church!”
So het almal eintlik dus die pous aangehang en 1000 000 het dit op ʼn slinkse repeterende wyse be-aam….

Daantjie ·

Dit sal goed wees om seker te maak van die feite voor sulke aantygings. Dis is nie die ROOMS Katolieke kerk nie! En Angus HET verduidelik daaroor voor die gebed.

Louis Smith ·

Goeie môre, ek voel rerig op my hart dat hierdie n oproep is vir ons land se intersessors om verenigd voor God te kom. Ons dag tot dag manne en vroue gaan saam om hulle in hierdie dag by te staan om hierdie noodkreet by God se voete te plaas. Mense God kan alles alleen doen maar Hy roep ons om met Hom te “partner” en hierdie is n tipiese voorbeeld daarvan. Kom ons ons trek op, as 1 nasie ongeag van kleur of voorkoms, voor God.

Porra ·

Ai arme blanke afrikaners met julle dwarstrekker geen. Jy is in geen posisie om op jou eie jou lot en die van jou kinders te verbeter behalwe met die hulp van ons Skepper nie. As dit op so n wyse (oom Anchus) moet gebeur, embrace dit en hou net vir eens jou ongegronde bitterbek uitsprake vir jouself. Jy mis dalk die grootste lewensveranderende geleentheid van jou lewe agv jou misplaaste vooroordele. Sien n goeie ding vir wat dit is!!!!!!! Amen

bella ·

Hettie het jy al van vals profete gehoor? Die omie gaan ons nie red nie. God gaan.

Reinetta ·

Hettie ek stem saam – ons moet n streep in die sand trek. Die harte wie daar moet wees sal daar wees.

Hennie Roets ·

Ai tog wat van ‘n bietjie saamstaan. Die gesprekke laat my dink aan die “ommie braaivleis storie”:
Die Amerikaner, Engelsman en Boer spoel uit op ‘n verlate eiland.
Die Amerikaner stig onmiddelik ‘n besigheid.
Die Engelsman stig onmiddelik ‘n klub.
Die Boer stig toe onmiddelik af!!
Ek het ook my bedenkinge oor sommige goed van Oom Angus se saambid. Maar moet nou nie die baba saam die badwater uitgooi nie asseblief.
Kom ons kom God se opdrag eenmaal na en dit is om EENDRAGTIG in gebed in te tree vir ons land en sy toekoms.
Toe ek vra mooi!

Nikki ·

Niemand word gedwing om na Oom Angus te luister of tyd kyk of met hom te kuier! Als wat hy doen word uit sy uit gees en huis gedoen. Waar het hy te veel mag? Is daar n wet wat se hy, soos baie ander kerke en envanglist mag nie iets reel en op die tv sit? Nee ag mense as jy nie van hom hou moet dan nie kyk of luister. Maar hopelik sal julle en julle sal die waarheid en beter lewe leer ken!

Dirk Breytenbach ·

Ek is ‘n belydende Christen maar iets pla my. Ons bid, raak emosioneel en dan gaan ons voort asof alles vanself gaan gebeur nadat ‘n sogenaamde profeet ons ‘n boodskap van hoop gebring het. Ek glo die Here verwag van ons om self iets aan ons situasie te doen want hy het ons tog ons eie wil en verstand te gegee met die opdrag om te heers oor die natuur ens. Ek hou weereens die tyd na die byeenkoms dop om te sien of daar hierdie keer iets bonatuurlik sal gebeur. Indien nie, dan weet ons wat om te doen. Ons kan nie van die Here verwag om ons werk te doen nie.

Anoniem ·

Hoekom nooi Oom Angus nie doe Dominee’s en Pastore en Predikers vir n byeenkoms nie, en praat oor die ware Evangelie. Gawes van die Gees. En dat ons moet doop in die Naam van die Vader, Seun, en Heilige Gees nie. Ek weet hoekom nie. Dit sal nie plaasvind nie. Want daar is te veel dominasies. Te veel predikers wat praat wat hul wil praat en nie die waarheid van die Evangelie van Jesus Christus nie.

Jesus ·

Gebed is ‘n wonder, dit werk vir alles. Veral om in jou gemak sones te bly. Hoekom moet ons dan iets doen as ons alles net kan reg bid en agteroor sit terwyl God soos ‘n afkop hoender na al ons belange ens moet omsien. Ek is net baie bly ek is nie God nie. Godsdiens is die oorsaak van meeste van die wêreld se probleme. Geloof aan die ander kant, is aksie. Te veel boeke en praaitjies op uitgetrapte paaidjies deur godsdienstige heros wat retoriek spoeg. God het lankal nie meer ‘n sê op aarde nie. Vrede en liefde

Jan Greeff ·

Mense soos Moses en Angus stel hulself nie aan nie; hulle loop ‘n pad van gehoorsaamheid met God. Die kritici wat so baie oor Angus se bediening te sê het en voel dat God deur ons pastore en predikante sal praat, vergeet een baie belangrike Skrifbeginsel: ons is almal gelyk onder één Hoof, elkeen met sy eie, unieke gawes, talente en opdrag. Die vraag is wat doen ons daarmee – gebruik ons dit om die liggaam van Christus waarvan elkeen van ons ‘n ledemaat is om dit op te bou en die Skepper daarvan te eer, of om dit te verdeel en af te breek.

Profeet vir Jesus ·

As mens ‘n verhouding met die Heilige Gees en God het sal jy nie wonder wat reg of verkeerd is nie of toelaat dat enige iemand jou negetief beinvloed nie. So ek sou se – hou op om te spekuleer oor wie wat is – as jy ‘n intieme verhouding met God het sou hierdie vrae en onsekerheid beslis nie eens toppunt van die gesprek gewees het nie. Ek sou voorstel almal wat wonder moet eers met hulself begin en hul eie lewe in lyn bring. Slegs dan sal jy ander mense met nuwe oe raaksien. Lees gerus Romeine 5:5 “en die hoop beskaam nie, want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Helige Gees wat Hy aan ons gegee het.”

foxi ·

Hettie…..daar is geskrywe in die woord van GOD…. daar waar twee of meer in MY NAAM vergader….daar is EK!

antoinette saayman ·

Ek glo dat dit God is wat deur oom Angus praat. Oom Angus is net die instrument in God se hand en hy is bereid om vir God deur die diepsee te loop. Oom Angus is absoluut n gesalfde van God en luister na God en voer God se opdragte uit. Kom laat ons nie klippe gooi nie maar dat ons gereed maak vir die dag wat die Here sal kom. Laat ons gereed wees as Jesus kom. Laat ons saamstaan en God se Woord verkondig en n verskil maak. Ons sal altyd teenkanting kry maar laat ons ons nie steur nie. Geseend is jy oom Angus.

Nelia ·

Joe, dis jammer dat die sg christene om jou meer op geld en inkomste fokus as op siele wen vir God. Baie kere is christene hul eie vyand, want hulle dra beslis nie Jesus in hul harte nie. Dit gaan oor mense-eer en finansiële gewin. Ek weet egter Jesus het jou klaar vergewe omdat jy so voel, want dis christene se skuld dat mense soos jy dit so sien. Mag jy in die tyd tot en met 22 April God in mense se harte en oë en optrede begin raaksien. En mag jy ook op daardie dag jou gebed en stem ophef tot ons God sodat ons as ‘n nasie vir een maal in ons lewens kan saamstaan – nie voor Angus Buchan nie, maar voor ons Enigste Lewende GOD. Mag Jesus se liefde jou hart sagmaak. En weet verseker, êrens daarbuite is ‘n ou tannie wat vir jou bid vir Vrede in jou hart.

antoinette saayman ·

Ek glo dat dit God is wat deur oom Angus praat. Oom Angus is net die instrument in God se hand en hy is bereid om vir God deur die diepsee te loop. Oom Angus is absoluut n gesalfde van God en luister na God en voer God se opdragte uit. Kom laat ons nie klippe gooi nie maar dat ons gereed maak vir die dag wat die Here sal kom. Laat ons gereed wees as Jesus kom. Laat ons saamstaan en God se Woord verkondig en n verskil maak. Ons sal altyd teenkanting kry maar laat ons ons nie Steur.Geseend is jy oom Angus.

Hennie Lottering ·

Ek dink nie skrywer het behoorlike gedink oor haar laaste stelling nie. Sal God regtig so onregverdig wees en daardie een wat nie geld het of dalk moet werk soos SAPS/SANDF/ Mediese personnel weerhou van Sy heerlikheid. As ons in die gewone kerke wat jy sondag vir sondag nie eers n behoorlike biddag saamtrek kan reel en bywoon nie wat maak die een in die Vrystaat so spesiaal?

Amanda Owen ·

Ek dink die saamtrek is ‘n goeie idee – God praat met mense wat bereid is om te luister end gehoor te gee!!! Ek dink nie oom Angus stel homself aan en vir my gaan dit nie oor oom Angus, maar om vir God te wys ek is ernstig oor my smeking vir ‘n veranderde Suid-Afika. Ek wil daar hande vat met ander gelowiges – wit & swart!!!

Amanda Owen ·

Ek dink die saamtrek is ‘n goeie idee – God praat met mense wat bereid is om te luister en gehoor te gee!!! Ek dink nie oom Angus stel homself aan en vir my gaan dit nie oor oom Angus, maar om vir God te wys ek is ernstig oor my smeking vir ‘n veranderde Suid-Afrika. Ek wil daar hande vat met ander gelowiges – wit & swart!!! Rom14-22-23 – lees maar self!

Mirna Potgieter ·

Amen Hettie Britz….Amen…weereens inspireer jy my met jou waagmoed en jou geloof so standvastig…mag Vader jou broodblik vol hou

jaco ·

1 miljoen mense op 22 April weg van hulle huise af. LEKKER kans vir die criminals om dan in te breek en te steel…

Ou Sanna ·

Lees en dink hieroor…..

Mensekind, spreek met die kinders van jou volk en se vir hulle: As ek die swaard oor die land bring en die mense vd land neem ‘n man uit hulle kring en stel hom as wag vir hulle aan – en hy sien die sward aankom oor die land en blaas md basuin en waarsku die mense —– En jy, o mensekind, ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy die woord uit MY MOND hoor, moet jy hulle van MY KANT af waarsku……

En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise – hulle spreek die een met die ander , elkeen met sy broer en se: Kom tog en hoor wat die WOORD is wat van JAHWEH uitgaan.

En hulle kom na jou toe soos ‘n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie, want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle harte gaan agter hulle onregverdige wins aan.

En kyk, jy is vir hulle soos ‘n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel; hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.

Maar as dit kom – kyk, dit kom! – dan sal hulle weet dat daar ‘n profeet onder hulle gewees het.

Ou Sanna

miskien ·

waar of vals geldmaak of mag wen? amal het hulle siening
my groot vraag net….
is dit nie die perfekte teiken wat hulle skep nie?

Pepper ·

Kyk manne
In al die tyd wat die verskriklike dinge gebeur met al ons mense in die afgelope 20jr het geen kerk opgestaan en gese sit dit stop.

Dankie Anngus, staan op en tree in vir ons.
Ek sal daar wees!

Etienne ·

Ek dink wat oom Angus wil probeer doen is dat ons moet opstaan en iets doen saam die gebed. En die iets is om Bloem toe te gaan en te bid. Jesus het wonderwerke gedoen, meeste van hulle deur ‘n daad; spoeg en klei aan die blinde man se oë, die vrou met bloeding wat sy kleed aangeraak het, die brode en vissies wat hy gebreek het, die kruike wat vol water getap is, en wyn gemaak is, Hyt nie nodig gehad nie Hy kon net spreek en dit sou gebeur, maar daar is daad saam met die woorde. En ek voel ons daad is om saam te gaan en op te trek. Iets buite ons gewone. En dan ook waar 2 of meer saam bid, daár sal Hy teenwoordig wees…
Amen

Ilse Maree ·

Ek en my man is daar – ek luister of lees nie eers nie. Soos oom Derek Prince se “Don’t help the devil by doing his work i.e. being the accuser of the brethren and the father of lies” Al wat die gelowiges nou moet doen tot dan, is om in te tree vir mekaar, die mense wat sal bedien en almal wat van heinde en ver, en naby daar gaan wees. Die Here sal sy mense bymekaar bring en die wat daar gaan wees, sal daar wees omdat dit Sy Wil is. Sien julle almal daar Broers en Susters in Jesus Christus – ek is so opgewonde!!

Willem ·

Dit is volgens my ‘n baie goeie gebaar, en groot taak wat Oom Angus op homself gebring het, en alhoewel daar baie positiewe en negatiewe kommentaar oor die samekoms is, sou mens graag wou hê dat daar baie meer as net die miljoen mense, wat verwag word, daar byeen moet kom. Dit is ongelukkig nie haalbaar dat ‘n ieder en elk daar kan opdaag nie.
Wat my WEL pla, is dat daar BAIE mense is wat nie daar sal kan wees nie, maar wat dit graag wel sou wou bywoon. Ek het tot vandag nie EEN predikant, of pastoor gehoor wat aangebied het, om daardie dag OOK ‘n biddag vir hierdie mense, in hul kerke landwyd te hou terwyl die miljoen saam Oom Angus bid nie. Kom ons kyk of hulle ook uit hul doppe gaan kruip en iets probeer reël vir die ouer mense, en dié wat net nie so vêr kan ry nie.

Pieter ·

Met God se hulp en bystand. Swart of wit of anderkleuriges. Maak nie saak nie. Hoeveel mense is daar aleen in bloemfontein? Ek glo en hoop daar gaan meer as net 1 miljoen mense wees.

hennie lottering ·

Ek dink die skrywer van die artikel moet weer dink oor haar laaste paragraaf. Is God so onregverdig DAT Hy mense sal uitsluit wat nie held het of moet werk en nie kan afkry op daai dag nie.

Jan ·

Nou ja.. ons ou volkie wat so graag n profeet soek en een in elke bos soek.. kom ons meet hom aan die woord… .. so al sy navolgers hier.. wys my een video of artikel wat die oom “wat met n hoed op sy kop bid” praat en verkondig oor die Dekaloog/pentateug… is dit nie een van die kriteria van iemand met lig in hom nie??????? JES 8:20

Michelle ·

Ons kar se enjin het aan die brand geslaan so paar weke terug, ons het ‘n nuwe “body” om die enjin in oor te bou en te herstel, maar dit gaan tyd vat. Toe gaan koop ons maar ‘n ander kar, OM DIE 22STE MAART SAAM TE GAAN BID, SAAM MET OOM ANGUS. Buig of bars, ons wil daar wees, VIR GOD EN SY DISSIPELS.

Bernie ·

Die uitnodiging vir die 22ste April is eintlik heel eenvoudig (nie noodwendig maklik, of lekker, of gemaklik nie), net eenvoudig. Jy wie kan, kom eer God met jou teenwoordigheid, bring jou mense en kom vra God vir ingryping in dit wat verkeerd is in ons land. Mnr en Mev, jy word nie gevra om oom Angus te sien of te hoor nie…. hy nooi jou om sy Verlosser Jesus saam met ander gelowiges te eer en te nader. Hoekom? Jy weet hoekom man! Moenie jouself laat bedrieg nie! Wat as jy nie kan gaan nie? Bid dan vir die wat gaan, bid vir die paaie, eer God vir mense wat in die stryd gaan tree namens jou! En wat as jy nie saamstem nie? Sorteer dit uit tussen jou en God…vra Hom om vir jou rustigheid en kalmte te gee omdat ander Hom wil aanroep op n bepaalde dag. Hulle gaan om te bid vir ons land, vir hulle en jou kinders, en vrouens en dogters…. Ek sal jou sommer ook vra… Kom bid saam met my asb!!! Kom bid vir my vrou en kinders, bid vir my familie, bid vir die mense wat ons koa voorsien. Kom bid asb saam met my… ek gaan die 22ste April Bloemfontein toe… asb kom saam!!!!

Jan ·

‘Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
WANT DAAR GEBIED DIE HERE DIE SEëN, DIE LEWE TOT IN EWIGHEID! [Psalm 133]
Laat ons die oproep tot gesamentlike verootmoediging beskou as ‘n afspraak met God. Hy betoon Homself telkens as ‘n Beloner van die wat Hom soek. Milde reëns en vol damme oor groot dele van ons land, getuig daarvan. Laat ons ons die erns van die toestand in ons land ter harte neem, en nie die oproep tot ‘n eendragtige landswye gebeds-offensief met verdagmakery afmaak en dwarsboom nie.
Kom ons vertrou die Heilige Gees om Jesus Christus as Hoof van Sy liggaam en Koning van Sy kerk te openbaar en te verheerlik. Ons het in hierdie krisisuur niks minder nodig nie as ‘n magtige uitstorting van Heilige Gees-liefde. Mag ons in hierdie gesindheid van opregte geloofsverwagting uitsien na Sy verskyning in ons midde om ons toe te rus om as Sy gesante die verskil te gaan maak in hierdie deurmekaar wêreld. Laat ons wat nie na Bloemfontein kan gaan nie, ons heelhartig vereenselwig met die prysenswaardige Godverheerlikende geleentheid om Hom heelhartig in gesamentlike gebed en smeking aan te roep. Amen!

Marius Adams ·

Hoekom jou steur wat ander sê. ‘n Leeu bekommer hom nie oor die geblêr van skape nie. Joshua en Kaleb het hulle nie gesteur aan die ander 10 verspieders nie. Wees jy net deel van die Warrior bidgroep en bid saam vir die res. Murmureerders gaan en was nog altyd daar gewees.

Rene ·

Was al by Loftus by sulke geleenthede. Wat ‘n awesome belewenis. Hoekom sal dié anders wees? Hetsy Oom Angus of Michael W. Smith (ons like mos meer van shows), waar mense in Jesus se naam vergader gebeur daar net wonderwerke. En vir ons wat dalk nie daar kan wees nie, hoop ek ons kan dit op big screen ? sien.

Rory Spence ·

We are to lift up Holy hands in Prayer, without anger or disputing.
1TIM2:8

Koos ·

Jana, dankie vir jou kommentaar. Ek gaan beslis hierdie geleendheid bywoon. Ek was al by n paar van Angus se saamtrekke. Hy is n man gestuur deur GOD wat bekommerd is oor ons as volk. Julle wat so gal braak, wat alles mis kyk wat gebeur,skrik asb wakker voordat dit te laat is. Dit het tyd geword om saam te staan en saam te bid as volk.

Dan ·

Hettie, jy trek die lyn van probleme te maklik tussen wit en swart en “ons” en hulle. Die Bybel sê dat as jy ‘n kind van God is, is ander kinders van God jou broers en susters maak nie saak van watter ras hul is nie. Baie van ons hou dalk nie daarvan nie, maar ons sienings tel niks teen die Bybel se voorskrifte nie. Die Bybel waarsku ons egter ook daarteen om te meng met goddeloses en verbied dit – weereens is daar nie ‘n vermelding van ras nie. Die korrekte perspektief is dat ons nasie onder beleg is in SA en word ons uitgewis – beslis nie deur Christene nie. Daar is net een oplossing en dit is vir ons nasie om daadwerklik soos een man terug te keer na God en ons afgode te los … tensy dit gaan gebeur lê daar nag voor vir ons.

Ben Niemand ·

Ek wil so graag gaan en ek is nie ver van Bloemfontein nie. Maar ek het ‘n “onheilige vrees” vir skares mense. Ek bid dat Vader my sal uit dit ruk en my hart daarheen trek en dat ek my gesin daarheen sal vat vir aanbidding. Oor oom Angus, ek het ook al a gly in hom gevang oor iets wat hy kwyt geraak het, maar as jy ‘n geestelike leier soek wat in alles perfek is,volgens jou, gaan jy ‘n lidmaad word van ‘n kerk met ‘n ledetal van 1.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.