Dié week lees Johny Klein een van Tom Ackermann se kortverhale voor. Luister hier na “Gevlevelde bome”.
Boek: Wie’s jy, mnr Slym?
“Wie’s jy, mnr Slym?” is ’n kinderboek met ʼn boodskap oor vriendskap en jy kan boonop leer hoe om jou eie slym te maak. Dit is geskik vir kinders van die ouderdom nul tot ses jaar.
Hofmeyr sluit Sluiper-reeks af
“Tannie Stienie sou hom ʼn skorriemorrie noem. Ek noem dié reeks ‘Staal Burger-noir’,” sê Steve Hofmeyr, skrywer van die Sluiper-reeks.
Zirk van den Berg wen WA Hofmeyr-prys
Die wenners van die jaarlikse Media24-boekpryse is pas bekendgemaak. Meer as 80 boeke wat in 2019 by Media24-uitgewerye verskyn het, het in ses kategorieë meegeding. Hier is die wenners.
Boek: In Christus – Van toeskouer tot spoortrapper
“God is nie een of ander control freak nie…. Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.” Lees meer oor In Christus – Van toeskouer tot spoortrapper.
Boek-uittreksel: Die verdriet van België
“Die verdriet van België” beslaan die tydperk tussen 1939 en 1947: vrede, oorlog, vrede. Louis Seynaeve is elf jaar oud en ’n leerling aan ’n Katolieke kosskool waar die nonne sy lewe regeer. Lees hier ‘n uittreksel uit die eerste hoofstuk.
’n Riller wat jou wakker hou
Die leser bly deurentyd die vrae vra: “Wat as dit met mý sou gebeur het? Wat sou ék in dieselfde situasie gedoen het?”
Boek: Skadumagte
“Skadumagte” is die opvolg op Malene Breytenbach se roman “Bloedgrond” wat in 2011 verskyn het.
Elsa Joubert só onthou
Elsa Joubert, skrywer van onder meer “Die swerfjare van Poppie Nongena”, word onthou as ʼn baanbreker en iemand wat moeilike temas met deernis aangepak het.
Boekvoorlesing: Ek wil nou nie snaaks wees nie en ander skaterlagrympies
Jaco Jacobs se jongste boek bevat meer as 60 rympies wat jou lagspiere behoorlik sal prikkel. Luister hier na sy aanbieding van ‘ʼn Inspuiting is nie so erg nie’.
Boek: Erfgeld is swerfgeld
Johan Bakkes is ʼn bekende skrywer van andersoortige reisverhale. In “Erfgeld is swerfgeld” word humoristiese vertellings oor sy reise afgewissel met sy pa se wolhaarstories en lewendige geskiedenisvertellings.
Armand Aucamp, ma lees vir kinders
In “Kaggels, kerse en kinderstories” raak Armand Aucamp en sy ma, Petra, nostalgies met ʼn paar voorlesings uit “My storiekis”. Dié ma-en-seun-geselligheid bied vermaak vir die hele gesin.
Die Slag van Donkerhoek 120 jaar later gedenk
Kraal Uitgewers het Vrydag die Donkerhoek-gedenkterrein en -begraafplaas besoek om dié slag te gedenk. Barend Uys, ’n nasaat van die Skotse regimentsersant-majoor van die 9th Lancers, Walter Grant, wat ook aan dié slag deelgeneem het, het die besoek meegemaak.
Boekvoorlesing: Breins
“Maar hy’t Klein-Willem gaan wegvat na die ding van die breins, want hy laat nie ʼn nefie van hom ʼn vark oppas nie.” Johny Klein is terug met nog ʼn voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Breins”.
Boek: Die klein boekies met baie inligting
Het jy geweet muskiete is van die dodelikste wesens op aarde, piesangs is radioaktief en jou vingers het glad nie spiere nie? Fanie Viljoen se reeks klein boekies deel allerlei interessanthede van mense en diere tot bome en die buitenste ruimte. Lees meer.
Jan van Tonder: Sy romans word óf voorgeskrewe werk óf ’n topfliek
“Die verevrou” is Jan van Tonder se eerste boek in ses jaar en losweg gebaseer op die meesterpluimbereider, Luisa Pappalardo, wat haarself meer as 20 jaar gelede voor die Oudtshoorn polisiestasie doodgeskiet het. Maryke Roberts het met hom gesels.
Boek-uittreksel: Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop
’n Motorongeluk tydens ’n gewone gesinsvakansie verander die Robbertsgesin se lewe dramaties. Lees hier ʼn uittreksel uit “Mia – ‘n Ma se storie van verlies en hoop” deur Mariska Robberts.
Boek: Kanaän
Chrisjan is ʼn eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat en Catherine is die gesofistikeerde dogter van ʼn skatryk Engelse sakeman. Kan dié liefde se prys betaal word? Lees meer oor Sophia Kapp se jongste boek, “Kanaän.”
’n Boek oor geheime en klik
Sidney Gilroy se skryfstyl is vloeiend en gestroop van oordaad en truuks. Die karakters se doen en late is oortuigend en die dialoog intelligent.
Boek: Aanspreeklikheid
“Aanspreeklikheid” was in 2018 die naaswenner van die Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Dit is Fouché se eerste roman in sewe jaar.