Wat noem mens ʼn stoorplek vir gedroogde plante, die plek waar dierevelle tot leer verwerk word of selfs ʼn kantoor waar reëlings vir reise getref word? Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: blykbaar, klaarblyklik
Taalgebruikers struikel soms oor die verskil tussen “klaarblyklik”, “blykbaar”, “oënskynlik” en “skynbaar”. Taaltoffie stel ondersoek in
Hoekom in Afrikaans Poetin en nie Putin?
Maroela Media word oorval met navrae van lesers wat wil weet waarom buitelandse eiename soms op ʼn spesifieke wyse gespel is. Hier is alles wat jy wil weet.
Taalgebruik: Versamelname
Taaltoffie ondersoek ʼn paar versamelname wat jy kan gebruik om jou Afrikaans op te kikker.
Hoedjies van papier: Die uitskryf van getalle
Krap jy kop oor die maniere waarop getalle, syfers en simbole geskryf word? Hier is al die antwoorde!
Taalgebruik: proe, smaak
Proe of smaak iets lekker? Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: Stellenbosch
Waarom spreek ʼn mens woorde soos “Stellenbosch” en “Kirstenbosch” met ʼn s-klank uit?
Skatkamers van woorde
Dit is soos ʼn skatkamer wat oopgaan as jy ʼn tesourus oopmaak. Jy ontdek allerhande moontlikhede wat jy nie ʼn in gewone woordeboek sou kry nie.
Taalgebruik: karig, skamel, skraps
Is jy ook soms onseker oor die verskil tussen “karig”, “skamel” en “skraps”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: Koppeltekens en klinkers
Skryf ʼn mens “antiinflammatories” of “anti-inflammatories”? Is dit “skiuitrusting” of “ski-uitrusting”? Taalgebruikers trap soms klei met die gebruik van koppeltekens by woorde met klinkers.
Taalgebruik: grootte, grote
Taaltoffie ondersoek die gebruik van “grootte” en “grote” in Afrikaans.
Taalgebruik: Voertuigsoorte
Wat maak ons met “hatchback” en “sports utility vehicle (SUV)” in Afrikaans? Taaltoffie stel ondersoek in.
Hoekom? Die skakel tussen woordsoorte en spelreëls
“Ek kom nou die dag die volgende Engelse woord teë waarvan ek nie die betekenis ken nie: “sesquipedalian”. Onmiddellik klim ek op die rekenaar en hark my versameling aanlyn Pharos-woordeboeke nader.”
Taalgebruik: ledemaat, lidmaat
Is jy ook soms onseker oor die verskil tussen “ledemaat” en “lidmaat”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Husse met lang ore
Kry in die week ʼn versoek van ʼn gebruiker: Verduidelik bietjie vir ons waar die uitdrukking husse met lang ore vandaan kom. Wat is ʼn hus?
Taalgebruik: emigreer, immigreer
Maak seker jy weet wat die verskil tussen “emigreer” en “immigreer” is.
Taalgebruik: Geslagsname van wildsbokke
Watter wildsbokke van die manlike geslag noem ʼn mens ʼn ram, en watter ʼn bul? En wat die vroulike diere betref: Wanneer praat ʼn mens van ʼn ooi, en wanneer van ʼn koei? Taaltoffie stel ondersoek in.
Uit wie se mond hoor jy die waarheid?
“Ek kry in die week ʼn navraag: Wat is die verskil tussen ʼn idioom en ʼn gesegde? Ek kan, tot my eie skande, nie uit die vuis uit antwoord nie.” Sophia Kapp het ondersoek ingestel.
Taalgebruik: anglisistiese meervoude
Afrikaans gebruik dikwels die enkelvoudsvorm, waar Engels die meervoud gebruik. Lees vandag se Taaltoffie om seker te maak jy trap nie klei nie.
Woordsoorte: Die plek van die partikel
Die woordsoort wat blykbaar nie in skoolwerk aandag kry nie, is die partikel (nee, dis nie ʼn anglisisme nie, dis ʼn vakterm; “stukkie” gaan nie werk nie)