Daar is burgerlike organisasies wat elke dag ’n sterk oorsigrol vertolk oor die regering en staatsinstellings. Hulle wys korrupsie en wanbestuur uit, maak lawaai en tree selfs in die hof in die bresse vir gewone burgers, skryf Freek Robinson.
Die waarde van georganiseerde landbou
Vandag moet ’n landbouer nie net omsien na die normale aspekte van die produksieproses nie, maar ook na verskeie ander aspekte wat sy aandag vereis soos veiligheid en ideologie, skryf Bennie van Zyl van TLU SA.
’n Kansellasie-tsoenami tref Amerika
Kansellasiekultuur – die woord vir fascisme – spoel tans oor die hele Amerika, vinniger as ‘n tsoenami. Golf ná golf word mense wat vermoedelik die onvergeeflike sonde gedoen het om hul spraakvryheid uit te oefen, geboikot, hetsy deur hul boeke, programme, rolprente, ensovoorts, skryf Rhoda Kadalie.
Die dag toe ek ‘n koning ontmoet het
Selfs as ek net weer hieraan terugdink, kry ek hoendervleis. Om te kan beleef hoe kultuur en tradisie – onder baie moeilike omstandighede – oor eeue heen bewaar is, is besonders.
#JongStemme: Onafhanklike kandidate die oplossing
Indien jy die sentiment deel dat jou stem nêrens meer tuis voel nie, óf jy besef dat jou tradisionele stem vir party X nie op munisipale vlak in jou direkte wyk ’n verskil sal maak nie, is dit tyd dat jy ’n onafhanklike kandidaat ondersteun, skryf Stefan Botha.
Podlitiek: Koning dood, studente-nood en OB dalk uitgestoot
Podlitiek bespreek hierdie week die dood van koning Goodwill Zwelithini, die protesoptogte op universiteitskampusse landwyd, en die hangende vrae oor die openbare beskermer, Busisisiwe Mkhwebane.
Eskom-herrie: Jy is streng, en dáárom ’n rassis!
Die rassismekaart is ’n maklike en desperate poging om aandag van onbevoegdheid en korrupsie af te lei.
Sewentien partye tot Nederlandse parlement verkies
Die meeste partye, sedert Nederland in 1918 met ’n proporsionele kiesstelsel begin het, is Woensdag tot die Nederlandse parlement (die Tweede Kamer) verkies.
Vryspraak: Geen selfstandigheid sonder energieselfstandigheid
Praat mens dan oor sonpanele en waterpompe, of ekonomiese teorie en onderwysprodukte, is die gees van ‘n boer maak ‘n plan al klaar weer aan die werk.
Kuba: SA se grootste kameraad
Onlangs in die nuus het die ANC-regime se besonderse liefde vir die kommunistiese staat Kuba weer opgeval.
Om talig uit te sluit
Aan die een kant klou jy verbete vas aan staatsbeheer van mislukkings soos die SAL en Eskom, maar terselfdertyd maak jy van ’n regverdige taalbedeling so ’n perfekte gemors dat moedertaalgemeenskappe nie anders kan as om taalinstellings, soos skole en universiteite, te privatiseer nie.
Maatskaplike toelae stuur af op maatskaplike ramp
Daar is nie geld nie, tog word geld uitgedeel, uitgedeel en uitgedeel aan mense wat maand in en maand uit in ellelange rye staan om ʼn toelaag van die staat te ontvang.
Afrikaans op universiteit – ‘Kom ons trek ’n streep!’
Prof. Jonathan Jansen se bitterbek-waarneming illustreer ’n fundamentele foutlyn in die Suid-Afrikaanse taalpolitieke debat, skryf Leopold Scholtz.
Jongmense moenie deur ras geskop word nie
Moenie dat rasseskoppe wat ons jongmense moet verduur, normaal raak nie. Dit ís nie normaal of reg nie.
Rutte stuur op maklike verkiesingsoorwinning in Nederland af
Nederland sal Maandag en Dinsdag vir die eerste keer in die geskiedenis vroeë stemme toelaat met stempunte wat op dié twee dae weer oop sal wees.
Hoekom beelde?
Die FAK het onlangs aangekondig dat ons die Kruger-beeldegroep op Kerkplein weer van die grond af gaan opbou. Daarmee neem die FAK ons erfenis in eie hande, sodat nóg die regering nóg politieke vandale hierdie kultuurskatte kan beskadig, skryf Daniël Goosen.
Internasionale oorsig: Koningshuis onder druk ná geniepsige onderhoud
ʼn Oorgrote meerderheid van Britse burgers is steeds ten gunste van die behoud van die monargie.
Internasionale oorsig: Belangrike verkiesings lê voor die deur
Oor die volgende paar dae sal kiesers in verskeie lande na die stembus gaan om nuwe politieke verteenwoordigers te verkies.
Herinnering aan Jan du Rand (1945-2021)
Prof. Jan du Rand, teoloog, predikant, dosent en skrywer, is vroeër die week aan Covid-19 dood. Hoffie Hofmeyr bring hulde aan hom.
John Steenhuisen reageer op ‘koalisie’-gerugte
Ons voorsien drie moontlike scenario’s vir die toekoms van ons land, skryf DA-leier John Steenhuisen.