Ons nooi die gemeenskap uit om deel te word van die besembos-mentaliteit wat ons het by Helpende Hand Studietrust en nie toe te laat dat ander ons moed breek nie, om steeds te help saai en te bou.
Die geduld van ʼn 1400
Die volgende oggend het ek die Nissan so tien minute voor ons skool toe moes ry aangeskakel sodat die battery ʼn bietjie kon laai. En rustig het ons skool toe gesuiker.
Wonderwerke gebeur steeds
Ek het al gehoor van wonderbaarlike genesing en beskerming, maar het nog nooit self ʼn wonderwerk ervaar nie. Toe breek 1 Februarie 2024 aan.
‘Pamina Vermaak’ oorrompel met holderstebolder sjarme
Jy sal die storie sien as ʼn pragtige verhaal van sielsgenote, liefde en vergifnis, wat soos ʼn gladde sjokoladekoek onder ʼn dik laag rock ʼn’ roll-versiersuiker versteek is.
Die maand van die oueraand
Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek wil regtig graag by die skool asook die ontwikkeling van my kind betrokke wees, maar ek kan doodeenvoudig nie elke week, vir die eerste vier weke van die nuwe skooljaar, een tot twee aande hiervoor afstaan nie.
Ken en bereik jou baba se mylpale
In die eerste drie maande sal jou baba onder meer reuke begin identifiseer, hul koppe vir kort tye regop hou, begin glimlag vir ander, poog om vir jou te kyk as jy praat, babbel en hul duime suig om hulself te sus.
Chris Chameleon: Wanneer die weggooikind van die Weste sy ouers weggooi
Die Weste het sag geword. Nie sag soos ʼn goeie koedoerugstring nie, maar sag soos ʼn tweede pouse Sandwich Spread-toebroodjie wat gisteraand reeds in die kosblik gepak is.
Gewigsverlies: Kom deel in my persoonlike reis
Van maer tot middelmatig, en uiteindelik oorgewig – die wipwa-rit waarop ek my liggaam die afgelope vyf jaar gesit het, is byna te oorweldigend om aan te dink, maar ek weet baie vroue kan daarmee assosieer.
Begin weer nuut in jou tuin werskaf
Begin hierdie jaar anders. Maak voornemens rakende jou tuin en beleef hoe die reis jou uiteindelik ook outomaties help om jou ander doelwitte te bereik.
Beloon jouself
“Moet ek dan altyd alles wegsit vir eendag?” vra Leon-Ben Lamprecht.
Met ’n emmer water die nuwe jaar in
Maar Roedolf sê dis net vir nou. “Dié jaar gáán beter wees, mevrou.” En ek glo hom.
Pruttende potte Rendang word gou-gou opgeraap
Blykbaar in die ou dae kon Rendang so lank as ʼn maand gebêre word in ʼn koel plek, maar nog elke keer wanneer ek dit gemaak het word dit blitsvinnig opgeëet – so daar is dalk hoogstens ʼn lekseltjie oor die volgende oggend.
Die gawe van gee
Mag ons geskenke van waardes elke dag van die jaar met liefde, empatie, hoop, vreugde, roeping, geloof, deernis met vir mekaar uitdeel, toegedraai in die sagste van ons menswees sodat ons ander kan help groei.
Tesourus vier verbondenheid van taal
“Gelukkig is ʼn tesourus nie ʼn uitgestorwe dier nie – om die waarheid te sê, is dit nog jonk en springlewendig.”
Vasberade vorentoe met 2024-skooljaar
Ek wil jou egter uitnooi om uit die staanspoor geleenthede te skep wat jou in staat sal stel om die 2024-reis vars, met vasberadenheid en hoop te begin.
Oujaarmymering: Mag die Vader julle pad gelyk maak
Nou wil ons julle nie net ʼn voorspoedige nuwe jaar toewens nie. Méér nog: Ons wens julle ʼn Emmanueljaar toe. As God met ons is, wie kan teen ons wees?
Kersfees is tyd van samesyn
Familie en vriende is wat Kersfees vir my belangrik maak en wat ek onthou.
’n Helder Somerkersfees in jou tuin
Helder iemand se lewe op en dra só die boodskap van Kersfees oor. Ons almal verdien ʼn helder Somerkersfees.
Vakansieplanne: Pak daai tassie vir medisyne
Ons weet almal mediese noodgevalle en irritasies gebeur gewoonlik in die nag of ver weg van ʼn dokter af en ons wil voorbereid wees. So hier volg ʼn voorgestelde medikasie-lysie vir die vakansie:
Die klikkiebek van Afrikaans
Die indirekte rede kan as die klikkiebek van Afrikaans beskou word, want hierdie vorm van die sin word gebruik wanneer iemand anders se woorde oorvertel word. Lees hier wat skryf Nadine Fouché-Karsten, VivA se onderwyskundige.