Die opstanding van Jesus is die groot verskil tussen lewe en dood.
13-jarige lemnaeler skop stof op by SA’s
Simphiwe Ditshaba het op sewe jaar verskeie ledemate weens septisemie verloor. Nou is hy die Suid-Afrikaanse skolekampioen.
Bring jou stapskoene en verken die natuur by dié monument
Een van die dae hoef Gautengers nie meer ver te ry vir ʼn ware natuurervaring nie. Waar anders kan jy in die hartjie van Pretoria veilig tussen ʼn trop swartwildebeeste stap?
Gedagte vir die dag: Dra die kruis
Om Jesus te volg, beteken om hoop te hê. Om sy kruis te dra, beteken om ’n lewende seën vir ander te wees.
Foto’s: Geskiedenis dié kleindorp-toergids se ‘passie, plig’
“As ek kyk na wat my dorp en die Here al vir my op my lewenspad gedoen het, voel ek dis niks minder as my plig om terug te ploeg in Oudtshoorn en sy mense nie.”
ToekomsVenster: Hoe kyk ons na mekaar?
Die Man aan die kruis kyk met soveel empatie na ons. Hoe kyk ons na mekaar?
Gedagte vir die dag: Neem die kruis op
Ek vind my nuwe identiteit by die krip, die kruis en die leë graf.
Tonne aartappels bring verligting voor Paasfees
‘n Boer, wat anoniem wil bly, het 34 ton oftewel 1 249 sakke aartappels aan Solidariteit Helpende Hand geskenk.
Stem en wen: Maroela se Somerbruid 2024
Stem vir jou gunsteling uit ons top-10 finaliste vir Maroela se Somerbruid en staan die kans om ‘n Miekeraai-geskenkbewys te wen!
ToekomsVenster: Ons is mens onder mense
Paasfees herinner ons dat God die wêreld, die hele wêreld, die mensewêreld ingesluit, so lief het dat Hy sy beste opoffer sodat iets van eg menswees herstel kon word.
Kom ontspan by die Pretoria-fees
Hierdie jaar se Pretoria-fees beloof om iets vir elke lid van die gesin te bied. As jy dus nog kopkrap oor hoe jy almal gaan besig hou oor die langnaweek, is dit dié fees waar jy wil wees.
Luister: Kom gedenk Vervolgingsondag saam met Geopende Deure
Talle Christene waag hulle lewe sodat ander die Lewe kan ken. Op Vervolgingsondag word hulle dapperheid herdenk en jy word genooi om betrokke te raak.
Gedagte vir die dag: Goddelike genade
“Wees vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” (Efesiërs 4:32)
ToekomsVenster: Gegiet in God se beeld
Waartoe roep die gebeure ons as dit nie tot diepe dankbaarheid, verwondering en toewyding is nie?
ʼn Uitdaging duisend vir die vervolgde kerk
Diegene wat aan Geopende Deure se Challenge 1000-projek deelneem, kan help om meer as 365 miljoen vervolgde Christene in meer as 70 lande te ondersteun.
Dis Braaf om te skenk en te ondersteun
Deur die loop van die jaar toer Braaf die land vol van streek tot streek waar Helpende Hand se personeel hom by skole laat optree om die boodskap van dapperheid oor te dra.
Gedagte vir die dag: Lig of donkerte?
Dit is deur God se voorsiening dat ons vandag nog hier is. En Hy bring brood en genade tot by ons voordeur.
ToekomsVenster: Moenie jou hart verloor nie
Ons mag nie toegee aan die harteloosheid van die wêreld nie.
‘Lekker mense, tasbare gees’ op Super Sokkie-bootreis
“En elke keer as almal op die boot ‘Kaptein’ en ‘Jy soen my nie meer nie’ so lekker uit volle bors saamsing terwyl die Maroela-strandballe deur die lug vlieg, dink ek: Dis ons lesers dié, en hulle is lekker mense.”
Gedagte vir die dag: Gekaap deur genade
Nadat hy deur God se genade gekaap is, het hy duisende kilometers te voet afgelê om die evangelie te verkondig.