“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou” (Jesaja 41:10).
Luister: Griekwagebed – Seënbede
“Die Jirre bly net hie reg agter jou
lat Hy gevaar van jou rig af hou.”
Gedagte vir die dag: ’n Nuwe begin
Op u ontferming kan ’n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. (Klaagliedere 3:23)
Nuwejaarsboodskap: Voornemens vir ʼn Godgerigte lewe
Onthou jy nog hoe jy 31 Desember 2019 afgesluit het? Dalk met die gevleuelde woorde “Voorspoedige Nuwejaar”? Vir baie mense was 2020 inderwaarheid ʼn rampspoedige jaar.
Luister: Griekwagebed – Habakuk 3 en Psalm 8
“Habakuk 3” en “Psalm 8”, twee van Hans du Plessis se Griekwagebede, word deur Veronica Geldenhuys voorgelees. Dit kom uit “Innie Skylte vannie Jirre” wat deur Lapa Uitgewers uitgegee is.
Gedagte vir die dag: In die toekoms
Julle hoef nie haastig pad te gee nie, julle hoef nie soos vlugtelinge te vertrek nie: Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan. (Jesaja 52:12)
Nuwejaarsboodskap: Onthou dié drie waarhede oor God in 2021
Wanneer die hele Bybelverhaal in ag geneem word, is daar drie dinge van God wat altyd waar is: Hy is mét ons, vír ons en vóór ons.
Luister: Griekwagebed – Ere annie Jirre
“Loop sing dit oppie dyne,
skrou innie strate, sê virrie wêreld:
onse Jesus is nou hie!”
Gedagte vir die dag: Kyk verby die probleme
Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my. (Psalm 116:10)
Nuwejaarsboodskap: Onder Sy Hand word ons verskilmakers
’n Mens kan nie help om te vra wat sou 2021 vir ons inhou nie? As ons ʼn verhouding soos Moses met ons Skepper kan bou, kan ons onder Sy Hand verskilmakers word.
Luister: Griekwagebed – Ek is veilag
Luister hier na die Griekwagebed “Ek is veilag” deur Hans du Plessis. Dit word deur Veronica Geldenhuys voorgelees en het by Lapa Uitgewers verskyn.
Gedagte vir die dag: Volgens God se wil
Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (Markus 11:24)
Nuwejaarsboodskap: Die lig skyn altyd waar God is
“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee (Joh. 8:12).”
Luister: Griekwagebed – Die Jirre se pat
Kom luister saam na “Die Jirre se pat”, ʼn Griekwagebed uit “Karos orie dyne”. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en word deur Veronica Geldenhuys voorgelees.
Gedagte vir die dag: Sy goedheid is joune
Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. (Psalm 30:6)
Feestyd-oordenking: Gód is die grootste Kersgeskenk
“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Johannes 3:16).”
Luister: Griekwagebed – Onse Vader
“Onse Vader wat innie jimmel in sit, ons wil nou vedag net vi U kom bid.”
Gedagte vir die dag: Vrede
Soos die môreson sal Hy opgaan om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede. (Lukas 1:78-79)
Luister: Griekwagebed – Die Jirre het gekom
Kom luister saam na ‘n Griekwagebed, “Die Jirre het gekom”, voorgelees deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis.
Gedagte vir die dag: Die grootste geskenk
Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe. (2 Korintiërs 9:15)