Jesus het tempel toe gegaan en al die handelaars en hulle kliënte uitgejaag. Hy het die tafels van die bankiers en die hokkies van die duiweverkopers onderstebo gegooi. (Matteus 21:12)
ToekomsVenster: Glo soos ’n kindjie
Jesus sê ons moet soos kinders word as ons die Koninkryk wil beërwe. Onverskrokke, energiek gelowig, liefdevol en amper naïef. Is jy bereid om soos ʼn kind te glo?
Gedagte vir die dag: Vergifnis
Jesus het gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34)
ToekomsVenster: Gee Hom ’n kans
Klou jy nog verbete vas omdat jy twyfel dat God goeie bedoelings met jou het? Gee Hom ʼn kans. Hy sal jou nie teleurstel nie.
Gedagte vir die dag: Goeie Herder
Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder offer sy lewe op vir die skape. (Johannes 10:11)
Gedagte vir die dag: Altyd getrou
God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel. (1 Korintiërs 1:9)
Gedagte vir die dag: God se wil
Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.” (Johannes 4:34)
ToekomsVenster: Luister na sy stem
Die Here kom na jou in die stilte van die oomblik.
Gedagte vir die dag: Menswees
Jesus het grootgeword en in wysheid toegeneem; Hy was geliefd by God en almal wat Hom geken het. (Lukas 2:52)
ToekomsVenster: Skep moed
Die boodskap aangaande Jesus is soos ʼn lamp wat in die donker skyn. Wie op Hom vertrou sal nie teleurgestel word nie, sê die Woord.
Adriana Faling lees voor uit ‘Die Seders van Libanon’
In “Die Seders van Libanon” kruis vier vroue se paaie en elkeen moet besluit of sy bereid is om te doen wat God van haar vra.
Gedagte vir die dag: Steeds dieselfde
Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd! (Hebreërs 13:8)
ToekomsVenster: Gaan dinge ooit weer verander?
God maak ʼn nuwe begin met sy mense. Sy ewigdurende en onveranderlike liefde sorg daarvoor.
Gedagte vir die dag: Lig van die wêreld
Jesus het vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Johannes 8:12)
ToekomsVenster: Dit wat regtig belangrik is
Jesus se antwoord wys daarop dat wat by die mond uitkom verraai wat binne aan die gang is.
Gedagte vir die dag: Skatte
Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matteus 6:19-21)
ToekomsVenster: Here red my
Jesus was al die tyd daar. Hy sal jou nie teleurstel nie. Al is die storm hoe bedreigend, jy is veilig in sy hand.
Gedagte vir die dag: Betroubare lig
Hy wat die betroubare lig is, wat elke mens verlig, was op pad na die mensewêreld. (Johannes 1:9)
Boek-uittreksel: Die Bybel is God se liefdesbrief aan sy kinders
Die Bybel is van begin tot einde in werklikheid ’n liefdesverhaal. Kom ontmoet God in hierdie Boek waarin Hy jou uitnooi tot ’n liefdesverhouding met Hom wat jou lewe vir altyd sal verander.
Gedagte vir die dag: Wat maak ons vry?
Vervolgens sal die einde kom wanneer Jesus die koningsheerskappy aan God die Vader sal teruggee nadat Hy elke vyandige mag wat daar kan wees, onderwerp het. Die laaste van hierdie vyande wat vernietig moet word, is die dood. (1 Korintiërs 15:24, 26)