Nuuskommentaar: Kroonjuwele ʼn lae hou
ʼn Skildery wat president Jacob Zuma in ʼn tipiese Lenin-houding uitbeeld, en waarin sy kroonjuwele nie op hok is nie, is pas vir R136 000 aan ʼn koper van Europa wat van die straat ingestap het, verkoop.
Nuuskommentaar: Mdluligate Zuma se Watergate?
Indien pres. Jacob Zuma aan die einde van die jaar ge-Polokwane word, sal die ontleedmesse reeds ver gevorder wees om te probeer bepaal watter Zumagate het nou eintlik die meeste tot sy val bygedra…
Nuuskommentaar: Die slag van Braamfontein – Wie die eerste klip of komkommer optel…
Die slag van Braamfontein is gelewer, en hoewel die DA-optoggangers volgens die beeldmateriaal voet in die wind geslaan het, is die Suid-Afrikaanse demokrasie die groot verloorders.
Nuuskommentaar: Bril na die verlede is teleskoop na die toekoms
“As jy wit Suid-Afrikaners mal wil maak, praat oor die verlede. As jy swart Suid-Afrikaners mal wil maak, praat daaroor soos F.W. de Klerk op CNN gedoen het,” – Jonathan Jansen, rektor van die UV.
Nuuskommentaar: Twiet-twiet, in die voet geskiet
Presies hoe laakbaar die kubervitrioel kan daal blyk daaruit as ʼn “debat” in die kuberruim losbars waarin mense wat hulself Christene noem oor geloofskwessies mekaar so bydam dat die eertydse Inkwisisiedrywers sou kon kom les neem.
Nuuskommentaar: Minderheidsregte en die ANC – en die getwiet van modelle
Minderheidsregte, per definisie, kan nie die regte van meerderhede bedreig nie. Minderheidsregte bestaan juis om die minderhede teen ʼn diktatuur van die meerderheid te beskerm.
Mdluli en die statutêre staatsgreep
Dit is nog gans te gou om afleidings te maak uit waarnemers se gewaarwording dat pres. Jacob Zuma die afgelope week hom skynbaar meer teruggetrek het, en wanneer hy wél sy verskyning maak en optree, soos by die begrafnisdiens van minister Roy Padayachie, hy lyk en klink soos iemand wat ‘n paar harde houe op die ken weg het.
Nuuskommentaar: Sondaars, e-tollenaars en die sondebok
Alli, as Sanral uitvoerende hoof, het op die oog af alles in sy vermoë gedoen om die deksel op die skynbare heksebrousel te hou. En dit lei nou tot ʼn reeks vrae…
Nuuskommentaar: Grondwetregters aangekla
Luisteraars na RSG se aktualiteitsprogram, Kommentaar, het waarskynlik onthuts regop gaan sit toe een van die deelnemers, dr. Piet Croucamp, gesê het dit is geen uitgemaakte saak dat die grondwetlike hof die omstrede inligtingswetsontwerp as ongrondwetlik sal verwerp nie.
Nuuskommentaar: Naamsveranderinge – Kan transformasie en versoening bedmaats wees?
Kan daar gelyktydig transformasie en versoening wees? Die vraag is nou relevant na die minister van kuns en kultuur, Paul Mashatile, tydens ʼn sake-ontbyt gesê het naamsveranderinge speel ’n kritieke rol in die regering se “transformasie-agenda”. Is hy onbewus van die nasionale akkoord waarop die nuwe grondwet gebou is, of is hy moedswillig?