Nuuskommentaar: Hoe gepas is Afrika-sentrisme?

Is die regering se beheptheid met Afrika-sentrisme, en in wese eintlik swart Afrika-sentrisme, nie op opvattings van ’n skyngeskiedenis geskoei nie? In die proses, so lyk dit, trek die inwoners wie se voorouers reeds vóór die swart mense in die land was, ’n baie kort lootjie, terwyl diegene wat daarna of tegelyk met die swart mense gearriveer het, soos vreemdelinge in hul eie land beskou word.