Nuuskommentaar: Apartheid, kolonialisme, Jan van Riebeeck en nou “kleinbasie” afgestof

Die Gautengse LUR van onderwys se neerhalende verwysing na “kleinbasies” is nie die eerste en laaste keer waar die regering taal- en kultuurkwessies verdag probeer maak het deur ras op bedenklike wyse daaraan te koppel nie. Die reaksie daarop moet met styl geskied, maar die taalvoorvegters moet ook weet hulle het ’n mandaat om hul kop uit te steek.

Nuuskommentaar: “Oproep” van selfbeskikking en gesinswaardes val nie uit lug nie

Oorsaak het gevolge, en as daar ’n inploffing van die Zuma-staatsbestel is, sal daar sekere kragte loskom. Die DA het pas die handhawing van gesinswaardes as beleid aanvaar, ’n tipiese reaksie op morele verval. Selfbeskikking kom weer terloops by die Solidariteit-beraad ter sprake, en geen links-liberale lawaai daaroor gaan dié aspek laat verdwyn solank dinge gaan soos dit nou gaan nie.