Terwyl internetghwarre mekaar vieslik oor Afrikaans slegsê en só die saak van Afrikaans benadeel, het ’n debat om twee ander groepe se metode ontstaan. Die een groep kan die kopstreel-groep genoem word, en die ander kan beskryf word as diegene wie se een hand in satyn geklee is terwyl die ander hand die swaard vashou. Die koppestamp kan hierdie week ’n klimaks bereik.
Nuuskommentaar: Julle skuld ons, daarom brand ons af
Daar is heelwat raakvlakke tussen onrus in Suid-Afrika en die uitbreek van geweld in Baltimore, waar die blaampolitiek gevoed word uit ’n gees van verslaentheid om uit die armoedesiklus te breek. Nou moet daar werk van gemaak word om te voorkom dat die voosgekneusde minderhede in Suid-Afrika nie ook op moedverloor se vlakte gaan sit nie.
Nuuskommentaar: SA boer agteruit, sê indekse
Gister was ’n donker dag vir Suid-Afrika se beeld oorsee toe die land op twee onafhanklike indekse die kreeftegang gegaan het. Suid-Afrika het op ’n beleggersvertrouensindeks en ’n persvryheidsindeks agteruitgeboer.
Nuuskommentaar: Is die aarde kwaad?
Die natuurrampe wat ons beleef is ironies ook ʼn aanduiding dat die aarde sy natuurlike lewensvatbaarheid behou, skryf Herman Toerien. Tog bly die lyn tussen ʼn lewensvatbare planeet en ʼn ander ragfyn – en nou beskik die mens boonop oor die vermoë om sy planetêre tuiste erge skade te berokken.
Nuuskommentaar: Zuma is reg – SA is siek, maar …
Soos wat ons gewoond geraak het, het pres. Jacob Zuma in sy Vryheidsdagtoespraak ook weer ruim blaampolitiek ingespan. Maar dié keer lyk dit tog of iemand hom gehelp het om die vinger op die werklike seer in die Suid-Afrikaanse samelewing te plaas. Gaan ons nou oplossings kry, soos beloof, of gaan adjunkpres. Cyril Ramaphosa nog ’n warm patat as hospitaal-“pass” kry?
Nuuskommentaar: Vryheidsdag: Was vryheid se prys te duur?
Vryheidsdag bied aan minderhede in Suid-Afrika, soos die Afrikaner, die geleentheid om te besin of hulle inderdaad ook in 1994 bevry is. Met al die water wat onder die brug deurgeloop het, is verwyte futiel, en is die tyd ryp om met meer nuanses na die werklikheid en die opsies te kyk.
Nuuskommentaar: Lesse vir Afrikaner uit eeu-herdenking van Armeense volksmoord?
Op die oomblik ervaar die Afrikaner ook iets van hoe die geskiedenis aangebied word om hom te verguis terwyl die impak van plaasmoorde byvoorbeeld afgewater word.
Nuuskommentaar: Afrikaans na Jurassic Park, of net die Afrikaner?
Is Afrikaans soos die beelde van sy eertydse helde skynbaar onafwendbaar vir ’n soort Jurassic Park bestem, of gaan Afrikaans tot in die mees moderne tegnologiese kuberruimte sy man staan?
Nuuskommentaar: Weg met pessimisme, nou gaan ons doen!
Hou op om in pessimisme te kritiseer en kla oor “niks” wat aan die verslegtende situasie in Suid-Afrika gedoen word nie. Steek die hande uit die noue en word deel van die oplossing. Ondersteun die doen-beraad wat Solidariteit vir 5 Mei beplan.
Nuuskommentaar: SA weer muishondland
Suid-Afrika het oornag die swartskaap in Afrika-geledere geword en meer en meer stemme van redelikheid van die regering word gehoor, maar net die tyd sal leer of dit die ANC tot nugter denke gaan skok om nie wanneer dit onder druk kom, instinktief blaampolitiek te bedryf en die rassetamboer te moker nie.
Nuuskommentaar: Kyk ook by xenofobie verby na groter prentjie
Vakkundiges uit verskillende vakgebiede het lank reeds die wiel ontwerp en presies bepaal wat aanleiding gee tot die soort geweld wat Suid-Afrika nou beleef. Ideologie en blaampolitiek veroorsaak egter dat die wiel deurentyd opnuut ontwerp probeer word, en dat reeds verpakte oplossings stof vergaar.
Nuuskommentaar: Afrikaans só uit die Grondwet gesteel
Die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap het pas sy taalbeleid volgens die Suid-Afrikaanse Talewet (SAT) vir kommentaar beskikbaar gestel, waarvolgens Afrikaans “afgeskaf” word, maar isiZulu en Sepedi wel saam met Engels tot hul reg kom. Maar is Sansa se optrede grondwetlik, of adem dit minstens die gees van die Grondwet? vra Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Die vreemdeling in ons poorte en vreemdelingehaat
Te midde van al die gewelddadige gebeurtenisse in Suid-Afrika is dit opmerklik dat selfs burgers van lande wat beter plekke as Suid-Afrika op die internasionale vredesindeks beklee, hul weg na Suid-Afrika vind. Hier word hulle dikwels die slagoffers van xenofobiese geweld, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Zuma se kop op die blok – Mbete
“Is die “dislojale en selfsugtige” mense in die ANC wat van Zuma ontslae wil raak, soos beweer deur die speaker, nie dalk juis die ANC se mees lojale ondersteuners nie?” wonder Herman Toerien
Nuuskommentaar: Die Z-vervaldatum
Groot uitdagings wag nou met Helen Zille se uittrede as leier op die DA. Ontleders verskil of die DA daardeur gaan baat of noustrop gaan trek. Wat wel waar is, is dat die land meer sou wen as dit die ander Z-faktor, Zuma, sou wees wat sy goed vat en loop.
Nuuskommentaar: Zuma het g’n benul van demokrasie
In die teenwoordigheid van Robert Mugabe het Zuma uitgehaal om te wys hoe rasbenepe hy self kan wees, en hoe min hy self van demokrasie weet, skryf Herman Toerien. Ook sy ampseed is vir ’n ses geslaan, en veral minderhede moet maar kennis neem dat Zuma se siening van “demokrasie” niks anders as ’n diktatuur van die (swart) meerderheid is nie.
Nuuskommentaar: Rassisme, kulturele terrorisme en (kulturele) volksmoord
Unesco het die vernietiging van antieke beelde deur die IS kulturele volksmoord genoem en ʼn dringende sitting van die Veiligheidsraad aangevra. Maar is Suid-Afrika onafwendbaar onderweg na iets soortgelyks, vra Herman Toerien
Nuuskommentaar: Neem Islam oor?
Die manier waarop Christene nou hul waardes handhaaf en verdedig kan baie bydra tot die wyse waarop Christene hanteer gaan word wanneer Moslems na verwagting teen 2070 meer as die Christene sal wees.
Nuuskommentaar: Die beeldenstorm
Solank daar ’n leieraangedrewe persepsie van wins in rasmartelaarskap gesien word, só lank gaan die land in ’n suigkolk van rasbeheptheid en rassisme vasgevang word, skryf Herman Toerien.
Nuuskommentaar: Van Riebeeckdag
Van Riebeeckdag, of Stigtingsdag, is nie meer ’n amptelike vakansiedag nie, maar pres. Jacob Zuma se onlangse onbekookte aanvalle op Van Riebeeck en die huidige era van “beeldenstorm” plaas die kollig tog sterk op hoe die geskiedenis vertolk moet word, skryf Herman Toerien. Word alles vernietig wat nie vlekkeloos tot die geskiedenis bygedra het nie, bly net erg gepolariseerde gemeenskappe oor.