Nuuskommentaar: Het SA Aprilgekland geword?

Om Aprilgekstories op 1 April te verkwansel is nie die groot kuns nie – in ’n land met sulke sirkusafmetings is dit ’n veel groter kuns om die onwaarskynlike waarheid as ’n werklike nuusstorie te verkwansel, skryf Herman Toerien. Met ’n regering met pres. Jacob Zuma aan die spits is bykans enigiets moontlik, blyk uit die reaksie op gister se Aprilgekstories.

Nuuskommentaar: Ons Christelike verantwoordelikheid teenoor vervolgde Christene

Paasfees is nie maar net die tyd vir die paashaas en paaseiers en ’n jaarlikse langnaweek met ’n padslagting nie, maar die Christendom se belangrikste fees op die kalender. In die Midde-Ooste en elders word Christene egter steeds periodiek vervolg, soms weens die optrede van Christene in die Weste. Ons het ’n biddende verantwoordelikheid teenoor hierdie Christene, skryf Herman Toerien.

Nuuskommentaar: Weer kwotaseisoen

Op dieselfde dag as wat ’n gebore Suid-Afrikaner die wenlopies teen sy geboorteland in die Wêreldbekerkriekettoernooi geslaan het, het die parlementêre sportkomitee die rugby-afvaardiging weens hul “wit gesigte” bygeloop en op meer kwotarugby aangedring. Dit terwyl bykans alle internasionale sportliggame, rugby en krieket inkluis, politieke inmenging en rassisme in dié sportsoorte verbied.

Nuuskommentaar: Oorleef Zuma werklik mosie van wantroue en het Afrikaner belang daarby?

Het die Afrikaner werklik belang by die wantrouedebat in die parlement teen pres. Jacob Zuma? Terwyl die Afrikaner en sy saak min of meer in die debat verswyg word, is talle Afrikaneroë op Vrydag 20 Maart gerig wanneer die raad van die Noordwes-universiteit waarskynlik belangrike besluite gaan neem, terwyl dit ook die keerdatum is waarop prof. Jonathan Jansen en die UV op ʼn regskennisgewing vir  ʼn eis van R1 miljoen moet reageer, skryf Herman Toerien.

Nuuskommentaar: Fees terwyl Rome (Oudtshoorn) brand

Steve Hofmeyr mag nie op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) optree nie, maar die KKNK se ringkoppe het nog nie ’n woord gesê oor die ANC-beheerde munisipale raad wat 14 maande laas ’n raadsvergadering gehou het, en nou deur Eskom gedreig word dat die dorp se krag afgesny gaan word nie. Moet kunstenaars, as die gewete van die volk, nie hul kunstenaarsvryheid gebruik om die werklike onregte in die gemeenskap aan te spreek nie, vra Herman Toerien.

Nuuskommentaar: Zuma op die rooi tapyt

Daar kan nie veel van die inhoudelike sy van pres. Jacob Zuma se antwoordsessie aan die parlement môre verwag word nie, maar dit neem ook nie die belangrikheid van die geleentheid weg nie. Hoe die president en die opposisiepartye dit gaan hanteer, gaan in groot mate bepaal of die publiek se vertroue in parlementêre regering gaan groei of taan, skryf Herman Toerien.