Die sogenaamde inentingsreël sal bepaal tot watter mate personeellede en studente by die universiteit kan werk en studeer na gelang van hul inentingstatus.
Man aangekla van moord op juffrou
Sabina Nessa sou die aand vriende by ʼn plaaslike kroeg in Londen ontmoet het, maar het nooit vir die afspraak opgedaag nie.
Ondersoek na brande in Noord-Kaap gevra
Daar is verskeie bewerings dat die brande wat dié provinsie die afgelope twee maande teister, moontlik gestig is.
Kyk: Skaap met kunspoot, g’n wolhaarstorie
Dolly word beskou as die eerste skaap in Suid-Afrika met ’n kunspoot.
Clive Bruce ‘dankbaar om te leef’ ná hartoperasie
“Die oomblik toe sy by die huis kom, het ek vir haar gesê: ‘Lovey, vat my hospitaal toe, ek dink ek kry ʼn hartaanval’.”
Boervrou dood aanvaller met sy eie knopkierie
Een van die egpaar se skaaphonde is dood aangetref.
‘Enorme agterstand’ weens justisie se gekraakte IT-stelsel
Eksekuteursbriewe is steeds onder die dokumente wat nié uitgereik kan word nie en die voogdyfonds vir minderjarige kinders is ontoeganklik.
Jong vrou vasgekeer toe motor in dam beland
Reddingswerkers het aanvanklik gedink dat daar ook ʼn baba in die voertuig was.
Trok vol chemiese middels bots met motors
Paramedici moes ʼn man en vrou uit ʼn brandende motor bevry.
Kimberley-brande ‘voorlopig’ onder beheer
Vlamme het glo reeds sowat 100 000 ha verswelg.
R Kelly skuldig bevind
Die R&B-sanger sal in Mei aanstaande jaar gevonnis word en kan die res van sy lewe agter tralies deurbring.
Eerste somerreën op pad
“Die reën sal oor meeste dele van die land vir net ʼn paar dae duur, maar die moontlikheid bestaan dat dit eers teen einde volgende week sal opklaar.”
Rand Water waarsku oor tekorte
Suid-Afrika is een van die droogste lande ter wêreld, maar gebruik nietemin van die meeste drinkwater.
Soldate beseer toe militêre voertuig omslaan
Die SAMil 20 het na bewering van ’n brug afgetuimel.
Blouligskandaal: Saak opnuut uitgestel
Altesaam 13 beskuldigdes staan tereg op aanklag van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery.
Tekort aan vragmotorbestuurders in SA dreig
Dié toedrag kan gevaarlike tekorte aan belangrike voorraad tot gevolg hê.
Rian se kop staan parlement toe
Van Heerden het die aankondiging in sy omroeperstoel in die JacarandaFM-ateljee gemaak.
Cradock-4 se families eis antwoorde by vervolgingsgesag
Dié stap kom nadat die saak reeds langer as 30 jaar sloer.
Oorwinning vir Sosiaal-Demokrate; onsekerheid wink
Angela Merkel se party het naelskraap teen die Sosiaal-Demokrate verloor en die toekoms van Duitse politiek is onseker.
Lewenslank vir nutsman wat ma, dogter vermoor
Die nutsman was soos ʼn kind in die vrou se huis.