ʼn Roudiens word Donderdag vir Annemarie Botha en haar seun, Ruan, gehou nadat hulle wreed op ʼn plaas buite Nelspruit aangeval en vermoor is. ‘n Groot beloning is intussen ook uitgeloof in die soektog na hul moordenaars.
Covid-19-statistieke: Meer as 1 200 nuwe gevalle
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak.
Borgtog geweier ná grumoord op paartjie
Die paartjie van Limpopo se liggame is verlede jaar langs hul destyds een jaar oue baba aangetref.
Piet Retief: Uitspraak oor borgtog dán gelewer
Die beskuldigdes sal na verwagting voor die naweek hoor of hul aansoek om borgtog toegestaan word al dan nie.
Wes-Kaapse DA-leier bedank
Die DA het Bonginkosi Madikizela se bedanking as “eerbaar” bestempel.
DNS verbind man aan byna 60 verkragtingsake
Die verdagte kan boonop moontlik met nóg 40 ander sake verbind word.
Toename van Covid-19 in sekere provinsies pla
Die gevreesde derde golf Covid-19-infeksies kan kleiner as die tweede virusgolf wees mits…
Dinge het ‘verskriklik’ verkeerd geloop – Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag, tydens sy getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping, dikwels in breë of vae trekke geantwoord.
‘BSV’ se boer Johan (64) sterf weens Covid-19
“Ons dink aan sy familie, kinders en kleinkinders in hierdie moeilike tyd.”
Mango mag weer vlieg ná onderhandelings
Die redery is Woensdag verbied om te vlieg weens uitstaande skuld.
Liggaam van ontvoerde onderwyseres gevind
“Die verdagte het die polisie na ’n vlak graf in die erf geneem.”
Aanstellings moenie gedoen word omdat kandidaat ‘naby aan ANC is’
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag die ANC se kaderontplooiingskomitee verdedig deur onder meer te verwys na die aantal vroue wat in topposte aangestel is.
Gewapende mans help talle gevangenes ontsnap
Die voertuig wat die gevangenes vervoer het, is deur swaar gewapende mans oorval.
Nuuskommentaar: Wat is die voorwaardes vir vryheid(sdag)?
Vryheidsdag behoort na ʼn beter toekoms, eerder as ʼn slegte verlede, te kyk. Tog het president Cyril Ramaphosa se Vryheidsdagboodskap steeds vasgehaak by die verlede.
Covid-19-adviesraad wou nooit derde drankverbod hê
Die regering het ten spyte van dié aanbeveling en die drankbedryf se pleidooie ’n algehele alkoholverbod van vyf weke lank ingestel.
Skadelike alge bedreig krokodille in wildtuin
In 2008 het meer as 200 krokodille gevrek toe ʼn soortgelyke uitbreking van alge in die rivier voorgekom het.
Een dood, drie beseer in botsing aan Oos-Rand
ʼn Vyfjarige meisie is per helikopter na die hospitaal vervoer.
Ramaphosa: ‘Ek is nie hier om verskonings te maak’
“Staatskaping het onder ons as regerende party plaasgevind,” sê die president.
Drie met gesteelde renosterhoring betrap
Die renosterhoring wat in die drie se besit was, is R500 000 werd.
Ma verdrink kinders om hulle te ‘beskerm’
Die kinders se pa beweer die ma was sielkundig onstabiel en hy het vroeër in die hof gesê dat sy ʼn gevaar vir die kinders inhou.