Só lyk nuwe, aktiewe gevalle nou.
Versoek vir druk op premier ná Lesufi se uitlatings
Dit volg nadat Panyaza Lesufi na bewering tydens ’n vergadering stellings gemaak het wat daarop dui dat hy inmenging in tenderprosesse aanmoedig.
1 800 ontsnap uit Nigeriese tronk
Inwoners leef in vrees in die suidooste van Nigerië ná gewapende mans Maandag op ʼn gevangenis toegeslaan, meer as 1 800 gevangenes bevry en ʼn polisiestasie geplunder het.
Dienslewering in duie, maar munisipaliteit weier vergaderings
“Hulle versuim om die minimum te doen is ‘n klap in die gesig van inwoners wat daagliks gebuk gaan onder die gebrek aan basiese dienslewering.”
Petrolprys: Meer as R17 per liter gaan werkers swaarste tref
Die verhoogde brandstofheffing en ander prysverhogings beteken petrol gaan jou vanaf middernag vanaand meer as R17 per liter uit die sak jaag.
Deurbraak ná paartjie se moord in gastehuis
Die polisie het ʼn deurbraak gemaak in die saak van ʼn paartjie wat byna ʼn jaar gelede dood aangetref is in ʼn badkamer op ʼn gastehuisplaas naby Kareedouw in die Oos-Kaap.
Talle sterf in KZN-ongeluk
Minstens sewe persone is Dinsdagoggend dood op die R34 tussen Vryheid en Ulundi in KwaZulu-Natal.
Pa uit koma ná sny tydens visvanguitstappie
“Dit was nie ’n baie groot sny nie en hy het hom nie veel daaraan gesteur nie. Hy het verder visgevang.”
Byna 300 in Kaapstad aangekeer
Kaapstadse wetstoepassers het ʼn besige week agter die rug en het veral oor die Paasnaweek talle mense vir verskeie oortredings in hegtenis geneem.
DA na MRK oor slakkepas met inenting
Gwarube sê die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, pak deurlopend die skuld op eksterne en buitelandse faktore vir die gebrek aan voorraad. Volgens haar was Suid-Afrika se pogings om entstof te koop egter uit die staanspoor stadig en kom dit in horte en stote hier aan.
‘Reusesege’ in ivermektien-hofsaak
Die regter het bykomend beveel dat Sahpra elke drie maande aan die hof verslag moet doen oor die stand van sake rondom enige verwikkelings met ivermektien.
Simba gaan gewilde skyfiegeur laat vaar
Verbruikers sal moet kies tussen drie van Simba se gewildste geure.
Twee wetstoepassers vir ‘omkopery’ aangekeer
Die beamptes het onderskeidelik R100 en R200 omkoopgeld van motoriste geëis.
Rowers vlug met miljoene in Upington-rooftog
“Die mans het uit die motor geklim en die veiligheidswagte met vuurwapens gedreig.”
Suez-opeenhoping plaas hernieude klem op diere se lot ter see
Duisende diere het die afgelope paar jaar weens voorvalle ter see gevrek.
Twee sterf wat onder munisipale bus beland
Die munisipaliteit gaan berading verskaf aan diegene wat die voorval gewaar het.
Muishonde ongedeerd ná saamrygeleentheid in enjin
Die diertjies het oënskynlik slaapplek in die BMW se onderstel gesoek.
Skenkings help vrou weer stap ná bus haar omry
In Oktober 2019 is sy in Pretoria deur ʼn munisipale bus omgery toe sy ʼn straat oorgesteek het. Die bus het haar getref en sy het onder die bus ingerol.
Vermiste Secunda-man se liggaam in Nigel gevind
Kringtelevisiebeeldmateriaal wys hoe Jacobus Rudolph oënskynlik deur ʼn ander voertuig agtervolg word.
Kunsteraad vra hof om sitstakers te laat loop
Die groep kunstenaars beset al 35 dae lank die raad se kantoor nadat hy vroeër R300 miljoen ter noodfinansiering aan die kunstebedryf bewillig het, maar nou versuim om die geld uit te betaal.