Mense het hul toerusting by hulle afgeneem en hulle beledigings toegesnou.
Covid-19: ANC se verjaardagvieringe van die baan
Die regerende party vier volgende jaar sy 109de bestaansjaar.
Wag, omstander gewond ná mislukte transitoroof
Die verdagtes het twee keer tevergeefs probeer om die geldwa op te blaas voordat hulle met leë hande op die vlug geslaan het.
Opname: Duisende vakansiegangers kanselleer hul besprekings vir Tuinroete
Die Tuinroete is die afgelope week altesaam R3 927 219 in aanlyn besprekingswaarde kwyt.
Vier vas ná moord op boer (85)
Die verdagtes het ná die plaasaanval op die vlug geslaan en was byna ’n week lank soek.
Smithfield-plaasmoord: Saak teen 2 teruggetrek
Die onlangse moord op Poenkie Bisset is die tiende plaasmoord sedert April vanjaar in die Vrystaat.
Berugte polisiemoordenaar doodgeskiet
Die oorlede verdagte was na bewering ʼn huurmoordenaar wat ook taxi- en politieke sluipmoorde uitgevoer het.
Ramaphosa eersdaags voor Zondo-kommissie
Die ANC sal as regerende party ook voor die kommissie moet verskyn.
Uber Eats-staking tot Woensdag uitgestel
Afleweringsbestuurders in Gauteng het Vrydag hul dienste gestaak in protes teen die verlaagde fooie wat per aflewering aan bestuurders betaal word.
Covid-19: Lande begin ook hul grense vir SA sluit
Duitsland is een van verskeie lande wat nou reisigers vanaf Suid-Afrika verbied nadat ’n nuwe variant van die koronavirus ook hier kop uitgesteek het.
Byna 3 000 verdagtes in Limpopo vas
Onder hierdie verdagtes is ʼn 34-jarige vrou wat na bewering twee persone betaal het om haar man te vermoor.
Krisisfonds help duisende ondanks slenter
“Deur ʼn slenter oor gemeenskapsinisiatiewe soos die Krisisfonds te versprei, doen nie net afbreuk aan die enorme verskil wat die fonds teweeggebring het nie, maar dit werp ook ʼn skadu oor die gemeenskap se ywer vir die saak.”
Span sal sonder ‘Chinese toesig’ koronavirus-oorsprong ondersoek – WGO
Die WGO werk al maande lank daaraan om ’n span van tien internasionale kundiges, onder wie epidemioloë en spesialiste vir dieregesondheid, na China te stuur.
Covid-19: Dié lande verbied nou reis vanaf VK weens nuwe variant
Dit volg nadat ’n meer aansteeklike variant van die koronavirus in die Verenigde Koninkryk uitgebreek en sedertdien “buite beheer” versprei het.
Polisieman geskiet toe hy op inbraak reageer
Polisiebeamptes het Saterdagnag op ’n alarm gereageer nadat daar by die poskantoor in Gonubie ingebreek is.
Covid-19-statistieke: Só lyk jongste gevalle, sterftes
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die jongste Covid-19-statistieke bekend gemaak. Suid-Afrika beleef tans sy tweede golf infeksies.
Kommer oor invloed van aandklokreël op lugvaartbedryf
Daar is die afgelope week berig dat tientalle vlugte gekanselleer is weens die wysiging aan die aandklokreël.
36 onwettige mynwerkers vas ná geweld
Een van die verdagtes is geskiet en gewond nadat hy glo nie gehoor gegee het aan ʼn bevel om sy vuurwapen te laat val nie.
Twee hoogswanger vroue vermoor
In een van die voorvalle het ‘n verlate motor langs ‘n hoofweg en bloedspatsels gelei tot die ontdekking van ‘n hoogswanger vrou se liggaam.
Duitsland oorweeg om vlugte van VK, SA te verbied
Duitsland oorweeg dit om vlugte van die Verenigde Koninkryk en Suid-Afrika te verbied ten einde die verspreiding van nuwe en meer aansteekliker Covid-19-variante te voorkom.