Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het na konsultasie met verskeie rolspelers besluit om die datums waarop maatskaplike toelaes betaal word te verander.
Covid-19-hulp: DA win regsadvies in oor raskriteria
“Dit maak ’n bespotting van die president se pleidooi dat Suid-Afrikaners in die stryd teen ’n gemeenskaplike vyand verenig.”
Covid-19-sterfgevalle styg in SA
Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Woensdagaand die jongste Covid-19-statistiek vir Suid-Afrika bekend gemaak.
Regshulppakket vir klein ondernemings beskikbaar gemaak
Die sakegroep, Sakeliga, het Woensdag ʼn regshulppakket vir informele, klein en mediumgrootte ondernemings aangekondig, vir die voortsetting van “noodsaaklike sakebedrywighede”.
Tsjernobil-brand woed voort
Owerhede in Oekraïne het die span brandbestryders verdubbel waar ʼn brand al vyf dae lank hoofsaaklik in die onbewoonde Tsjernobil-uitsluitingsone voortwoed.
Sasol verminder produksie oor daling in vraag na brandstof
Bedrywighede by Sasol se Natref-raffinadery in Sasolburg word vanaf Donderdag opgeskort tot verdere kennisgewing.
Nege maande oue baba toets positief vir Covid-19
ʼn Nege maande oue baba het positief getoets vir Covid-19 in Ethiopië.
66 Covid19-gevalle, 4 sterftes by een hospitaal
‘n Span spesialiste sal die onderliggende oorsaak en aard van die uitbreking by die hospitaal ondersoek.
SEB: Solidariteit reg vir hofsaak ná teenstand
“Dit is duidelik dat die regering weier om afstand te doen van sy rasse-ideologie, selfs in ʼn tyd van nood.”
Vervaardigers van skaars produkte gevra om aan te meld
Die vervaardigers en verskaffers van tien produkte waarin Suid-Afrika ‘n tekort ondervind is gevra om dringend met die nasionale tesourie in aanraking te kom sodat dit spesifiek vir die bekamping van die koronavirus (Covid-19) bekom kan word.
ANC-burgemeester geskors oor ‘boesman’-uitlating
In ʼn video kan gesien word hoe Speelman lede van die weermag aanmoedig om inwoners te “skop en d*nner”.
Sakeliga skep aanlyn platform vir noodsaaklike dienste
Noodsaaklike diensverskaffers kan hulle op dié platform lys en verbruikers kan sien wat tydens afsondering beskikbaar is.
Brugbaba ‘kies’ agtersitplek van motor
“Ek het my handskoene aangetrek en die baba gevang.”
Die wêreld in foto’s – 8 April 2020
Só lyk Nederland se pragblomme in Italië.
Foto’s: Só lyk grootste supermaan van 2020
Só lyk die besonderse supermaan.
Minister ‘spyt’ oor verontagsaming van afsonderingsreëls
“Ek hoop die president en Suid-Afrikaners vind dit in hul harte om my te vergewe.”
Covid-19-samevatting: Vavi uit hospitaal ontslaan
Die algehele landwye afsondering in Wuhan in China is Woensdag ná 76 dae gelig.
Polisieman in hof na hy glo vriendin doodskiet
Die voorval het by die polisie-barakke in die Pretoriase Moot plaasgevind.
Algehele afsondering: ‘Indiensnemingskatastrofe’ dreig
Die regering moet dringend wegdoen met die konsep van “noodsaaklike dienste” en enige sakeonderneming toelaat om sy bedrywighede voort te sit as dit nie ʼn ernstige gevaar vir openbare gesondheid inhou nie.
Eerste plaaslike Covid-19-genoom bied belangrike insae
Navorsing wys dat die virus waarskynlik oorgedra word deur mense wat tussen Suid-Afrika, Amerika en Europa reis.