Suid-Afrikaners kan verwag om die res van die week krag te hê, maar moet liefs nie die kerse té diep bêre nie.
Gebrek aan vonnisopleggings vir ontvoerings kommerwekkend
Die getal vonnisopleggings het gedaal vanaf 36 in die 2017-’18-boekjaar tot 12 vandeesjaar.
Miljarde se reddingsboei aan Eskom verstom
Die Nasionale Vergadering het Dinsdag ten gunste van ’n spesiale toedelingswetsontwerp gestem wat ʼn reddingsboei van R59 miljard aan die sukkelende Eskom toestaan.
Mbalula nié bekommerd oor opgeskorte vlugte
Die minister van vervoer was min getraak deur die onlangse opskorting van vlugte en glo dat bedrywighede teen die einde van die week na normaal sal terugkeer.
Verkragting van kleuter van hofrol geskrap, DA woedend
Die saak teen ʼn vermeende verkragter van Boksburg is van die hofrol geskrap weens ʼn tekort aan bewyse. Dié besluit het die DA warm onder die kraag.
Mynhuis hof toe oor grondgrype in Westonaria
Die honderde onwettige plakkers wat die afgelope week hul intrek op myn- en private grond buite Westonaria geneem het, kan nie langer geduld word nie, het die VF Plus Dinsdag gesê.
Hillside, Tarlton loop deur onder verwoestende brande
Veeweiding en landerye is Maandag in Tarlton buite Krugersdorp in Gauteng vernietig en die gemeenskap moes inspring en help om die brand te blus wat deur sterk wind aangeblaas is.
Miljoene rand se daggavonds in Springbok gemaak
Die polisie van Springbok in die Noord-Kaap het ʼn groot deurbraak gemaak in dwelmhandel toe twee verdagtes in hegtenis geneem is met dagga ter waarde van ongeveer R2 miljoen.
Comair hervat bedrywighede
Comair het gesê bedrywighede sal na verwagting Woensdag weer hervat by dié lugdiensgroep.
Twee vas oor gewapende roof met speelgoedpistool
Die beamptes het van hul eie geld vir die slagoffer gegee sodat hy kan terugkeer huis toe.
Wetswysigings wil proses van pleegsorg vergemaklik
Die regering is op die punt om ʼn wysigingswetsontwerp op kinders by die parlement in te dien wat groot veranderings aan pleegsorg in Suid-Afrika sal behels.
Studente deur ‘polisielede’ afgetrek, beroof
Twee studente aan die Universiteit van Pretoria is Dinsdag op pad huis toe deur mans in polisieuniform beroof.
Jody Scheckter se 21-jarige dogter dood
“Ila is te gou uit ons lewens geneem en die pyn wat ons familie voel, is ondraaglik.”
Unisa-kampus gesluit weens betoging
Hulle voer aan die geboue is nie ʼn geskikte werkplek nie.
Sowat 1 200 dakloos ná brand in nedersetting uitbreek
Twee mense is dood en meer as 1 000 mense dakloos gelaat nadat ’n brand by Die Vlei naby Athlone in die Wes-Kaap uitgebreek het.
Tronkstraf vir ‘kruieplukker’ met wapen in wildtuin
Carlos Sithole (38) het volgehou hy was besig om kruie te pluk as deel van sy opleiding as tradisionele geneser toe hy in 2017 in hegtenis geneem is.
Wolraad Woltemade: Waar of wolhaar?
“Dit ís die waarheid en ek het die bewyse,” sê Yolanda Lindeque-Strauss wat ná jare se navorsing ʼn rolprent oor Wolraad Woltemade die lig wil laat sien.
Tyd loop uit vir indien van belastingopgawes – SAID
Tydens die rekonsiliasieperiode moet elke werkgewer die bedrae bevestig wat hy in die eerste ses maande van die jaar betaal het.
‘Sagmoedige reus’ voor gim in Ekurhuleni vermoor
Die motief vir Reed se moord is nie in dié stadium bekend nie.
Meer as 1 000 poste vakant in SA howe
Daar is tans 889 vakante poste in die laer howe en 163 vakante poste in die hoër howe. Van hierdie poste is boonop ‘n jaar lank reeds vakant.