Ou Kaapse Weg in Steenberg in die suide van Kaapstad sal Saterdagoggend tot minstens 10:00 gesluit wees ná ʼn ongeluk wat minstens nege persone se lewens geëis het.
Parlement nader aan reëls om OB mee te verwyder
Die parlement behoort teen aanstaande maand nuwe reëls in plek te hê om leiers van artikel 9-instellings wat nie die mas opkom nie, mee te verwyder, nadat goeie vordering met die opstel van sulke reëls vanoggend in die parlementêre reëlskomitee gemaak is.
Tieners vas wat glo 10-jarige skiet
Drie tieners sal na verwagting Maandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag dat hulle ʼn 10-jarige meisie geskiet en haar selfoon gesteel het.
Ma gevonnis oor moord op haar vier kinders
ʼn Ma is Vrydag in die hooggeregshof in Mpumalanga gevonnis op aanklag dat sy haar vier biologiese kinders, twee dogters (onderskeidelik agt en vier jaar oud), en twee seuns (sewe jaar en 11 maande oud) in Desember 2018 in Witbank vermoor het.
Mboweni erken probleme in munisipaliteite
Die minister van finansies, Tito Mboweni, het toegegee dat die nasionale tesourie verskeie probleme ondervind om munisipaliteite te help om hul finansiële bestuursprobleme op te los, ten spyte van die gebruik van peperduur tegniese adviseurs.
Ses sterf in KZN-ongeluk
Ses persone is Vrydagmiddag dood in ʼn ongeluk in Nkanyezini in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
‘Baasbrein’ in Mooinooi-saak oorlede
Koos Strydom, die vermeende baasbrein in die moord op Joey en Anisha van Niekerk, is Vrydagmiddag om 13:20 oorlede.
Wêreldbeker: Die openingseremonie in foto’s
Die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi het vandag afgeskop. Die toernooi vind oor 44 dae plaas, altesaam 20 spanne neem deel en die eindstryd vind op Saterdag 2 November plaas.
Slimkop bou kunshand wat met denke beweeg
ʼn Slimkop van Schweizer‑Reneke in Noordwes het ʼn plan beraam om die probleme van indringende chirurgie, uitsonderlike duur kunsledemate en afvalplastiek, wat net aanhou ophoop, met een wetenskapprojek op te los.
Ou vlag: AfriForum se aansoek om appèl geweier
“Nadat die gronde van die appèl en die argumente van die advokaat oorweeg is sonder om die dele van die uitspraak te herhaal, word die appèl van die hand gewys.”
‘Baasbrein’ in Mooinooi-saak nie oorlede
Daar is intussen ook bewerings dat Strydom gif of pille ingekry het en dat hy sy eie lewe probeer neem het.
Roodeplaatdam nou ‘een groot slikdam’
Die gemeenskap langs die erg besoedelde Pienaarsrivier en Roodeplaatdam in Gauteng het selfs onlangs die Menseregtekommissie (MRK) gevra om te help.
Amy-Leigh-ontvoering: Twee vroue in tronk gedreig
Die vroue voer aan die gevangenes saam met wie hulle aangehou word, het die regstreekse uitsending van die borgtog-verrigtinge gevolg.
Die wêreld in foto’s – 20 September 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Amy-Leigh-ontvoering: Trane in die beskuldigdebank
Nel het begin huil toe besonderhede bekend gemaak is van haar twee minderjarige kinders wat ná haar inhegtenisneming in die sorg van hulle pa geplaas is.
Jong boer van die jaar kan (byna) alles met tang, draad regmaak
“Ek sal graag onthou wil word as ʼn eerlike persoon wat altyd sal help en graag betrokke wil wees,” sê boer.
Suid-Afrikaners is plesierig, maar drink dalk té veel?
Vir baie jong mense, veral studente, is die punt van drink om dronk te word, maar saam met dronkenskap kom talle gevare.
Oudlid van Skerpioene in hof oor ‘bom’ by Menlyn Maine
Hy het in die laat 80’s by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin werk en later by die destydse Skerpioene aangesluit.
Verdagte in hof vir moord op emeritus-predikant
Die verdagte het ooggetuies se beskrywing gepas van ’n vreemde man wat die dag voor Barnard se moord in sy erf opgemerk is.
Nuuskommentaar: Rassisme, versoening, inkomstegaping, restitusie, taalregte en Lesufi
Wie en wat stook kwaad in die land, en wie of wat bou aan ’n klimaat van versoening?