“Hier by Myne Maatjies kom die kinders regtig eerste. Ek wil net weer eens sê, baie jammer.”
Polisie slaan toe op sowat R2,5 m se dwelms
Daar is onder meer op 187 rondes ammunisie, 4,5 kg tik, 1 600 Mandrax-tablette, 70 Ecstacy-tablette, 900 g kristal-metamfetamien en 900 g kokaïne beslag gelê.
Nasionale gesondheidsversekering: Geen omdraaikans, sê Ramaphosa
Die president het gister vrae beantwoord, onder meer oor die omstrede NVG, wat volgens die regering ongelyke toegang tot gesondheidsorg gaan beëindig. “Ons word gevra om ʼn stelsel te behou wat die meerderheid van Suid-Afrikaners ontneem van toegang tot dokters en spesialiste … ons moet eenparig nee sê daarvoor,” het Ramaphosa gesê.
Foto’s: Hartseer gesig in St. Francisbaai
Die brand wat Donderdag in St. Francisbaai aan die Oos-Kaapse kus uitgebreek het, was teen gisteraand heeltemal geblus, maar het ʼn spoor van verwoesting agtergelaat.
VSA gee miljoene vir ontginning van aardgas in SA
Die Amerikaanse regering het Donderdag aangekondig hy het ʼn lening van net meer as R600 miljoen ($40 miljoen) toegestaan aan die energiemaatskappy Renergen om aardgas en helium by Virginia in die Vrystaat te ontgin.
Skok oor vier in N1-ongeluk sterf; 15 beseer
Die Gautengse LUR vir vervoer en paaie het sy skok uitgespreek oor die grusame ongeluk op die M1 Noord wat Donderdagoggend die lewe van vier padgebruikers geëis en 15 ander beseer gelaat het.
Ouers van dié kinders woedend na ‘grap’ op radio
“Dit is ʼn groot storie, niks daaromtrent is ʼn grap nie.”
Jhb-burgemeester oorleef mosie van wantroue
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Donderdag ʼn mosie van wantroue teen hom oorleef ná die ANC die mosie teruggetrek het.
Moordverdagte vas toe hy glo taxi wou kaap
ʼn Derde verdagte in die saak van die moord op Karl Reich (82), is Donderdag in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem ná hy glo ʼn taxibestuurder vroegoggend probeer kaap en die bestuurder geskiet het.
Old Mutual se uitvoerende hoof weer afgedank
Old Mutual het Donderdag gesê hy het sy uitvoerende hoof, Peter Moyo, weer afgedank terwyl die finansiëledienstemaatskappy poog om ʼn hofuitspraak tersyde te laat stel wat sy oorspronklike afdanking ongeldig verklaar het.
Vosman-moord: Beskuldigde hoor sy lot
Themba Josiah Thubane (41) sal Vrydag in die rondgaande hof in Middelburg gevonnis word op ʼn reeks aanklagte, waaronder huisbraak, ontvoering en moord.
Ramaphosa ondersteun Die Stem in die volkslied
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag in die parlement sy steun uitgespreek vir die behoud van die deel uit Die Stem in die nasionale volkslied.
Leeuwelpie in Kaapstad-buurt gered
ʼn Leeuwelpie is na ʼn plek van veiligheid geneem ná dit in Athlone, Kaapstad gevind is.
Huise verwoes in brand by St Francisbaai
Minstens agt huise is Donderdag verwoes tydens ʼn veldbrand in St Francisbaai in die Oos-Kaap.
Kabinet vra insette oor NGV
Die kabinet het alle Suid-Afrikaners gevra om insette te gee oor die omstrede nuwe nasionale gesondheidsversekering (NGV) noudat die konsep-raamwerk daarvoor gepubliseer is.
Seuntjie brand erg: ‘Ons kort net gebede’
Logan se gesig het gebrand, asook ook ʼn groot gedeelte van sy regterarm en hand. Daar is ook brandplekke op sy ander arm en een been. Hy word steeds onder sterk verdowing gehou.
Ouers haas na dagsorg oor video’s op sosiale media
Daar kan in die video’s gesien word hoe verskeie personeellede kleuters herhaaldelik oor die kop slaan. Ander word weer met ʼn besem of ʼn mop verjaag.
3 studente vas ná protesaksie by Fort Hare
Vyf studente is ook beseer nadat studente en polisiebeamptes buite die universiteit se hoofhek slaags geraak en die polisie met rubberkoeëls op studente geskiet het.
Peperduur landgoed opgeveil om witrenosters te help red
Behalwe vir groot uitbreidingsmoontlikhede as ʼn nasionale en internasionale toerismebestemming, gaan die koper van Mauricedale-natuurlandgoed ook ʼn sleutelrol speel om die toekoms van die ikoniese witrenoster te verseker – ʼn nalatenskap waarop enige natuurliefhebber trots kan wees.
Nóg ʼn haatspraaksaak: BLF daag nie op
Die klag het gevolg nadat Lindsay Maasdorp, die BLF se woordvoerder, die tragiese dood van vier jong leerlinge op sosiale media gevier het.