Dié video is na bewering vroeër vandeesweek by Hoërskool Monument in Krugersdorp geneem waarin een leerder ʼn ander takel terwyl talle leerders bloot toekyk.
2 van Tsogo Sun vas vir bedrog
Altesaam 259 aanklagte van bedrog staar die mans in die gesig.
Gemeenskap maak harte oop om Moloto-slagoffer te help begrawe
Nadat dit aan die lig gekom het dat die gesin nie genoeg geld het om Rochelle te begrawe nie, het die gemeenskap dadelik ingespring om te help.
Vrystaatse staatsamptenare eet staatsbates op
Die doel van die vee is uiteraard om mee geboer en geteel te word; nie om opgeëet te word nie.
Afgetrede katamaran-vervaardiger in huis vermoor
Hy is in die sitkamer aangetref waar hy gesig na onder gelê het. Sy hande was vasgebind en sy mond toegeplak.
Tweejarige sterf in ongeluk buite Graaff-Reinet
Die ongeluk het kort na 03:00 Vrydag op die pad tussen Aberdeen en Graaff-Reinet gebeur.
Saak teen Gert Burger-moordverdagtes voorlopig van hofrol verwyder
Sy het gesê sy kan net met lof praat van die polisie se ondersoekwerk, asook dié van die aanklaers betrokke. “Daar is altyd nog hoop.”
Twee vas oor R5 miljoen se Mandrax
Die polisie het op altesaam 77 500 Mandrax-tablette beslag gelê.
Vrou vertel ná verkragting: ‘Ek moes oorleef om my storie te vertel’
Toe sy opkyk, staan hy in die deur. “Ek het geskrik. Dit was ‘n breukdeel van ‘n sekonde toe is hy binne en het hy die deur gesluit, en hy het op my gespring en my begin wurg.”
Video: Bolhuis vra ‘nederig om verskoning’ oor stemopname
“Daar is baie woorde wat ʼn ou kan gebruik, daai woorde was onvanpas en onnodig.”
Nuwe ANC-leierskap in Wes-Kaap gaan hande vol hê
Maar die nuwe span wat dinge moet regruk, bevat die presiese verdelingslyne wat die provinsiale ANC lamgelê het.
Drie van ‘renosterhoring-sindikaat’ vas
Die Valke het drie verdagtes wat glo die baasbreine agter ʼn beweerde renosterhoring-sindikaat is, in Gauteng in hegtenis geneem.
Polisiebeampte doodgery toe hy van kollegas vlug
ʼn Speurder-sersant is deur ʼn vragmotor doodgery nadat hy glo van lede van die polisie se teenkorrupsie-eenheid gevlug het toe hulle hom in hegtenis wou neem.
Zephany: ‘Wat sy gedoen het, was verkeerd, maar…’
“Die media laat dit net klink of ek hierdie aaklige persoon is, dat ek hulle nooit ʼn kans gegee het nie…”
DA ondersoek beweerde skenking aan Dlamini-Zuma
Die DA het onderneem om alles in sy vermoë te doen om agter die kap van die byl te kom van bewerings dat R55 miljoen van Bloemfontein se belastingbetalersgeld aan dr. Nkosazana Dlamini-Zuma se veldtog om in 2017 leier van die ANC te word, geskenk is.
Polisie gaan uitstaande sake in Eldoradopark bekyk
“Ons vrees vir ons kinders se lewe. Ek weier om ʼn gevangene in my eie gemeenskap te wees. Júlle moet opstaan vir ons.”
OB gaan appelleer teen jongste terugslag in hof
Segalwe betwis dié bewerings dat Mkhwebane ʼn voorlopige verslag van haar voorganger, Thuli Madonsela, afgewater het om ANC-politici in die Vrystaat te beskerm.
Talle selfoontorings afgeskakel weens diefstal, vandalisme
Selfoonmaatskappye loop die afgelope ruk deur onder ʼn vlaag voorvalle van diefstal van toringbatterye wat boonop tot netwerkonderbrekings lei.
Betoging buite hof waar Cremer-verdagtes verskyn
Buite die hof het tientalle vroue betoog en geëis dat die drie agter tralies bly.
Portefeuljekomitee wil self regsmenings oor NGV sien
Die Suid-Afrikaanse Privaatpraktisynsforum (SAPPF) het intussen gesê hy glo dat die NGV die Suid-Afrikaanse gesondheidsbedryf onherstelbare skade sal berokken.