Beleggings van sowat R6 miljard in twee motorfabrieke in Pretoria is Dinsdag deur die burgemeester van die Tshwane-metro, Stevens Mokgalapa, aangekondig terwyl die DA-geleide koalisie in die land se hoofstad wankel.
Skolegemeenskappe moet geweld help bekamp
Skole is ʼn mikrokosmos van ʼn gemeenskap en sal die vlakke van geweld in daardie omgewing weerspieël. Suid-Afrika het net openbare en private skole en daarom is dit elke lid van die gemeenskap se verantwoordelikheid om skole so veilig moontlik te maak.
Pandor sê departement ondersoek Zindzi Mandela-twiets
“Ons het ʼn sosialemediabeleid as departement en dit is absoluut noodsaaklik dat alle diplomate daaraan voldoen.”
Tref-en-trap: Streeksekretaris van ANC in hof
Ondersoekers het hom Vrydag in De Aar opgespoor en in hegtenis geneem.
EFF na appèlhof in Trevor Manuel-lastersaak
Manuel het die EFF hof toe gesleep nadat die party beweer het daar was nepotisme betrokke in die soektog na en aanstelling van die hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Bende sit glo agter hoewe-aanval op paartjie
“My seun kon alles hoor en beleef,” vertel sy ma met afgryse.
Karl Reich-moord: Twee vlugtig in hof
Verlede week se inhegtenisnemings het intussen daartoe gelei dat een van die mans aan die Valke uitgewys het waar Reich se liggaam in daardie tyd gelos is.
Tandarts moet operasie ondergaan ná aanranding
“Ek is die rustigste mens en nou vat my reputasie ʼn knock.”
Vrystaatse broers sterf saam in ongeluk
“Mag hul ouers en almal vertroosting ontvang in hierdie hartseertyd. Baie sterkte.”
EFF beaam Zindzi Mandela se uitlatings
“Sy het alle reg tot vryheid van spraak.”
Pa en seun, buurman in huisrooftog vermoor
Volgens inligting het ʼn groep van vermoedelik drie mans, glo geklee in swart en met klapmusse op, die gesin omstreeks 00:45 in hulle woonstel oorval.
Kuiergas op plaas oorval, aangerand
Die man kon egter daarin slaag om in die plaashuis in te vlug en die paniekknoppie te aktiveer waarna die verdagtes laat spaander het.
Man in hof ná tref-en-trap in Bloem
Die motoris het na bewering nie stilgehou ná die ongeluk nie. Sers. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, het gesê ondersoekers het hom Vrydag in De Aar opgespoor.
Plaaswerker in kamer vermoor
Die man het verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad.
Ramaphosa betreur ongeluk wat lewe van 24 eis
Die oorledenes was op pad van ʼn Jeugdagviering in Polokwane toe die ongeluk plaasgevind het.
Kinderhuisbestuurder vas vir korrupsie en bedrog
Die kinderhuis is verlede week deur die departement gesluit.
Vlieëniers oorweeg staking weens krisis by SAL
“SAL-vlieëniers gaan nie terugsit terwyl die kringloop van agteruitgang toegelaat word om voort te duur nie. Soos ander vakbonde, moet ons ʼn streep trek en regmaak om op te tree.”
Twee vas wat gaste glo by lodge besteel
Die boewe het klaarblyklik onder die heining deurgekruip en só toegang tot die perseel verkry.
Ambassadeur Mandela ‘skuld SA ʼn verskoning’
“Die ironie ontgaan me. Mandela straks dat sy vanuit ʼn suksesvolle Eurosentriese land ʼn kwetsende aanval op wittes in haar eie land doen en hulle “gronddiewe en apartheidsapologete” noem wat soos “genooide gaste weier om te loop”.
Weermag ondersoek ‘skietvoorval’ met Mosambiekse grenspolisie
Die voorval het Sondag omstreeks 16:00 naby Ndumo, oos van Farazella, op die grens gebeur.