Die sterftekoers is meer as 50%.
Internasionale spioene teiken Ramaphosa
’n Dokument het uitgelek met die selfoonnommers van 50 000 staatshoofde, joernaliste en koninklikes wat as potensiële teikens vir spioenasie geïdentifiseer is.
12 dood toe moltrein in China oorstroom
Beeldmateriaal van die voorval wys hoe vreesbevange passasiers aan handvatsels klou terwyl die water tot by hul nekke styg.
Netflix wil videospeletjies se mark betree
Aangesien die diens ook toenemend strawwe mededinging kry van nuwe stromingsplatforms wat die mark betree, soos Disney+ of Amazon Prime, kan speletjies ʼn unieke aanbod aan Netflix-gebruikers bied.
Sterftesyfer styg steeds ná Europese oorstromings
Reddingswerkers sê meer liggame gaan waarskynlik in oorstroomde kelders en huise wat meegegee het, gevind word.
Tokio se regte egte Paw Patrol aan diens!
Dis ʼn buurtwag met ʼn verskil: ʼn groep vierpotiges wat moeilikheid kan uitsnuffel en die strate veilig kan hou vir skoolkinders.
Kaapse teater een van wêreld se bestes
Die teater is in die 14de plek uit ʼn lys van 50 van die wêreld se mooiste teaters gekies.
Video: Ma veg verbete toe ‘ontvoerder’ kleuter gryp
Die man het uit ʼn voertuig gespring, oor die sypaadjie gehardloop en die seuntjie gegryp waar hy ʼn paar treë voor sy ma gestap het.
Vrou ná twee jaar met hond herenig
ʼn Vrou van Pennsilvanië in Amerika het per toeval op haar verlore hond afgekom terwyl sy deur ʼn lys van aanneembare honde gegaan het.
Trekpas vir Spele-komponis wat gestremdes afknou
Die kreatiewe regisseur vir die opening- en afsluitingseremonie, Hiroshi Sakaki, het in Maart ook gekies om te bedank nadat hy voorgestel het dat ʼn mollige vrouekomediant in die gedaante van ʼn vark haar opwagting moet maak.
Jong seun verdrink voor familie
Die Turkse seun se ouers het glo net ʼn paar meter verder langs die swembad gesit terwyl hul seun in die swembad gespartel het.
Britse regering glo self verward oor self-isolasie-reëls
Volgens die plan vir Engeland gaan alle beperkings oor sosiale byeenkomste, asook ʼn opdrag om van die huis af te werk, opgehef word. Nagklubs kan heropen en sportstadions, flieks en teaters kan weer teen volle kapasiteit sake doen.
Verskeie Olimpiese atlete positief vir virus
In Brittanje, waar die grootste gedeelte van die volwasse bevolking reeds albei inentings ontvang het, berei die regering intussen voor om talle beperkings te verslap.
Kwaai inperking op partytjie-eiland Mykonos
Die beperkings sluit onder meer ʼn verbod in op die speel van musiek in kuierplekke in die vroeë oggendure.
Groot opruimingswerk ná Europese vloedramp
Die weste van Duitsland het die ergste deurgeloop onder die vloede wat ook België, Luxembourg en Nederland getref het en strate en huise onder modderwater gelaat het.
Namibië kry eerste deurry-enstofsentrum
Diegene wat aan die voorpunt van die pandemie werk, mag voor by die tou inval indien hulle in uniform geklee is of met ʼn amptelike voertuig ry.
Russiese vliegtuig skoonveld
Altesame 17 passasiers, onder wie vier kinders, is aan boord.
Dodetal styg weens vloede in Europa
Intussen is nog mense dood ná ʼn modderstorting in Noord-Rynland-Wesfale.
R10 miljoen verwag vir Napoleon se hoed
Die kenmerkende swart vilthoed met twee punte is deur geskiedkundiges uitgeken as een wat deur die keiser gedra is.
Almal kan nou aandeel in Picasso-skildery koop
Die skildery, Fillette au Beret, het ʼn waarde van meer as R63 miljoen.