’n Groep bekendes het onlangs vir die eerste keer in Worcester in die Wes-Kaap byeengekom om deel te neem aan die “Legendes Gholfdag van Hoop”. Die besondere geleentheid was ten bate van HelpJag, ’n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand.
Lees meerGholf: Bruiners en Malnati se soet en suur
Heinrich Bruiners het Sondagoggend om 01:30 wakker geword met agt houe onder baansyfer in sy agterkop.
Gholf: Player se woorde word waar
Die Suid-Afrikaanse gholflegende Gary Player het altyd gesê dat goeie setwerk, en nie lang bofhoue om die toeskouers te beïndruk nie, die geld sal laat inrol.
Cink leer jonges les
Hulle noem hom die oupa van die toernooi, maar die 50-jarige Stewart Cink het Vrydagaand nie ʼn duit teruggestaan vir sy jonger teenstanders nie.
Stewige vertonings deur Christiaan, Paula
Suid-Afrika se gholfsterre Christiaan Bezuidenhout en Paula Reto het albei Donderdag stewige vertonings in die VSA gelewer.
Scheffler steek tong uit op TPC Sawgrass
Scottie Scheffler het ses voëltjies en ʼn arend in sy laaste ronde aangeteken en nie een keer ʼn hou aan baansyfer afgestaan nie.
Gholf: Schauffele steek Clark verby, Scheffler en McIlroy beur ook na vore
Die tafel is op TPC Sawgrass gedek vir ’n opwindende laaste ronde van die Spelerskampioenskap wat die vlagskiptoernooi van die Amerikaanse PGA-gholfreeks is.
Gholf: Clark en jong Venter in die kollig
Die kollig was veronderstel om helder te skyn op die twee voorste spelers op die wêreld-gholfranglys, Scottie Scheffler en Rory McIlroy in die tweede ronde van die Spelerskampioenskap, maar toe stap Wyndham Clark daarmee weg. Op Royal Cape in Kaapstad het die 19-jarige Gabrielle Venter die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue ook voor die ervare 37-jarie Kylie Henry van Skotland weggeraap.
Rory aan die brand in VSA
Rory McIlroy was Donderdag aan die brand in die eerste ronde van die Spelerskampioenskap, maar die Noord-Ier se vuurwarm-vertoning was egter agterna onder die vergrootglas weens ʼn moontlike reëloortreding.
Wind bring Henry nie van stryk
“Die Royal Cape-baan is ʼn strawwe toets wat nog moeiliker is as die wind erg waai.”
Gholf: Scheffler steek steeds sy kleim af
Scheffler het Sondagaand op Bay Bill in Orlando, Florida, die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi met vyf houe gewen.
Gholf: Palmer kon nie vir beter gevra het nie
Ses van die wêreld se beste spelers, onder wie die voorste speler op die wêreldranglys, asook vier ander wenners van Major-toernooie, het saam voorgeloop ná die tweede ronde van een van die glanstoernooie van die reeks.
Kookwater-Keenan medevoorloper by Glendower
Die talentvolle Wes-Kaapse gholfster Keenan Davidse het Donderdag op Glendower in Edenvale van die beste gholf van sy loopbaan gespeel.
Gholfsensasie Kiera Floyd aan die brand
Die 19-jarige Serengeti-ster was een van drie voorlopers ná dag een van die ADT Fidelity-uitdaagtoernooi, wat op die Blue Valley-landgoed buite Centurion beslis word.
Britse Ope maak geen toegewings vir LIV-spelers
Punte op die wêreldranglys is nie beskikbaar vir spelers wat by die omstrede Saoedi-wegbreektoer aangesluit het nie – en dit maak dit toenemend moeilik om op daardie manier vir die Britse Ope te kwalifiseer.
Van Rooyen speel tweede viool, glimlag steeds breed
Was dit nie vir ʼn onderbreking van amper vier uur wat Erik van Rooyen se momentum gestuit het nie, kon die Suid-Afrikaner straks nog beter vertoon het.
Yslike betaaldag vir Louis, Charl
Suid-Afrika se Louis Oosthuizen en Charl Schwartzel was besonder in hul noppies in Saoedi-Arabië waar hulle saam tweede geëindig het en die tjek wat daarmee saamgaan vir seker ook nie te versmaai is nie.
Charl en Louis rooiwarm in die woestyn
Die amperse boomlose Royal Greens-gholfbaan met die lowergroen ruveld in die woestyn in Djeddah in Saoedi-Arabië, pas die vier Suid-Afrikaners (Stinger-span) wat daar in die LIV-toernooi speel soos ʼn handskoen.
Gholf: SA gholfspelers bult hul spiere
Die Suid-Afrikaanse vlag het Vrydag hoog gewapper toe van Suid-Afrika se voorste gholfspelers in gholftoernooie oor die wêreld heen hul stemme dik gemaak het.
Moolman, Norris neem voortou op St. Francisbaai
Pieter Moolman én Shaun Norris het hul rondes baie goed afgeskop en ook sterk geëindig. Tussendeur het hulle net seker gemaak hulle bly op koers.