“Ek het myself nooit as die mees talentvolle speler beskou nie, maar wel as iemand wat mal is oor die sport en om vir die Swartpette en my spanmaats te speel,” het die Suid-Afrikaans gebore Neil Wagner gesê.
Rassie laat waai in Pakistan
Suid-Afrika se Rassie van der Dussen het 104 onoorwonne lopies vir die Lahore Qalandars in die Pakistan Superliga (PSL) geslaan.
Indië slaan met mening terug in vierde toets
ʼn Mens kan seker nooit vir Engeland onderskat nie, maar kaptein Ben Stokes sal ʼn hengse kriekethaas uit die hoed moet pluk as die besoekers dié wedstryd wil wen.
Engelsmanne lyk na ramkatte in Ranchi
Joe Root – die man wat volgens die Britse pers die swakste hou in toetskrieketgeskiedenis in Rajkot gespeel het – het nou Engeland se kolfpoging met ʼn onoorwonne beurt van 122 lopies gelei.
‘Ons kan nog die reeks wen,’ meen Stokes
Ondanks ʼn reusenederlaag van 434 lopies in die derde toets teen Indië, sê Engeland se Ben Stokes dat daar inderdaad nog ʼn rede is om in ʼn reeksoorwinning te glo.
Huldeblyke vir ‘krieketreus’ Procter
“Enigiemand wat in die 1960’s en 70’s vir Natal, Rhodesië en Gloucestershire gespeel het, het geweet dat hulle in die teenwoordigheid van ʼn genie was.”
Sutherland, Aussies mors met Proteas
Die Protea-vrouekrieketspan sal meer toetse moet speel as daar van sterker vertonings op die internasionale rooibalkrieketverhoog gedroom word.
Eenmalige toets ontaard in riller vir SA’ners
Nadat die Protea-vrouekrieketspan vir 76 lopies uitgeboul is, het Australië meer as 500 lopies gemoker met Annabel Sutherland wat ʼn dubbele honderdtal aangeteken het.
Kiwi’s beklink geskiedkundige reeksoorwinning
Die Suid-Afrikaanse boulers het vandag gesukkel om enige hou in te kry – om dan nie eens van die uitklophou te praat nie – en Nieu-Seeland het die tweede toets met sewe paaltjies gewen.
Kapp-lose Proteas sukkel in Perth
Suid-Afrika is vir 76 lopies in die eenmalige toets teen Australië se vrouespan in Perth uitgeboul.
Bedingham kasty Kiwi’s met 100-tal
Dit mag dalk ʼn afgewaterde Protea-toerspan wees, maar David Bedingham het sy eerste toetshonderdtal teen ʼn sterk Nieu-Seelandse boulaanval geslaan.
Piedt en Paterson se paaltjieplesier
Suid-Afrika geniet ʼn voorsprong van 31 lopies ná hy Nieu-Seeland vir 211 lopies uitgeboul het.
Mening: Spelpeilgewys rook dié spelers die pyp
Van Ryan Rickelton en Tristan Stubbs tot Marco Jansen en Ottniel Baartman het in die SA20-toernooi gewys dat hulle ʼn Wêreldbeker-vliegtuigkaartjie verdien.
Proteas stamel, maar veg voort in Hamilton
Dit is hoegenaamd nog nie ʼn oortuigende vertoning nie, maar die Suid-Afrikaanse kolwers kon darem die 200-lopiekerf in die tweede toets teen Nieu-Seeland in Hamilton verbysteek.
Krieketlegende Mike Procter ernstig siek
Mike Procter, Suid-Afrika se voormalige nasionale krieketafrigter, is ernstig siek en word in die waakeenheid van ʼn hospitaal naby Durban behandel.
Aussies se o. 19’s slag Indië in eindstryd af
Die Aussies, wat die vierde keer as kampioen gekroon is, het hul aanslag haarfyn beplan.
Kaptein Markram ‘ongelooflik trots’ op span
Aiden Markram se snelboulaanval van Marco Jansen, Ottniel Baartman en Daniel Worrall het gesamentlik 55 paaltjies vir die Sunrisers Eastern Cape in die SA20-toernooi laat spat.
Sunrisers straal sukses in SA20
Die Sunrisers Eastern Cape het sy status as dié mik-en-mokerkrieketspan in die land onderstreep toe hy sy SA20-titel suksesvol verdedig het.
Aussie-vroue vee Proteas uit hul pad
Nadat daar Woensdag breë glimlagte op die Proteas se gesigte was omdat hulle die Aussies die eerste keer ooit in ʼn eendagwedstryd geklop het, was die verwagtinge groot om ʼn geskiedkundige reeksoorwinning te behaal. Maar die glimlagte het gou opgedroog.
Groentjies leer ʼn klipharde krieketles
“In toetskrieket is dit vyf dae van volgehoue druk en probeerslae. Jy kan nie bekostig om nie op jou beste teen ʼn span soos Nieu-Seeland te wees nie.”