Krieket Suid-Afrika (KSA) het Sondagmiddag die speler aangewys wat David Teeger se kapteinskapskoene moet volstaan in die komende o.19-Wêreldbekertoernooi.
Rassie, Ryan laat die vonke spat
MI Cape Town het ʼn allemintige 243/5 in sy 20 boulbeurte teen die Joburg Super Kings aangeteken. Dit is grotendeels te danke aan Rassie van der Dussen (104) en Ryan Rickelton (98) se spogbeurte.
SA20-toernooi tel stoom op
Paarl Rocks het gisteraand die Pretoria Capitals met 27 lopies geklop, terwyl daar vandag ook twee wedstryde in die SA20-toernooi gespeel word.
‘o.19-krieketkaptein se menseregte is oortree’
“Die optrede teen Teeger, wat Joods is, bloot gebaseer op sy geloofsidentiteit en persoonlike oortuigings, is uiters kommerwekkend en stel ʼn gevaarlike presedent vir sport in die land.”
o.19-krieketkaptein vervang oor ‘veiligheidskommer’
Krieket Suid-Afrika sê hy het inligting ontvang dat betogings wat verband hou met die oorlog tussen Hamas en Israel in Gaza by venues in Suid-Afrika vir die kriekettoernooi verwag kan word.
Klaasen se kolf spoeg vuur teen Kapenaars
Heinrich Klaasen het 85 lopies van slegs 35 aflewerings vir Durban’s Super Giants teen MI Cape Town op Kingsmead gemoker.
Stoinis gaan in Durban krieketspiere bult
Australië se Marcus Stoinis kan in ʼn paar SA20-wedstryde vir Durban’s Super Giants speel.
Ligte, kamera en sesslaanaksie!
Die SA20-toernooi begin vandag wanneer die Sunrisers Eastern Cape teen die Joburg Super Kings op St. George-park kragte meet.
Toetsblad klad op Nuweland
Die Internasionale Krieketraad (IKR) het die baanblad van die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië op Nuweland as “nie na wense nie” bestempel.
Krieketkollig val op SA20-toernooi
“Ons het deur die jare gesien watter verskil die Indiese Premierliga (IPL) aan Indië se jong spelers maak. Dit [die SA20-toernooi] is as’t ware ʼn uitstekende wegspringblok vir die toekoms van Suid-Afrikaanse krieket.”
Klaasen klaar met toetse
“Dit is ʼn baie moeilike besluit want dit is verreweg my gunstelingformaat van die spel,” het Heinrich Klaasen in ʼn verklaring op sosiale media gesê.
Proteas se Wêreldbeker begin in New York
Suid-Afrika is saam met Sri Lanka, Bangladesj en Nepal in Groep D van die komende T20-Wêreldbeker ingedeel, terwyl Nederland – ʼn span teen wie die Proteas deesdae klippe kou – ook in die groepfase wag.
Blitskrieket is ʼn ATM wat geld moet uitspoeg
Vergeet maar van tradisie, vergeet maar van ʼn reeks van vyf toetse.
Krieket: Gaan die tweede SA20-reeks ook suksesvol wees?
Die eerste reeks was ʼn baie groot sukses en het alle verwagtinge oortref.
Warner groet toetskrieket met 50-tal
“As iemand wat opwindende en vermaaklike krieket opgedis het. Ek hoop ek kon deur my spel vir ʼn paar glimlagte sorg,” was David Warner se antwoord toe hy gevra is hoe hy as ʼn speler onthou wil word.
Nuweland-blad sorg vir konsternasie
“Dit is ʼn hartseer stand van sake wanneer jy meer geluk as vernuf nodig het om in ʼn toetswedstryd staande te bly. Al die etiek en waardes van toetskrieket het as’t ware by die stadionvenster uitgewaai.”
Markram se puik 100-tal tevergeefs
Die Nuweland-toets is – wat aflewerings betref – die kortste toets nóg: Daar is slegs 642 balle in die hele wedstryd afgestuur.
Wispelturige Nuweland-blad betrap kolwers onkant
“Ek het nog nooit só ʼn Nuweland-baanblad gesien nie. As ʼn kolwer gee jy nie eintlik om wanneer die blad lekker vinnig is nie, solank as wat die wip ook net bestendig is.”
Boulers veg verbete terug
Die boulers het uitstekend terugbaklei, maar daar wag steeds ʼn opdraande stryd op die Proteas in Kaapstad. Meer as 20 paaltjies het op dag een van die tweede toets teen Indië gekantel.
Siraj stoomroller stomme Proteas
Suid-Afrika is pas vir 55 lopies in ʼn sonnige Kaapstad uitgeboender en Mohammed Siraj het omtrent vir jou verwoesting gesaai.