Die Sunrisers Eastern Cape het sy status as dié mik-en-mokerkrieketspan in die land onderstreep toe hy sy SA20-titel suksesvol verdedig het.
Bokke se nuwe afrigters: Nog Rassie-meesterskuiwe?
Erasmus het vandeesweek die All Black-oud-losskakel Tony Brown en die Ierse oud-haker Jerry Flannery by die Bokke se afrigtingspan betrek. Dié aanstellings sal heel waarskynlik weer ʼn meesterskuif wees, een van daardie waaraan Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar al gewoond geraak het.
Aussie-vroue vee Proteas uit hul pad
Nadat daar Woensdag breë glimlagte op die Proteas se gesigte was omdat hulle die Aussies die eerste keer ooit in ʼn eendagwedstryd geklop het, was die verwagtinge groot om ʼn geskiedkundige reeksoorwinning te behaal. Maar die glimlagte het gou opgedroog.
Bottelnek op Royal Cape
Dit gebeur nie aldag nie dat tien spelers saam voorloop in ʼn gholftoernooi.
Yanks wil in Springbokke belê
“Ons vennootskap kan vir ʼn wêreldwye uitbreiding van die mees ikoniese handelsmerk in rugby sorg,” het Ted Ackerley, medestigter van die Ackerley Sports Group, gesê.
Semenya soek geld vir regstryd
Die dubbele Olimpiese kampioen Caster Semenya berei tans voor vir haar regstryd teen regulasies wat vereis dat vroueatlete met hoë testosteroonvlakke medikasie moet neem.
Groentjies leer ʼn klipharde krieketles
“In toetskrieket is dit vyf dae van volgehoue druk en probeerslae. Jy kan nie bekostig om nie op jou beste teen ʼn span soos Nieu-Seeland te wees nie.”
Skotte wil Hane se stertvere op Murrayfield pluk
“Enige span is kwesbaar. Wanneer jy goeie rugby speel en jou teenstanders onder druk plaas, sal hulle sukkel om ʼn vastrapplek in die wedstryd te kry. Dít is ons doelwit teen Frankryk.”
Lombard witwarm in Doha
Nadat die 29-jarige SA gholfster verlede week uitgemunt het met ʼn tweede plek in Bahrein, het hy Donderdag in Doha sy glinstervertonings van die afgelope tyd voortgesit in die eerste ronde van die Katar Meesters.
Klaasen se kanonkolf vuur nóg ʼn wensalvo
“Daar is tans nie ʼn beter T20-kolwer in die wêreld nie,” het Kevin Pietersen op sosiale media gedeel nadat Heinrich Klaasen 74 blitsige lopies geslaan het.
Voorste rolbalspelers dié naweek by enkelspelkampioenskap in Pta
Die toernooi vind by die Wingate-buiteklub plaas en kan met reg as die vertoonvenster van rolbal in Suid-Afrika beskou word.
Halep verskyn voor sporthof
Simona Halep ontken ten sterkste dat sy verbode middels bewustelik geneem het. Die voormalige wêreldnommereenspeler verskyn vandeesweek voor die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie.
Dis voorwaarts jaag vir Sainz
“Wanneer ek my helm in Bahrein opsit, gaan ek myself tot die uiterste druk met die doel om die kampioenskap te probeer wen. Ek wil my beste vir Ferrari gee.”
Wallis skrik nie vir Engeland op Twickenham
“Engeland gaan in ons gesigte wees en die toeskouers gaan hulle ook aanvuur. Maar sodra die ergste verby is, kom jy tot die besef dat hulle maar eintlik net soos die res van ons is.”
Dinge val in plek vir Super Kings
Die Joburg Super Kings is besig om ʼn opwindende paar slotparagrawe vir die SA20-draaiboek neer te pen. Hulle wen nou die regte wedstryde op die regte tyd.
Broos trots ondanks nederlaag
“Teen die Kaap Verdiese Eilande het ons swak gespeel, maar die strafdoelstryd gewen. Nou het ons weer baie goed teen Nigerië gespeel, maar die kragmeting met strafdoele verloor.”
Bafana gerat om bordjies teen Nigerië te verhang
“Almal doen wat van hulle verwag word en soms is dit belangriker as om met ʼn paar groot name te spog.”
Marizanne kán krieket speel, Kap(p)iesj?
Die veelsydige Marizanne Kapp (75 lopies en 3/12) het geskitter in die Protea-vroue se spoggerige oorwinning teen Australië.
Harding maak terugkeer in Kaapse gholf
“Die tyd weg van die baan was frustrerend, maar het my darem die ongelooflike geleentheid gegee om my dogtertjie te sien groot word.”
RG weer terug op oefenveld
RG Snyman sal sy Munster-loopbaan op ʼn hoë noot wil afsluit voordat hy die skuif na Leinster maak.