Die Shimlas is die Varsitybeker-kampioenspan nadat hy die Ikeys met 45–42 in ʼn epiese eindstryd geklop het.
Lees meerBokke se oorsese bepalings bevestig
Die Springbokke skop hul oorsese veldtog in Junie teen Wallis in Londen af.
Van Rooyen loof sy Lions-trop
“Ek is die trotsste op hul veggees en hul verdediging. Elke speler het sy hand opgesteek om Leinster weg van die doellyn te hou,” het die Lions-afrigter gesê.
Seëvierende Ospreys wekroep vir Stormers
“Ons sal volgende week baie beter moet speel. Leinster is ʼn trotse rugbyspan en ons is beslis nou onder druk.”
Was Jake reg met sy spankeuse teen die Saints?
White is weer in die spervuur oor sy spankeuse, maar die speelveld is ongelyk.
VRK-reeks: Ospreys waai Stormers weg
Tot en met Saterdagaand se kragmeting in die Kaapstad-stadion tussen die Stormers en die Walliese Ospreys in die Verenigde Rugbykampioenskap is die Stormers opgehemel.
Munster tem Bulls op Fort Loftus
Bulls-losskakel Johan Goosen is in die tweede helfte met ʼn rooi kaart van die veld gestuur nadat hy koppe met Craig Casey gestamp het.
Lions verniel Leinster met ses drieë
Ja, dit was nie Leinster se beste span nie en daar was 13 veranderings aan die span wat La Rochelle in die kwarteindronde van die Kampioenebekerreeks afgeransel het.
Sharks blaas warm en koud teen Glasgow
Die kloof tussen die Sharks se beste span en hul naasbestes, is Vrydagaand op Scotstoun in Glasgow verder oopgeruk in die kragmeting in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Glasgow Warriors.
Bulls se groot kanonne terug teen Munster
Van die Bulls se grootste name is terug vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-aksie op Loftus Versfeld, terwyl RG Snyman in die lynstane vir Munster sal rank.
Sharks wil op onlangse wenmomentum voortbou
Sterre soos Eben Etzebeth, Bongi Mbonambi en Lukhanyo Am kry nou ʼn blaaskans, maar die Sharks se afrigterskorps kan steeds op Francois Venter, Grant Williams en Curwin Bosch reken om die wa deur die drif teen die Skotte te trek.
Dié Bok word weer pa
“Die derde Du Toit-baba is op pad in September.”
Kitshoff op krukkelys
Ulster het nie bevestig vir hoe lank Steven Kitshoff langs die kantlyn gaan wees nie en daar is selfs ʼn moontlikheid dat hy sy laaste wedstryd vir die Belfast-span gespeel het.
RG kan weer op Loftus uitdraf
RG Snyman is in Munster se toergroep vir die belangrike Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Bulls in Pretoria ingesluit.
Nuwe Varsity-kampioen word in Bloem aangewys
Die Shimlas-studenterugbyspan sal sake op sy tuisveld teen die Ikeys om Varsitybeker-glorie uitspook.
Nienaber se Leinster op koers na Europese glorie
Ondanks Brian O’Driscoll se kritiek dat Leinster van sy aanvallende flair onder Jacques Nienaber se toesig kwyt is, het die Ierse klubreuse vyf drieë gedruk om La Rochelle uit die Kampioenebeker te boender.
Saints stoomroller Bulls met 9 drieë
Dinge het nie té sleg vir die Bulls ná die eerste 40 minute se spel gelyk nie, maar daarna was dit nag teen die Northampton Saints.
Uitdaagbeker-reeks: Sharks in halfeind na sege oor Edinburgh
Die Sharks het geskiedenis gemaak, want hulle is die eerste Suid-Afrikaanse span wat in die halfeindronde van die reeks speel.
Tukkies volgende jaar terug in Varsitybeker
Die Pretoriase studente het die groepfase van die Varsityskild-reeks in die eerste plek afgesluit.
Video: ‘Ons rugbywedywering met Ierland groei’
Maroela Media het met Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie, gesels oor die tweestryde tussen Suid-Afrikaanse en Ierse rugbyspanne, sowel as die reisuitdagings waarmee plaaslike spanne te doene kry wanneer hulle na Europa moet vlieg.