Volgens berigte toon hy egter geen simptome nie, terwyl Eddie Jones (hoofafrigter) en Simon Amor (hulpafrigter) ook as voorsorgmaatreël vir tien dae in selfisolasie moet wees.
Curriebekerrugby: Waar’s die kersie op die koek?
Groot kommer heers oor die gehalte van rugby wat tot dusver dié seisoen in die Curriebekerreeks uitgestal is.
Pumas het vir groter unies gegrom
Die Pumas het weliswaar nie dieselfde diepte of begroting as die groter unies nie, maar die Laevelders verdien gerus ’n klop op die skouer vir hul Carling Curriebeker-veldtog.
Pumas hardloop Bulle van hul voete
Stoere Bul-ondersteuners gaan sê dit was ’n bloedjong span, maar die Pumas het steeds teen sterre soos Morné Steyn, Ivan van Zyl en Arno Botha te staan gekom.
Europese rugby: Bristol Bears wys tande
Wanneer ʼn rugbyspan ʼn nuwe afrigter aanstel, is dit soos om ʼn gelukspakkie te koop… jy weet nooit wat jy daarin gaan kry nie.
Curriebeker: Bok Frans kelder Griekwas
Frans Steyn het al menige rugbyspan met sy skopskoen gekelder.
Mening: Ligpunte, gevaartekens en swak bestuur
Die ou-ou gesegde dat ʼn vis van sy kop af vrot, geld by heeltemal te veel van Suid-Afrika se 14 unies wat reeds vóór die Covid-19-pandemies op hul knieë was of binnekort sal wees.
Bulle verstewig houvas op punteleer
Hoewel dit ’n rukkie vir die jong Bulle-motor geneem het om op te warm, het hulle steeds vir Duane Vermeulen agter die stuur. Die Curriebeker-halfeindstryde sal nou in Pretoria en in Kaapstad beslis word.
Só lyk punteleer na WP-Haaie-stryd afgelas is
Positiewe Covid-19-gevalle in die Haaitenk het veroorsaak dat die komende kragmeting tussen die Durbaniete en die Westelike Provinsie afgelas is.
Sharks vat laterig vlam en rol Griekwas toe om
Griekwas se rugbyspan het die Sharks Saterdag op Kingspark in Durban groot laat skrik toe Enver Brandt ʼn drie binne die eerste minuut van hul Curriebeker-wedstryd gedruk en Tinus de Beer met die doelskop geslaag het.
Swiel sink dapper Cheetahs
’n Strafskop in die doodsnikke van die wedstryd het die kragmeting vir die Kapenaars beklink. Maar dink wat jy wil van die Vrystaat; hulle is ongetwyfeld bittereinders.
Tiaan laat Leeus teen Pumas brul
Die nuwe ster op die Leeus se horison het Saterdag in Nelspruit weer helder geskyn toe die heelagter Tiaan Swanepoel sy span tot ʼn oorwinning oor die Pumas in ’n Curriebeker-wedstryd gestuur het.
Curriebeker: Bonuspuntsege vir die Streeptruie oor Griekwas
Die WP het ʼn bonuspuntesege behaal.
Geliefde rugbyman sterf
Die gemeenskap van die Paarl, maar ook die rugbygemeenskap, is in rou gedompel oor die dood van Arthob Petersen.
Jukskei-derby word uitgestel
Volgens SA Rugby is die jongste wysiging van die bepalings juis gedoen om verdere Covid-19-besmettings te voorkom.
Matera sê sy gesin word geteister ná twiets
“Dit is vir my die ergste – om hulle onverdiend by hierdie aaklige situasie te betrek. Die belangrikste is om te besef dat ’n fout gemaak is, om vergifnis te vra en aan te beweeg.”
Covid-19: Chaos in Europese rugby
Daar is wel ʼn hele paar wedstryde gespeel, hoofsaaklik op nat velde en in yskoue weer.
Leeus is op die oorlogspad
Die Johannesburgers se Curriebekerveldtog is besig om lekker momentum op te bou en ná hul puik sege teen die Haaie op Ellispark is hulle nou tweede op die punteleer.
Cheetahs wen eerste CB-wedstryd van seisoen
Die Pumas dra egter nie verniet die etiket van die moedigste span in die reeks om hul nekke nie en die Bloemfonteiners moes diep delf om dié een te wen.
Hardebaarde weer in Leeus se beginspan
Waar die Leeus se agterspelers dalk verlede week die pas teen die Vrystaters aangegee het, het veterane soos Willem Alberts en Jannie du Plessis hul staal voorlangs gewys.