RG Snyman is in Munster se toergroep vir die belangrike Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Bulls in Pretoria ingesluit.
Nuwe Varsity-kampioen word in Bloem aangewys
Die Shimlas-studenterugbyspan sal sake op sy tuisveld teen die Ikeys om Varsitybeker-glorie uitspook.
Nienaber se Leinster op koers na Europese glorie
Ondanks Brian O’Driscoll se kritiek dat Leinster van sy aanvallende flair onder Jacques Nienaber se toesig kwyt is, het die Ierse klubreuse vyf drieë gedruk om La Rochelle uit die Kampioenebeker te boender.
Saints stoomroller Bulls met 9 drieë
Dinge het nie té sleg vir die Bulls ná die eerste 40 minute se spel gelyk nie, maar daarna was dit nag teen die Northampton Saints.
Uitdaagbeker-reeks: Sharks in halfeind na sege oor Edinburgh
Die Sharks het geskiedenis gemaak, want hulle is die eerste Suid-Afrikaanse span wat in die halfeindronde van die reeks speel.
Tukkies volgende jaar terug in Varsitybeker
Die Pretoriase studente het die groepfase van die Varsityskild-reeks in die eerste plek afgesluit.
Video: ‘Ons rugbywedywering met Ierland groei’
Maroela Media het met Willem Strauss, president van die Blou Bulle-rugbyunie, gesels oor die tweestryde tussen Suid-Afrikaanse en Ierse rugbyspanne, sowel as die reisuitdagings waarmee plaaslike spanne te doene kry wanneer hulle na Europa moet vlieg.
Sharks se nuutgevonde sukses lê in voorspelerkrag
ʼn Voorry van Ox Nché, Bongi Mbonambi en Vincent Koch kan sekerlik met die beste ter wêreld saamgesels.
Bulls kan met Saints saamgesels
ʼn Rits Bulls-sterre het by die huis gebly, maar Jake White kon steeds ʼn goeie span kies om Saterdagaand teen die Northampton Saints in die kwarteindstryd van die Kampioenebeker te speel.
Nhleko tevrede met junior Bokke se voorbereiding
“Die wedstryde (teen Nieu-Seeland, Australië en Argentinië) sal ʼn goeie toets vir ons span se karakter en vaardighede wees en dit sal ongetwyfeld as voorbereiding vir Wêreldrugby se o. 20-kampioenskap dien.”
Leinster-masjien stotter glo bietjie onder Nienaber
Brian O’Driscoll meen dat Leinster se aanvallende spel nie meer so skerp onder Jacques Nienaber se toesig is nie.
Ier kla nou oor Kitshoff se skrumwerk
“Dit is vreemd, want almal was aanvanklik so opgewonde toe Ulster dié Wêreldbeker-wenstut se handtekening bekom het en hy sou baie tot die span se sukses bygedra het,” het Stephen Ferris, voormalige Ierland-losvoorspeler, gesê.
Aanlyn trol vervolg wat rugbyblaser teister
Die ondersteuner is van alle rugbywedstryde gestroop nadat hy ʼn wedstrydbeampte en sy gesin aanlyn geteiken en sleggesê het.
Maties, Pukke bied tuishalfeindstryde aan
Die groepwedstryde is verby, nou kan Maties, NWU-Pukke, Shimlas en Ikeys op hul halfeindstrydvoorbereiding konsentreer.
Lig flikker aan einde van tonnel vir Blitsbokke
“Ons het ʼn bietjie positiewe momentum opgebou en nou moet ons weer begin glo dat ons in halfeindstryde kan speel. Terselfdertyd is dit ook goed om die glimlagte op die spelers se gesigte te sien.”
Sharks vermorsel Zebre
Dit was regte eendeweer, koud, nat en mistroostig, maar die Sharks se rugbyspan het Sondag op Kingspark in Durban die spreekwoordelike son op hulle laat skyn toe hulle Zebre verwoes het.
Bulls moet tasse pak vir kwarteindstryd
Die Bulls sal na Northampton vir sy Kampioenebeker-uitklopwedstryd moet reis nadat die Saints vir Munster met 24 – 14 geklop het.
Bokkaptein: Etzebeth of Am?
Die Bokafrigter, Rassie Erasmus, sal na alle waarskynlik dié seisoen ʼn nuwe kaptein in die plek van Siya Kolisi moet aanwys omdat Erasmus ten gunste daarvan is dat die Springbokkaptein in Suid-Afrika moet speel en bly.
Dobson trots op Stormers ondanks nederlaag
“Ons het vir twee wedstryde op ʼn streep nie een keer vir La Rochelle teruggestaan nie. Hoe meer ons as ʼn span kan saamspeel, hoe beter.”
So naby, maar tog so ver vir Stormers
Die Stormers kon vandag – net soos in Desember se groepwedstryd op die einste stadion – die wedstryd in die doodsnikke teen La Rochelle beklink het. Maar helaas was dit hulle nie beskore nie.