Die man wat Saterdag die spel tussen die Springbokke en Wallis ontwrig het, sal nie weer sy voete in die Principality-stadion mag sit nie.
Skotland klop die Wallabies
Dit het ook die Wallabies se vyf agtereenvolgende oorwinnings tot ʼn einde gebring.
Franse klop Argentinië in taai toets
Die Franse se uitstekende skopwerk het die deurslag gegee teen Argentinië.
Bokke se veggees gee deurslag
Die wedstryd het alles gehad wat toetsrugby opwindend maak, insluitend ʼn toeskouer wat op die veld gestorm het en Wallis se spoed naby aan die doellyn gebreek het.
Bokke wil bordjies in Cardiff verhang
Die Suid-Afrikaners het vier agtereenvolgende wedstryde in die Walliese hoofstad verloor; Heyneke Meyer se Bokspan kon laas ’n wedstryd daar wen.
Farrell toets positief vir Covid-19
Die 30-jarige losskakel het Engeland se laaste oefensessie misgeloop, maar hy sal later vandag weer getoets word.
Rooi Drake wil meer byt as Leeus hê
“’n Mens moet kyk om meer punte aan te teken, dus sal ons beslis probeer om ’n bietjie meer aanvallende rugby as die Leeus te speel.”
Davies is Wallis se kaptein teen Bokke
Wayne Pivac het altesaam ses veranderinge aan die span aangebring wat 54 – 16 teen die All Blacks verloor het.
Kriel brand om weer te speel
“Ek geniet dit om senter te speel, maar ek is net so opgewonde om hierdie naweek op vleuel uit te draf.”
Demensie by oud-All Black (41) gediagnoseer
Die stut Carl Hayman sê hy het eindelik besluit om mediese advies in te win nadat hy geheueverlies, verwarring en selfmoordgedagtes ervaar het.
Alun Wyn wéér op krukkelys
Die veteraanslot kan vir maande op die kantlyn wees nadat hy weer sy skouer beseer het.
Willie uit, Willemse in teen Wallis
Cobus Reinach, baie se gunstelingkeuse om De Klerk se skrumskakelskoene vol te staan, is saam met Elton Jantjies en Frans Steyn op die plaasvervangersbank.
Bokke presies 2 jaar lank wêreldkampioen
Volgens die jongste IRR-ranglys is die Suid-Afrikaners egter nie meer die beste span op die internasionale verhoog nie.
Foto’s: Naka Bulle wen Carltonbeker!
GB Jordaan was daar om al die aksie vas te vang.
All Blacks vuurwarm; vernietig Wallis
Die beserings wat Wallis se spelers tydens die wedstryd opgedoen het, het ook hul tol geëis.
Skotte wen met SA-boertjies teen Tonga
Die Skotse rugbyondersteuners het Saterdag op Murrayfield in Edinburg gekraai van lekkerkry oor hul drie “Boere-Skotte”.
Toets vir Wêreldrugby wanneer Rassie verhoor word
Rassie Erasmus se tugverhoor vind Saterdag en Sondag aanlyn plaas.
Pollard meen Reinach beskik oor X-faktor
Die Springbok-losskakel sien ook uit om vir Rassie Erasmus weer saam op toer te hê.
Schoeman maak Saterdag Skotse buiging
Nóg twee Suid-Afrikaans gebore spelers – Oli Kebble en Kyle Steyn – is ook deel van die Skotte se planne om Tonga te tem.
Selfmoord vermoed ná NS-Superrugbyster se dood
Die Nieu-Seelandse senter Sean Wainui is verlede Maandag tydens ’n motorongeluk oorlede.