Daar is min behoeftes van ʼn hoër-middelklasgesin waaraan ʼn Cayenne Platinum nie sal kan voldoen nie.
Lees meerTriumph se jongste model eindelik in SA
Seker een van die mees frustrerende tye vir Triumph was dat sy jongste model, die Triumph 400, vir meer as ses weke buite Durban se hawe moes wag.
Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie.
Kan Kawasaki se Versys X-300 nog meeding in 2024?
Ja, die kompetisie se enjins word al hoe groter, maar as ’n alles-doen-fiets is die Versys steeds ’n goeie fiets en hoef glad nie terug te staan vir sy mededingers nie.
Nuwe handelsmerk sit beste voet voor
Die nuwe Jaecoo J7 is werklik goed… en teen die prys – onweerlegbaar.
BMW – Baie Modebewuste Wiele?
Terwyl BMW se nuwe X1 en iX1 ʼn puik kompakte sportnuts bied, is daar ʼn nuwe gier, soos met die X6 en X4 om koepeeweergawes van ʼn SNV bekend te stel.
Blits-Beemers laat kilometers in weelde vlieg
Die X5 sowel as die X6 voel pure bulperd wanneer jy jou voet op die versnellerpedaal plant en jy voel die adrenalien deur jou are vloei. Die X5 is ʼn uiters luukse gerieflike gesinsmotor terwyl die X6 ʼn vuurwarm monster is wat nie net die wiele nie, maar die koppe ook, laat draai.
Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend
Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel – die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa – die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees.
Nuwe Indian Scout-modelle bekend gestel
Ongeag van jou persoonlike rybehoeftes behoort daar ʼn Scout te wees wat aan jou behoeftes voldoen.
Sit-sit só: Ses sitplekke teen sakpasprys
Dis ʼn gemaklike gesinsbuks wat ses sitplekke bied sonder om die bank te breek.
Tourneo kán toer – langpad en in weelde
Vir ʼn medium of groot gesin is die feite onweerlegbaar: ʼn Bus is bobaas.
Begrotingsbuksies in bokskryt
Die drie voertuie wat ons vergelyk is Suzuki se Fronx, Volkswagen se Polo en die Polo Vivo GT.
Kyk hoe hop so ʼn weeldewa
Nee, dit is nie vir bendebase nie, al het die jongklomp op TikTok dit dalk só laat lyk. Die nuwe Mercedes-Benz GLS se sogenaamde hop-funksie het ʼn doel – en ʼn belangrike een:
Merke, gereed … kyk uit vir Maroela Media se nuwe blitswiele
Die motors is uitgedos in ʼn moderne, nuwe baadjie wat spesiaal ontwerp is om by Maroela Media se handelsmerk en kleure te pas.
Wiele2Wiele ry met mu-X
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X.
Velar vs. XC60: Watter inprop-hibried span die kroon?
Ons het onlangs twee mediumgrootte luukse sportnutsvoertuie onder hande gehad – ʼn Range Rover Velar en ʼn Volvo XC60. Albei het ʼn inprop-hibriede dryfstelsel en is elektriese motors met ʼn 2.0-viersilinderturbopetrolenjin.
Lambretta binnekort in SA beskikbaar
Die Lambretta-motorfietse sal binnekort in Suid-Afrika beskikbaar wees en behoort goedkoper te wees as hulle Vespa eweknie, maar met net soveel Italiaanse flair.
Jolion-hibried het baie wat in sy guns tel
Ek het vir drie maande met Haval se hibriede Jolion, ʼn matige hibried, gery en dit is duidelik hoekom die Chinese ʼn ernstige aanspraakmaker in Suid-Afrika se motorbedryf word – baie motor vir minder prys.
Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’
Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk.
Husqvarna stel Svartpilen 801 bekend
Die ontwerp van die fiets is getrou aan sy voorganger met ’n minimalistiese ontwerp en dadelik herkenbaar as ’n Svartpilen.