BMW het ʼn puik advertensieveldtog gehad nie te lank gelede nie: M – the most powerful letter in the world. Ek is geneig om…
Verbruikersake: Antwoorde op jou vrae oor motorversekering
Of jy nou jou eerste motor koop en of jy ʼn gesoute bestuurder is, daar is waarskynlik ʼn paar vrae wat jy oor motorversekering het. Ina Opperman het ‘n paar antwoorde gaan vind.
Eerste sege vir Maroela in GR-beker
Hy het hierdie naweek ʼn belangrike les geleer, skryf Brendon Staniforth: Een van die grootste vaardighede in ʼn renjaer se gereedskapkis is selfvertroue en die geloof dat jy kán wen.
Honda Transalp 750 is alles-in-een-middelgewig
Dit is ʼn uiters toeganklike fiets wat jou bitter lank van diens gaan wees, en jy gaan hom ook nie maklik ontgroei nie, skryf Brian Cheyne. En soos Honda dit stel: Die berge roep. Gaan jy (en jou motorfiets) antwoord?
Luister: ‘Wiele2Wiele’ maak ’n draai by Volkswagen se fabriek
Hierdie week gaan ry “Wiele2Wiele” met Volkswagen Polo’s in Kariega en maak ʼn draai by die Volkswagen-fabriek.
Polo pas álmal
Die sedan en Vivo is bekostigbaar, die volvet-Polo is luuks en die GTI is ʼn vuurvreter van formaat. Volkswagen het ʼn Polo vir elke plegtigheid. Lees Brendon Staniforth se indrukke hier.
Alfa Romeo se Tonale laat nie juis tone omkrul
Hulle sê om ʼn ware “petrolkop” te wees, moet jy ʼn voorliefde vir ʼn Alfa hê. Hy het nie daai voorliefde nie, skryf Brendon Staniforth – en die nuwe Tonale gaan hom klaarblyklik ook nie een gee nie.
‘Extreme Festival’ dié naweek in Oos-Londen
Daar is weer eens ses klasse renmotors en motorfietse wat Donderdag en Vrydag oefen, Saterdagoggend kwalifiseer en direk daarna twee rondtes jaag.
Yamaha XSR900 – Retro fiets met ʼn besonderse bloedlyn
Die XSR900 bring hulde aan Yamaha se sukses op die renbaan, maar dis meer as net ʼn klop op die skouer vir hulself. Dit is ’n volwaardige kaalfiets met meer as genoeg krag vir ure se pret.
Wiele2Wiele ry met Citroën se C3-buksie
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Citroën se C3-buksie en BMW se vuurwa – die M340i.
Outlander ʼn onderskatte juweel
Daar is amper geen C-segment-sportnutse met vierwielaandrywing én sewe sitplekke oor nie. Die Outlander is ʼn puik voertuig en moet beslis oorweeg word indien jy in die mark is vir só ʼn tipe voertuig.
Ineos se bobaas-bakkie
Die bakkie-weergawe van Ineos se Grenadier is onlangs by die gewilde Goodwood Festival of Speed in Engeland onthul.
Sakpas-alternatief vir Fortuner?
Terwyl Toyota se Fortuner elke maand met ʼn reusemarge die markleier in sy segment is, is sy prys bo baie se vuurmaakplek.
BMW spog met nuwe tegnologie
BMW is ywerig besig met nuwe modelle en nuwe tegnologie wat binnekort beskikbaar gaan wees, insluitend ‘n elektriese bromponie en ‘n nuwe slim ry- bril.
Wiele2Wiele leer Suzuki se Grand Vitara ken
Hierdie week bring Wiele2Wiele tyd met Suzuki se Grand Vitara deur en gaan ry met Volkswagen se nuwe Amarok 2.0 BiTDI-bakkie. Kia se nuwe Picanto, wat verseker die koppe gaan laat draai, is op pad en jy kan nou ’n gepantserde Mercedes-Benz V-Class kry deur SVI.
Lexus se luukse bielie en buksie
Wat luukse Japannese motors betref, is Lexus beslis die voorloper-handelsmerk, en hou dié maklik kers vas by enige van sy Duitse eweknieë. Boonop staan Lexus ook voor in die tou wat tegnologie en vakmanskap betref, soos die splinternuwe LX-super-sportnuts en kompakte NX wéér bewys.
Triumph Street Triple 765 RS nou met Moto2-woema
Daar is heelwat kaalfietse in Suid-Afrika beskikbaar in hierdie klas, en elkeen het sy eie karakter. As ek egter in die mark was vir hierdie klas van fiets, sou ek die Street Triple sterk oorweeg.
Wiele2Wiele ry met V6 Wildtrak
Hierdie week gaan kyk Wiele2Wiele hoe word Killarney-renbaan met ’n historiese Blou-gedenkplaat bekroon. Hulle gaan ry met die Ford Ranger 3.0 V6 Wildtrak en daar is interessante algemene nuus. Die vraag oor hoe vinnig jy teoreties van 0-100km/h kan versnel word beantwoord en Honda se nuwe Hornet-motorfiets is hier.
Nuwe kar kan ook help met beurtkrag-blues
Die Chinese vervaardiger BYD het pas sy Atto 3-model in Suid-Afrika bekend gestel.
Kingsley Holgate en kie weer op pad
Kingsley en sy span het pas hul 41ste reistog begin – ʼn reis deur 12 Afrikalande.