Aardklop het vanjaar, vir die eerste keer ooit in die geskiedenis van dié kunstefees, ʼn app bekendgestel wat verseker dat feesgangers, sonder die gesukkel van ʼn lomp program, geen produksie of program hoef mis te loop nie.
Rosetta bots teen komeet
Die Rosettatuig van die Europese Ruimte-agenskap het sy sending na bykans ’n jaar wat dit om ’n komeet gewentel het, beëindig deur teen die komeet te bots.
Entrepreneurskap: Om ondervinding met tegnologie te versoen
Hiermee ʼn voorsmakie van my onderhoud met Francois Maartens, eienaar van IMCC, die man wat weet hoe om die grootste moordenaar in Afrika aan te pak, eerskomende Woensdag.
Sasol Solar Challenge: NWU is eerste SA span oor die eindstreep
Die Noordwes-Universiteit se sonkar was Saterdag die eerste Suid-Afrikaanse span om die eindstreep in Kaapstad oor te steek in die Sasol Solar Challenge.
SA meisie se droogtehulp-idee wen gesogte Google-kompetisie
ʼn 16-jarige Suid-Afrikaanse meisie is as die algehele wenner van die Google-wetenskapsekspo-kompetisie aangewys.
[Foto’s] 747-vlieënier neem mooiste foto’s
Min mense het ʼn beter uitsig op asemrowende natuurtonele soos vlieëniers, en ʼn Boeing 747-vlieënier het besluit om dié tonele met almal te deel.
Totsiens, BlackBerry-slimfoon
BlackBerry het Woensdag aangekondig dat hy ná 14 jaar nie meer slimfone gaan vervaardig nie.
[Entrepreneurskap] Die sakemodel, ’n bloudruk vir jou onderneming
Jacques Basson van Klipkouers het met Dewald Pelser, ‘n sakeman en stigter van die misterBA-podsending gesels. Pelser analiseer graag ondernemings om uit te vind wat maak dit suksesvol.
Skoolkursus sluit wêreld van animasie vir jongspan oop
Die produksiehuis, Fopspeen Moving Pictures, gaan binnekort ʼn unieke animasiekursus, wat gemik is op laer- en hoërskoolleerders, van stapel stuur, wat na-ure by skole aangebied gaan word.
Video: Só gaan mense na Mars reis, verduidelik Musk
Elon Musk, stigterslid en uitvoerende hoof van SpaceX, het Dinsdag sy planne bekend gemaak hoe persone na Mars sal reis om ʼn kolonie op dié planeet te vestig.
Skare keer hul rug op Clinton… vir ʼn selfie
ʼn Bisarre foto van ʼn skare wat lyk of hulle hul rug keer op Hillary Clinton, presidentskandidaat in Amerika, word wyd op sosiale media versprei.
Google vier sy 18de verjaarsdag
Google vier Dinsdag sy 18de verjaarsdag met ʼn spesiale Google Doodle wêreldwyd op webblaaiers.
Entrepreneurskap: Bou ’n gehoor met tegnologie
Hiermee ʼn voorsmakie van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Dewald Pelser, ‘n sakeman en die stigter van die misterBA-podsending.
Wêreld se grootste radioteleskoop geopen
Honderde astronome en entoesiaste het Sondag die opening van die FAST-teleskoop bygewoon.
[Entrepreneurskap] Kubersekuriteit op ‘n ander vlak
Michael Cloete is die besturende direkteur van Dtex Systems. Hulle vervaardig ʼn sagtewareproduk wat maatskappye in staat stel om risiko’s en bedreigings te identifiseer en hulle fokus is hoofsaaklik op verbruikersgedrag in die rekenaarstelsel- en sagtewaregedrag.
Greenpower ZA wek belangstelling in talle vakgebiede
Die Hoër Tegniese Skool Pretoria Tuine het vandeesweek aangekondig dié skool gaan deelneem aan Greenpower ZA se Forumle 24-projek. Dié inisiatief wil met ʼn reeks prettige kompetisies vir die jongspan die jeug in Suid-Afrika se belangstelling in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en wiskunde opnuut aanwakker.
ʼn Droom het waar geword, sê Garsies-leerder oor Nasa ruimteskool
Divan Beukman, ʼn leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria, het vandeesweek gesê hy is sprakeloos nadat sy droom om Nasa se ruimteskool in Houston, Texas, te besoek danksy weldoeners bewaarheid is.
China se ruimtestasie sal in 2017 terugval Aarde toe
China se eerste ruimtestasie, Tiangong-1, sal na verwagting in die tweede helfte van 2017 terugval Aarde toe, ná ongeveer ses jaar in die ruimte.
Kontrakte: Vermy dié slaggate
Verbruikers wil graag geld spaar in tye wat ʼn mens die rieme maar moet dun sny. Daarom klink ʼn aanbod om ʼn kontrak vir 24 maande te teken, wat sal verseker dat jou maandelikse betaling nie binne hierdie tydperk sal styg nie, na ʼn goeie idee. Maar sal goedkoop koop nie op die ou end duurkoop word nie?
Entrepreneurskap: Van kubersekuriteit tot gesondheidskos
Hiermee ʼn voorsmakie van Jacques Basson van Klipkouers se onderhoud met Michael Cloete, besturende direkteur van Dtex Systems.