Besoekers sal die bekende Afrikaanse sangeres Nádine ook vanjaar sien terwyl sy haar Kersinkopies by dié gewilde mark doen.
Wen: ’n Kajuit vir twee op ’n luukse bootreis … en meer
Een gelukkige Maroela Media-leser kan ʼn kajuit vir twee volwassenes op ʼn MSC-bootreis wen, asook ʼn naweek vir twee na die eksklusiewe Nkomazi-natuurreservaat.
Aitsas: Rekordgetalle wys Afrikaanse publiek se steun
Die getal inskrywings het vanjaar met 35% toegeneem.
Jan Bloukaas: ‘God hou my nog regop’
Ná ses weke van bestraling, 1 567 pille en talle gebede het die sanger Jean du Plessis, oftewel Jan Bloukaas, sy eerste rondte chemoterapie vir breinkanker voltooi.
American Music-pryse: Taylor Swift en Lionel Richie maak geskiedenis
Dié geleentheid het deur die jare ook vir ʼn paar ikoniese rooitapyt-oomblikke gesorg en vanjaar was geen uitsondering nie.
Bekende straatkunstenaar sê modehuis ‘steel’ sy kuns
Nadat hy die plasing gemaak het, is die Londense winkel se deure tydelik gesluit en die vensteruitstalling is verwyder. Wagte het ook buite die winkel gepatrolleer.
Hollywood: ‘Twilight’-ster getroud; ‘Grey’s Anatomy’ nou sonder ‘Grey’
Ná ’n allemintige 18 jaar word daar uiteindelik ’n derde rolprent vir The Princess Diaries beplan.
Video: Nuwe baadjie vir Ard se dekades oue treffer
Dié liedjie vier die 25ste herdenking sedert dit die eerste keer in 1997 die no. 1-posisie op ʼn Suid-Afrikaanse treffersparade bereik het.
Sportlegendes spook dit uit vir liefdadigheid
Die naweek wanneer die Gary & Vivienne Player-uitnodigingstoernooi by Sun City aangebied word, sal Player hoop dat die geldkoffers van sy liefdadigheidstigting ’n ordentlike hupstoot kry.
Musiekvideo: Juan Boucher skryf ode aan dogters
“Hulle sê mos die dag as jy ʼn seun kry, word jy ʼn man, maar as jy ʼn dogter kry, word jy ʼn koning. Elke vrou daar buite is iemand se dogter.”
Video: Jakkie Louw se huldeblyk aan ‘vriend’ Theuns
“Dis jammer jy moes so vroeg gaan. Ek mis jou en ek hoop dat ek die liedjie tot sy reg laat kom.”
‘Theuns se stem sal nooit stil wees in ons land’
Die rasperstemsanger Theuns Jordaan het vandag ʼn jaar gelede sy stryd teen leukemie verloor.
Nóg seksklagtes teen Kevin Spacey
Kort nadat ’n regsgeding uitgegooi is, word die Amerikaanse akteur van “’n aantal seksuele aanrandings teen een man tussen 2001 en 2004” aangekla.
Beyoncé, Adele neem voortou met Grammy-benoemings
Beyoncé, wat ’n allemintige nege benoemings vanjaar ontvang het, ding mee met kunstenaars soos Kendrick Lamar, Adele en Brandi Carlile.
Luister: Son skyn weer vir Tarryn Lamb ná donker tyd
“Ek het begin dink die Here het ander planne met my. Dit was ʼn tyd van baie introspeksie en om weer te onthou wat musiek vir my beteken.”
Wen: Vier Kersfees saam met kykNET
Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn stel kaartjies vir ʼn gesin van vier lede na die kykNET Kersfeesspel wen.
Sangeres maak skoonskip by MTV EMA-toekennings
Nsikayesizwe Ngcobo het ook die eerste Suid-Afrikaanse hip-hop-kunstenaar geword om SA op dié internasionale verhoog te verteenwoordig.
Rouel Beukes gesels oor aftrede, ‘vol lewe’
Wanneer ʼn mens aan Rouel Beukes dink, is dit moeilik om nie sy dawerende basstem in jou gedagtes te laat weerklink nie.
Hollywood: Babanuus vir ‘Pitch Perfect’-aktrise; dít is die mooiste man ter wêreld
“Ek kan nie my liefde vir haar beskryf nie, sy is ’n pragtige wonderwerk.”
Hoë standaarde seëvier op 2022-Woordfees
Hoewel die fees vanjaar kleiner was, was dit nie ʼn geringer uitdaging om die wenners aan te wys nie.