Die gebruik van glasmelkbottels wat teruggegee, gewas en weer gebruik kan word, neem weer toe as ʼn antwoord op die stryd teen plastiek.
Vreemd
Foto’s: Dié verlowingsfoto’s sal jou inspireer!
As jy op soek is na bietjie inspirasie vir jou verlowingsfoto’s, is dié paartjie se fotosessie dalk net die ding!
Steve Jobs se CV vol foute te koop
ʼn CV vol tikfoute van ʼn aansoeker wat sê hy het “geen telefoon nie” en “waarskynlik nie vervoer om by die werk te kom nie”, sal moontlik sommer vinnig in die asblik beland. In dié geval kan die CV dalk ʼn paar honderd duisend rand op ʼn veiling haal.
Atleet steel motor by Olimpiese Spele
ʼn Atleet van Kanada, Dave Duncan, is in hegtenis geneem nadat ʼn motor tydens die Olimpiese Spele in Pyeongchang, Suid-Korea gesteel is.
Veeartse verstom ná leeuwyfie maanhare ontwikkel
Veeartse by die Oklahoma City-dieretuin in die VSA is verstom oor Bridget, ʼn 18-jarige leeuwyfie, wat ewe skielik maanhare begin ontwikkel het.
Baba word regstreeks op radio gebore
Luisteraars kon baba Jameson se eerste geluidjies geniet.
Oumas en oupas kan langer leef as hulle kinders oppas
Begin solank ʼn aandjie uit beplan – want daar is dalk ʼn paar oupas en oumas wat in die ry sal staan om kinders op te pas – en jy het dit alles te danke aan die wetenskap!
Video: Man drink bottel tamatiesous vir wêreldrekord
Hy spog ook met die rekords vir meeste druiwe binne drie minute geëet en meeste lemoene geskil en geëet binne drie minute.
Juffrou se plan om skoolskietery te voorkom
Een juffrou het ʼn blink plan om te poog om tragedies soos ‘n massa-skoolskietery te voorkom.
Almal gaande oor koei wat ‘heldhaftig’ op pad na slaghuis ontsnap
ʼn Koei haal internasionale nuusopskrifte nadat sy dit naelskraaps vermy het om in ʼn slaghuis te beland deur uit ʼn vragmotor los te breek, deur ʼn meer te swem en eindelik stoksielalleen op ʼn eilandjie te gaan woon.
Die gesig agter die mummie
Die woorde op een van die skilderyborde het steeds die oorspronklike instruksies (in Grieks) aan ʼn kunstenaar: “Verf die oë sagter.”
Vrou klim toe saam met handsak in X-straalmasjien
ʼn Vrou van China was só bekommerd dat iemand haar handsak sou steel, dat sy toe agterna in die X-straalmasjien geklim het.
Video: Bou ʼn swembad van sand
ʼn Voormalige ingenieur van Nasa wys jou in dié video hoe om ʼn swembad te bou waar die sand soos water reageer.
Foto’s: Egpaar verloor troufoto’s; herskep groot dag in 12 lande
Die egpaar vertel hulle was aanvanklik “verpletterd” toe hulle al die foto’s van hul groot dag verloor het – iets wat hulle as ʼn “tragedie” bestempel. Toe herskep hulle dié foto’s in 12 ander lande, en sosialemediagebruikers is gaande daaroor!
Alles verkoop vir ʼn seiljag; dit sink op die tweede dag
ʼn Egpaar van Colorado in die VSA het alles wat hul besit verkoop om ʼn seiljag te koop, en gereed gemaak om die oseane te verken.
Meer as R8 000 vir skoolklere by dié laerskool
Ouers van dié laerskool is ontstoke oor die skooldrag van meer as 80 000 yen (ongeveer R8 800) wat deur Armani ontwerp is.
Wêreldrekord vir meeste tweelinge in een graad in dié hoërskool
Met 44 stelle tweelinge en een drieling het dié hoërskool ʼn Guinness-wêreldrekord verbeter.
‘Fatberg’ in Londen uitgestal
ʼn “Fatberg” met ʼn gewig van 130 ton en meer as 250 m in lengte is in September gevind.
Teerpad verdwyn oornag
Bekommerde inwoners het die polisie ontbied nadat ʼn stuk teerpad van 800 m lank en 3,5 m breed oornag verdwyn het.
$560 miljoen is hare – as sy haar naam bekend maak
Die wennommers is drie keer nagegaan en die loterykaartjie is onderteken – die vrou van New Hampshire het geweet haar lewe sal vir altyd verander, buiten een vreesaanjaende ding.