ʼn 61-jarige vrou wat in ʼn swembad vasgekeer is nadat die leer gebreek het, het by die Facebook-gemeenskap om hulp aangeklop.
Vreemd
[Video] Tips & Trix: Hoe om die natuur natuurlik te hanteer
Simoné is nie so mal oor die natuurlike elemente van die natuur nie en Francois kan nie insekte hanteer nie.
[Foto’s en video] 94-jarige se beste oplossing teen eensaamheid
Regter Keith Davison (94) was baie eensaam nadat hy sy vrou, Evy, in April 2016 aan die dood afgestaan het. Hy het egter ʼn blink plan beraam om die eensaamheid te verdryf.
Bruide wil nie dié liedjies hoor nie
Hier is die liedjies wat bruide nie op die beste dag van hul lewens wil hoor nie.
[Video] Verlore ring maak jare later onverwags sy verskyning
Mary Grams (84) het gedink haar ring is vir altyd weg toe sy dit in 2004 verloor het. Die ring het nou, 13 jaar later, onverwags weer sy verskyning gemaak.
[Video] Identiese tweelinge se moltrein-poets
Vier stelle tweelinge het pendelaars op ʼn moltrein in New York ʼn tydreisigerspoets gebak.
[Video] Só was jy jou hare in die ruimte
Dit is bloot menslik om te vergeet hoe sommige takies, soos byvoorbeeld om jou hare te was, deur meeste mense as alledaags beskou word. Dié taak is egter nie heeltemal so eenvoudig vir ruimtevaarders nie, aangesien die gebrek aan swaartekrag dit ietwat moeiliker maak.
[Video] Van Gogh se ‘Sonneblomme’ aanlyn herenig
Vyf weergawes van die werk is in vyf verskillende museums op drie kontinente te sien. Dit is nou vir die eerste keer herenig in ʼn “virtuele uitstalling”.
91-jarige vang graad
“Dis nooit te laat om te begin studeer nie,” verduidelik sy
[Foto’s en video’s] Katte sorg vir ‘prrr’-genot
Internasionale Katdag word sedert 2002 jaarliks op 8 Augustus gehou om katte in al hul glorie en met al hul streke te vier.
Soos wie lyk dié kalfie?
Die internet is behoorlik op hol oor ʼn pasgebore beeskalfie wat eienaardig baie na ʼn gewilde rock-sanger lyk.
[Foto’s] Vinkel en koljander…
Almal weet die vere maak nie die voël nie, maar klere bly ʼn goeie manier om jou persoonlikheid ten toon te stel – en boonop te wys dat jy en iemand anders bymekaar pas soos ʼn hamburger en ʼn melkskommel.
[Video] Tips & Trix: Bosbioskoop
In hierdie episode van Tips & Trix gee Simoné en Francois wenke oor hoe om ‘n kampterrein fliekaand (“bosbioskoop”) op te stel.
Gevangenes ontsnap… met grondboontjiebotter!
Twaalf gevangenes het uit ʼn tronk in Alabama, Amerika, ontsnap deur ʼn onervare tronkbewaarder met ʼn slim grondboontjiebotterplan te flous.
[Foto’s] Honde wat dink hulle is katte
As jou hond al ooit by die venster gesit en staar het in die verte, of op die heining geloop, in die boom geklim, of homself tuisgemaak het op die kat se krappaal, dan sal dié foto’s nie vir jou te vreemd wees nie.
Troue vinnig verby vir gewapende bruid
Dié wittebrood het nie lank gehou nie. Enkele ure nadat sy “ja” beaam het op die belofte om haar nuwe man deur dik en dun by te staan, het dié bruid ʼn vuurwapen onder haar trourok te voorskyn gebring en die sneller getrek.
Hakkies wil sy (nie) dra
Navorsers het versoek dat vroue nie meer gedwing word om hoëhakskoene werk toe te dra nie.
[Foto’s] Wêreld se langste hangbrug in Switserland
Die langste voetganger-hangbrug in die wêreld het pas in Zermatt Matterhorn, in die Switserse Alpe, oopgemaak.
‘Rugbyspelende’ skaap het Kiwi’s aan ‘t gons
Soos dit maar so dikwels met keurders gaan, het dit vier jaar geduur voor hy raakgesien is, maar ʼn “rugbyspelende” skaap het Nieu-Seeland nou aan die gons.
[Video] Vreemdste optiese illusies
Om bietjie uit die boks te dink is ʼn baie goeie hupstoot vir jou kreatiwiteit, en optiese illusies is ʼn goeie begin!