[WEN] Herleef weer ‘Fiela se kind’

(Foto: verskaf)

Ons almal ken vir Fiela Komoetie: die formidabele karakter in ʼn geliefde voorgeskrewe boek. ’n Mens kry nou nog ʼn glimlag as jy dink aan die wyshede wat sy kwytgeraak het.

Dis nóú jou kans om weer Fiela se kind te beleef. Emperors Palace bied die verhoogproduksie aan en vier lesers staan die kans om ʼn kaartjie na die opvoering te wen. Met Shaleen Surtie-Richards wat weer haar rol as Fiela Komoetie inneem, is dit ʼn kans wat jy nie deur jou vingers wil laat glip nie.

Fiela se kind is op die planke by Emperors Palace van 20 Junie tot 2 Julie 2017 op Dinsdae, Saterdae en Sondae. Kaartjies kos vanaf R120 per persoon en kan by Computicket gekoop word.

WEN:

OPSIE 1: Drie lesers staan elk die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na die opening van die produksie op Dinsdagaand 20 Junie 2017.

OPSIE 2: Daar is ook ʼn kaartjie vir ʼn gesin van vier vir Saterdag 24 Junie 2017.

Stuur jou naam, van, kontaknommer, die opsie van jou keuse, fisieke adres en jou antwoord op die volgende vraag na [email protected]: Op watter dae kan jy Fiela se kind gaan kyk? Die kompetisie sluit Sondagaand 18 Junie om 20:00. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Bepalings en voorwaardes geld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Blommie ·

Hallo Maroela!
Klein foutjie – 24 Julie is ‘n Maandag, bedoel jul dalk 24 Junie? :)

Sune van Heerden ·

Dagsê Blommie

Dit is inderdaad ‘n drukfout, dit moet 24 Junie wees.
Dankie dat jy ons daarop gewys het! Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.