Appél kan Hlophe duur te staan kom

John Hlophe, regter-president van die Wes-Kaap, sal na verwagting vandag aandui of hy die konstitusionale hof gaan nader nadat die appélhof bevind het die Regterlike Dienskommissie (RDK) ongrondwetlik opgetree het deur nie sy ondersoek teen Hlophe voort te sit nie.

Hlophe word daarvan beskuldig dat hy regter van die konstitusionele hof probeer beïnvloed het. Die minister van justisie, Jeff Radebe, het gister aangekondig dat die regering sal voortgaan om Hlophe se regskostes van nagenoeg 10 miljoen rand te betaal mits hy beloof om dit terug te betaal indien sy appèl by die konstitusionele hof nie slaag nie. Hlophe het glo ʼn uitspraak probeer beinvloed rakende die korrupsie-aanklagte
teen president Jacob Zuma voor die verkiesing in 2009.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.