Boervrou moet aanvallers huis toe vat

Emma du Plessis (64) is Woensdagoggend op haar plaas in die Leydsdorp-distrik buite Tzaneen in Limpopo aangerand waarna haar aanvallers haar gedwing het om hulle by hul woongebied te gaan aflaai.

Beeld berig dat Du Plessis byna ʼn uur lank aangerand is voor sy die aanvallers by die Rita-gebied, sowat 50km van haar plaas, moes gaan aflaai aangesien nie een van hulle kon bestuur nie. Du Plessis se seun, Braam, sê van sy ma se ribbes is gebreek en sy is met ʼn mes onder haar regteroog gesteek. Du Plessis het omstreeks 1:00 Woensdagoggend iets gehoor en is in die sitkamer deur twee mans oorrompel nadat sy gaan ondersoek instel het. Die mans het haar gewurg, geskop, geslaan en sowat ʼn uur lank gemartel. Du Plessis se bejaarde ma, Elsa Prinsloo (86), was ook in die huis maar het nie wakker geword tydens die aanval nie. Du Plessis se aanvallers het ʼn selfoon, rewolwer, digitale kamera en R1 000 gevat waarna hulle haar gedwing het om hulle te gaan aflaai. Du Plessis het by die buurman gaan hulp soek nadat sy teruggekeer het. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.