Bowie, die polisiehond, snuffel dagga uit

Die polisie in Uitenhage het beslag gelê op dagga ter waarde van sowat R700 000 danksy Bowie, ‘n polisiehond.

Lt.ko. Priscilla Naidu het gesê twee mans is Vrydagaand met die dagga in hul besit in hegtenis geneem. “Terwyl beamptes Vrydagaand omstreeks 21:40 die Addo-hoofpad dopgehou het, het ‘n verdagte bakkie met donker ruite verby hulle gery. Die beamptes was agterdogtig en het die voertuig afgetrek. Bowie het vinnig die dagga geruik en uitgewys,” het Naidu gesê.

Die beamptes vermoed die dagga kom oorspronklik van Umtata en die twee verdagtes was daarmee onderweg na Port Elizabeth.

Die twee mans sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Addo verskyn waar hulle ‘n klag van daggahandel in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.