“Bring lyfstraf terug” sê ANC-hoë

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sê Suid-Afrika het homself in die voet geskiet deur lyfstraf uit skole te verban.

Mantashe het aan die Sowetan gesê die verbod op lyfstraf moet hersien word, want dit is nie doeltreffend nie. Hy beskou dit as een van die drastiese besluite wat gemaak is om ʼn drastiese probleem aan te spreek, maar dat dié besluit probleme veroorsaak het.

“Ek gaan nie van vreemde kulture leer hoe om my kinders groot te maak nie. As ons toelaat dat ons kinders ongebalanseerd grootword, dan het ons ʼn probleem,” het hy gesê.

Hy het beklemtoon dat ouers die reg het om beheer oor kinders uit te oefen.

Mantashe is die pa van drie volwasse kinders en ʼn 17-jarige. Hy het gesê hy het nog nooit hulle met ʼn vuis of plathand bygekom nie. Hy dink ook dit is verkeerd om ʼn gordel, stok of sambok te gebruik om kinders te dissiplineer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anne ·

Ek stem heelhartig saam. Dissipline en lyfstraf gaan hand aan hand. My ma het ons gefoeter as ons stout of ongehoorsaam was en ek het dit weer met my kinders gedoen.. en ek hoef my nog nooit vir my broers en suster of kinders geskaam het nie (ook nie vir myself nie!) Mens hoef nie ‘n kind halfpad dood te slaan om hom/haar te laat verstaan waaroor dit gaan nie. Dien lyfstraf toe en as jy klaar is, verduidelik vir die kind hoekom hy/sy lyfstraf gekry het, veral as die kind nog klein is.

Linda ·

Net dit Slaan die kinders as hulle nie ore het nie. Elke ouer moet sy kinders dissiplineer, opvoeding gee, leer van asseblief en dankie en kinders moet respek he vir grootmense. Vandag sin het gin respek nie. So ouers bring julle kant. Leer die kinders julle ken die gesegde van Monkey see, Monkey do ………………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.