[Foto’s] Droogtehulp: Groot hartseer ná brand

Die vragmotors is vernietig. Foto: Twitter via ER24

Die vragmotors is vernietig. Foto: Twitter via ER24

Twee vragmotors van die Boere in Nood-groep wat op pad was om voerbale na Bloemfontein te vervoer, het Woensdag uitgebrand op die R30 tussen Theunissen en Brandfort.

Volgens Nico Gerber, een van die direkteure van die Boere in Nood-groep, word daar in dié stadium slegs bespiegel oor wat presies die brand veroorsaak het. “Die polisie vermoed dis ʼn sigaretstompie van ʼn verbygaande motor. Ander sê dis die uitlaatpyp wat ʼn vonk veroorsaak het. Volgens die ER24-verklaring het weerlig die bale getref. Ons kan egter nog nie definitief sê nie.”

Daar word vermoed dat kole en brandende gras van die een vragmotor na die tweede een oorgewaai het, wat veroorsaak het dat die bale van die tweede vragmotor ook aan die brand geslaan het. Gerber het gesê die betrokke mense, onder wie lede van die Facebook-gemeenskap, is in rou gedompel, veral omdat hulle bystand aan boere wou lewer. Niemand is egter in die voorval beseer nie. “Boere in Nood het self die bale gekoop. Die vragmotors is geskenk deur die Van Staden-steenmaatskappy om die bale na Bloemfontein te vervoer. Ons weet nie eintlik wat om hiervan te dink nie.”

Drie ander vragmotors het egter steeds gister 120 bale voer in Bloemfontein gaan aflaai, ten spyte van die voorval. “Ons wil steeds die boere help, dit gaan net so sleg met hulle,” het Gerber gesê.

Die een vragmotor het heeltemal uitgebrand, terwyl die perd van die ander een gered kon word.

Intussen het duisende boodskappe van die groep, wat reeds bystand gelewer het met duisende liters water en voer in droogtegeteisterde gebiede, ingestroom. “Ons wil graag die bybetaling vir die versekering aan hulle skenk. Dit is die minste wat ons kan doen ná hulle net iets goeds wou doen en nou twee vragmotors minder het,” het Gerber gesê.

Raak só betrokke:

Rekeninghouer: Boere in Nood
FNB Rekeningnommer: 62522986043
Taknommer: 250655
Verwysing: “Brandtrok”
Besoek die Boere in Nood Facebook-groep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Mr P ·

Kan iemand nie hie ook help nie. In nou al geruime tyd werkloos en is besig om als te verloor. Ons moet maar probeer deurdruk.

Louis ·

1 Stompie ….. 1 Vonk ….. 1 Weerligstraal ……………. 2 Trokke ?????????
Ek verstaan nie mooi nie !!

Sune van Heerden ·

Dagsê Louis

Ons vra om verskoning as die inligting in die berig aanvanklik onduidelik was waarom die tweede vragmotor ook aan die brand geslaan het. Ons het die berig gewysig, en glo dit is nou duidelik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dorette ·

Die trok wat by die wiele begin brand het se brieke het vas geslae. Dis way ek se. Die 1 het ni di ander 1 laat brand nie. Di ou kan mos sien as da iets begin brand voor hom dan stop. Ek dink hul brieke het warm geraak en vas geslaan. Ons ry mos op die remme

Sune van Heerden ·

Dagsê Des

Ons vra om verskoning as die inligting in die berig aanvanklik onduidelik was waarom die tweede vragmotor ook aan die brand geslaan het. Ons het die berig gewysig, en glo dit is nou duidelik.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Eric Barnard ·

Eh het die voorste Vragmotor bestuur en sal jou net verseker dat alle slim praatjies en bespiegelinge wat enige persoon wat nie daar was kwytraak niks beteken. Jy was nie daar so gaan liewer op jou knieè en vra dat die Here jou wysheid sal gee om op die regte tyd die regte dinge kwyt te raak. Ons by van Stadens vervoer doen 3 Saterdae n Maand inspeksie en herstelwerk op al die voertuie. ( ons ) bestaande uit 2 werktuigkundiges onder die voertuig in die pit, 2 bo-op en 2 rondom plus die bestuurder van die voertuig op die pit. Ons voertuie is in n uitstekende toestand. Niemand weet wat die brand begin het nie maar ons het ons 5 brandblussers leeg gespuit en nog ander wat mense ons gegee het plus n boer se waterkar leeg gespuit en niks het gehelp want die wind was eenvoudig net te sterk. Ek wil persoonlik baie Dankie sè aan almal wat gestop en probeer help het. Ek persoonlik hoop en bid dat ek nooit in my lewe weer so iets sal beleef nie. Hiermee is ek klaar gepraat.

Annamarie ·

Dankie dat jy hierop reageer Eric Barnard. Die mense bespiegel en wys lekker vinger maar besef gladnie dat ‘n stompie uit ‘n kar venster soveel skade kan aanrig nie. ROKERS is die mees onsensitiewe mense wat jy kry………sommige van hulle het geen maniere as dit by HUL VERSLAWING kom nie. Baie sterkte vir julle en ek weet die Here sal Sy Hand in hierdie saak steek. Ek is bly julle reageer op die mensdom se twak wat hulle so maklik kwytraak . X

Rose ·

Het jy al op a plaas gewoon. Ek het gesien hoe brand binne sekondes oor a dubbel pad spring veral as daar wind is. En onhou sulke groot trokke maak baie wind van hul eie. So dit is vir my maak dit sin. Ek voel baie jammer vir daai boere dit is baie hartseer om te sien hoe gaan als op in vlamme.

Yumna ·

Ja nee Rose, vra hom dit. Ek glo nie hy het al gesien hoe droee bale gras of n mielie land kan afbrand nie al is daar brand voorsiening gemaak. Pleks die mense fokus op wat gedoen kan word om te help of net iets positiefs se, maar pleks daarvan wil hulle net on gepaste kretiek lewer

Annamarie ·

Vertel hulle Rose…….. die mense lê deesdae so maklik ‘n eier en dink nie mooi oor wat hulle sê nie.

Yumna ·

Vreeslik hartseer dat dit moes gebeur, baie dankie aan Boere in Nood en almal wat betrokke is om ons boere te help…………………almal staan so mooi saam altyd lekker om iets positief te lees in die nuus. Ek wil nou net graag vra, kan die versekring maatskapy ook nie maar die by betaling afskryf nie aan gesien die trokke vir n baie goeie doel gebruik word en dit ons land se mense help om kos op die tafel te hou? Dit sal tog vir n goeie doel wees en dit sal beteken dat daar meer fondse is om ons boere te heip…………reg of verkeerd?

Jakes ·

Dit is regtig hartseer. Maar ek stem `n brand ontstaan so vinnig en veral op droe gras is die wind wat veroorsaak word tydens die ry soos petrol op `n vuur. Maar onthou die duiwel sal alles probeer om mense neerslagtig te maak. Dis moeilik om positief te bly maar die feit dat soveel mense inspring en help en saamstaan is `n teken van God se hand. Sterkte vir almal en moenie ophou bid nie.

Annette ·

Ja ek kry die transporters baie jammer, maar nie BIN nie hulle het baie mense te nagekom

Asjas ·

Interessante opermerking. Gee jy om om bietjie meer uit te brei?

ekke ·

Nou waarom sal jy so sê?… Verduidelikbdie hele storie, dat ons wat skenkings gemaak het mos nou beter verstaan..!

Germarie ·

En wat laat jou so iets se….. hulle doen baie goeie werk. Dalk moet jy jou aanmerking verduidelik…..

Jessie ·

Ek wonder ook oor die stelling.Hou hulle blad van die begin af dop.Dis nogals snaaks dat volvo 3 splinter nuwe trokke aan hulle vry stel om te gebruik hoe en waar hulle wil.( net nadat daar gepraat is van ‘n eie trok koop by volvo).Hoe gaan hulle (volvo) nou daardie 3 trokke verkoop?Dis dan nou tweedehandse trokke.Hulle is vinnig om ander groepe wat wil help sleg te sê.Liewe hemel hoe meer mense help hoe beter!Dit gaan mos nie hier oor mens se egos nie of oor ‘n voorblad omdat jy een meer trok in ‘n vloot kan stuur as ander lande nie.Die diere vrek nou!Nou moet die diere wag totdat daar genoeg ingesamel is vir ‘n vloot trokke om gelyk te ry om vir almal te wys ons kan dit beter doen lmga.Gin wonder die kunstenaars wil nie by BIN betrokke raak nie.

moeks ·

Ten minste doen hierdie mense iets om hul medemens te help. Die eerste foto’s op facebook van al daai trokke wat so saam gery het met die vlag wat wapper was hoendervleis oomblikke. Mense het gestaan en huil van dankbaarheid. Julle is awesome. Vertrou dat daar ‘n uitkoms sal wees vir die familie.

alida ·

Mnr P, as jy nie ‘n boer is nie spring uit en gaan werk vir geld soos ander normale mense. Daardie skenkings is vir mense wat getref is deur ‘n natuur verskynsel naamlik droogte en mens en dier vergaan sonder water. Daar word nie geld geskenk aan mense wat kan werk nie.

Corrie ·

Alida, jy het duidelik nie enige familielid wat werkloos is nie. Ons land se huidige werkloosheidsyfer is so hoog dat jou kans om dadelik ‘n ander werk te kry is soos ‘n dobbelspel. Nes die mense wat swaarkry met die droogte op hul plase die kans staan om alles te verloor is daar duisende werklose mensies wat daagliks deur dieselfde kommer en spanning gaan en moet toesien hoe hulle alles verloor waarvoor hulle jare lank hard gewerk het. So ek vra jou dink volgende keer voordat jy negatiewe aanmerkings maak oor ‘n werklose mens se roep om hulp.

chantell ·

Dis waar ja werk is skaars en as mense vir hulp vra word hulle met klippe gegooi of vertel gaan werk ek dink mnr P sal werk as hy kan kry, baie mense wat klippe gooi sit nie in daai mense se skoenne nie. Staan n dag in sy skoen dan praat die mense weer.corrie dis alles waar wat jy se ja. Ek weet hoe dit voel om alles te verloor mens is magteloos om sonder kos te gaan werk slaap en niemand kan help nie dan vra jy soos mnr p en word afgejak. Die mens. Kan maklik praat maar sit nie in daai mense se plek nie.

Rentia ·

sjoe ma julle raak lelik ne.gedink iemand sou dankbaar sees omdat dsar been lewens verloor is nie .nee heng wees dankbaar DAT mense nog n helpende hand uitsteek om te wil help nie een was daar om te se wat die brande veroorsaak nie miskien kan net die drywrrs dit verklaar end ja n vlam wat deur die wind aangedryf word kan vinnig en ver spring om als te vernietig. ek stel voor ga op julle knie en dank die Hemelse Vader dat mense nie hul lewens verloor het nie en se dankie dat mense n helpende hand uitsteek na ons boere .as jy so kommetaar lewer oor n bespiegeling ne .Wat het jy bygedra om die boere te help. Dankie my Vader DAT u grenade so Groot is

joe ·

Ai. Nes ons boerevolk maar nou eenmaal is. Die een se so en daai een se anders. Plaas lewer julle klomp wat net n lot snert wil praat met mekaar eerder net kommentaar oor wat die berig se. Die mense doen goed. As die trokke brand is dit hartseer. Wat maak dit tog saak waar en wie die trokke gegee het? En Annette almal wag nog dat jy verduidelik?

GERRIT ·

MENSE HIER GAAN DIT OOR SAAMSTAAN, Die feit dat daar so baie dwarstrekkers en lelike skrywes hier kop uitsteek is maar die tipiese mense wat daarvan hou om te raas en hul self te sis maar nie n hand sal uitreik om iets verder daaraan te doen nie. as jy nie iets wil doen of help nie, bly stil. jy maak jou self belaglik.

Leonie ·

Eric Barnard – Dis verskriklik wat gebeur het. Kan net dink waardeur julle moes gaan. Baie dankie vir julle awesome werk van julle firma wat julle nogsteeds gedoen het al het die vragte aan die brand geslaan. Julle het goeie harte! Sterkte daar!

P.G von Wielligh ·

Middag almal. Ek wil net noem dat Van Staden transport se voertuie in puik kondisie gehou word en dit nie nodig was vir hulle om die gras balle te vervoer nie. Hierdie was en is n hartseer geval. Sterkte vir die boere in nood

Cecilia Tjaden ·

Ek woon hier in die Wes Kaap(Kaapstad) en ons het van Maandag 1 Feb tot vandag 5 Feb meer as R1.7 miljoen Rand ingesamel om boere op rooilys te help! Deur Radio Tygerberg die Christen radio stasie se projek SOS100 wat deur een vrou begin is en kyk waar trek ons al in 5 dae! Dis samewerking en liefde in Christenskap! Vandag kon hul al die 12 e trok laai met lusern en voerpille! Ons het net liefde lofprysinge en niemand praat so soos wat ek hier opMaroela sien nie! Ai mense – dis NOOD tye hiedie staan saam in geloof dis n liefde saak! Ons het ook deur ds.Sevenstein n hondekos projek geloots en ons het by Radio Tygerberg se kantoor in Parow honde, kat en hoenderkos gaan aflaai wat more na plaasboere geneem gaan word. Ons staan so saam ons werk soos n masjien en in die grootste liefde deernis en respek vir mekaar. Kyk Radio Tygerberg op facebook. Radio Tygerberg gaan ook van die gelde direk inbetaal by koperasiesomkosgouer by boere te kry om diere te red. Kon mense dink aan die plase die boere en die diere! Dit gaan nie oor ons nie dit gaan oor hulle! Asb HELP en los baklei oor pettie goed, God sien alles raak en ons voel hier in die Kaap die Here gaan hierdie droogte gebruik! Dankie aan elkeen wat gee en help mag dit van krag tot krag gaan en die druppel n tsunamie word! Tot eer van ons Vader.

Dina ·

Genugtig!! Ek kan nie glo dat mense so krities, ongevoelig en gemeen kan wees met aanmerkings teenoor ons mede Suid-Afrikaners wat uitreik en hulp verleen in die nood toestande! Dit is hoekom die woord ‘ongeluk’ in die woordeboek en in ons taal is. Eric, ons Vader het jul beskerm, ek se baie jammer vir wat jul moes deurmaak, en so dankie vir jul opregte hulp. Hy sal jou versterk om deur hierdie trauma van n ongeluk te kom. En aan almal wat so krities is as boerenasie soos ons, nie eers kan saamstaan en simpatie het met die helpers, hoe die hek gaan ons nog regkom in SA??! Doen jou self n guns en gaan stem tog net…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.